BELHAR 'N KOMMUNISTIESE POLITIEKE DOKUMENT

Die Afrikaner

• Veroordeel die God-gewilde verskeidenheid van volke.
• Plaas die Afrikaner in die beskuldigdebank oor sy verlede.
• Verklaar apartheid tot kettery, ‘n ideologie en ‘n dwaalleer.
• Verwerp alle vorme van rasseskeiding.
• Is net nog ‘n stap om die Afrikaner op geestelike gebied van sy verlede te vervreem.
• Roep mense op om te getuig teen Afrikanernasionalisme.
• Maak die SAKP-revolusie deel van die NG Kerk se agenda.
• Maak die NG Kerk 'n politieke gevegsterrein van die SAKP/ANC.
• Bevorder die revolusie van die SAKP/ANC.
• Is ‘n klagstaat teen die Afrikaner.
• Is ‘n haatskrif teen die Afrikaner.

Dit is nie nodig om die geheel van Belhar aan te haal nie, want die angel lê in die einde daarvan. Bybelskorrekte stellings word in die begin aangehaal, maar stap vir stap word gevorder tot suiwer humanistiese en uiteindelik politieke uitsprake.

Belhar is in 1986 amptelik deur die Sinode van die NG Sendingkerk van Suider Afrika aanvaar. Relevante bepalings daarvan is die volgende:

“Dat die eenheid van die Kerk van Jesus Christus ‘n gawe en opdrag is ...”

“Dat hierdie eenheid sigbaar moet word sodat die wereld kan glo dat geskeidenheid, vyandskap en haat tussen mense en mensegroepe sonde is ...”

“Dat ‘n weiering om hierdie sigbare eenheid as ‘n kosbare gawe na te jaag, sonde is”.

“Dat hierdie boodskap ongeloofwaardig gemaak word en dat die heilsame uitwerking in die weg daarvan staan indien dit verkondig word in ‘n land wat op Christelikheid aanspraak maak, maar waarin die gedwonge skeiding van mense op rassegrondslag onderlinge vervreemding, haat en vyandskap bevorder en bestendig”.

“Dat enige leer wat sodanige gedwonge skeiding vanuit die Evangelie wil legitimeer en dit nie wil waag op die pad van gehoorsaamheid en versoening nie, maar uit vooroordeel, vrees, selfsug en ongeloof die versoenende krag van die Evangelie byvoorbaat verloen, ‘n ideologie en dwaalleer is.”

“Daarom verwerp ons enige leer wat in die naam van die Evangelie of die wil van God die gedwonge skeiding van mense op grond van ras en kleur in so ‘n situasie sanksioneer en daardeur die bediening en belewing van die versoening in Christus byvoorbaat belemmer en van krag beroof.”

In die kommunistiese Freedom Charter word, ten aansien van ‘n nie-rassige demokratiese samelewing, die volgende gesê: 

“That only a democratic state, based on the will of the people, can secure to all their birthright without distinction of color, race, sex or belief.”

“The rights of the people shall be the same, regardless of race, colour or sex.”

“All bodies of minority rule, advisory boards, councils, and authorities shall be replaced by democratic organs of selfgovernment.”

“All national groups shall be protected by law against insults to their race and national pride.”

“The preaching and practise of national, race or color discrimination and contempt shall be a punishable crime.”

“All apartheid laws and practices shall be set aside.”

Revolusie word deur die Kerk bevorder

Beide Belhar en die Freedom Charter is revolusionere kommunisties geïnspireerde dokumente. Die kerk word, deur die misleiding oor die aard, oorsprong en motief van Belhar gebruik as ’n “terrein van die stryd”. Deur erkenning te wil verleen aan Belhar as ‘n volwaardige belydenisskrif, bevorder die NG Kerk die revolusie van die SAKP/ANC en word hy ‘n bondgenoot en verlengstuk van die SAKP/ANC in die tweede fase van die revolusie. 

In 1987 in The African Communist skryf die voormalige redakteur van Pro Veritate van die Christelike Instituut, Cedric Mayson, ‘n artikel onder die opskrif:

Die Kameraadskap van Marx en Jesus. Hy skryf “Christene en Kommuniste behoort kamerade in ons stryd te wees”. 

Die Kerk moet as bondgenoot en vennoot saam met die Kommunis ‘n oorlog voer teen apartheid en die Afrikaners wat die beleid van apartheid verkondig,

toegepas en ondersteun het. Mayson verklaar verder: “Die Kerk is nie ‘n leer nie, maar ‘n slagveld. Dit is een van die plekke waar die stryd woed ...”

Die uitsprake van Mayson het sy oorsprong by Lenin wat in die vorige eeu al verklaar het:

“Ek infiltreer kerke en neutraliseer hulle. Dit is ‘n vrugbare front omdat godsdienstige mense die liggelowigste van almal is”.

In Oktober 1987 skryf Cedric Mayson in die kommunistiese blad van die ANC, Sechaba:

“Ons taak is om die Kerke se agenda te lei met die belofte van ‘n verenigde nie-rassige demokratiese Suid-Afrikaanse nasie op die grondslag van die Freedom Charter.”

Ooreenkoms met die Freedom Charter

Volgens die ANC [Phakamani vol. ii, no 1 van 1988] is die Freedom Charter volkome in ooreenstemming met die Christelike geloof en die taak van die kerk. Phakamani rig ‘n versoek met die oproep dat die Christelike revolusionêres en lede van die ANC alle Christene moet aanspoor om die stryd op die basis van die Freedom Charter te vergroot. Oliver Tambo het in Mei 1987 tydens die Wereldraad van Kerke verklaar dat die ANC sal aanhou om aan  die Kerk te klop en te vra vir die volle betrokkenheid van die Kerk in alle aspekte van die stryd.

Deur Belhar het die ANC vir homself ‘n gaping en ‘n front geskep en slaag hy daarin om die direkte en indirekte steun van kerklike bewegings in Suid-Afrika te verkry.

Tans is ons in die tweede fase van die sosialistiese revolusie. Tydens hierdie fase kom die SAKP op die voorgrond met die vestiging van ‘n werkerstaat (“volksdemokrasie”) op weg na die uiteindelike doelwit, naamlik ‘n klaslose kommunistiese samelewing.

Belhar het duidelike ooreenkomste met die Freedom Charter ten aansien van die vestiging van ‘n raslose, kleurlose en klaslose samelewing. Die ooreenkomste tussen Belhar en die Freedom Charter is verbysterend.

Wat egter meer ontstellend is, is dat die NG Kerk deur die aanvaarding van Belhar die Afrikanervolk in die beskuldigdebank plaas, net daar waar die vyande ons wil he. Die NG Kerk verklaar die Afrikaner deur middel van Belhar tot misdadigers. Belhar is dus niks anders nie as ‘n klagskrif wat meewerk tot die Afrikaner se ondergang.

Alle Afrikanernasionaliste is in terme van Belhar skuldig bevind aan die “sonde” van apartheid.

Maar: Rasse-afsondering is geen sonde nie. Elke volk het die reg om sy ras-identiteit te bepaal en te beskerm.

Belhar is ‘n suiwer kommunisties geïnspireerde politieke dokument. Dit is ook in pas met vorige aanslae teen die Afrikaner vanuit die NG Kerk, waaronder die volgende:

• Die NG Kerk het by monde van prof. Johan Heyns die Afrikanervolk geadviseer dat soos NG-predikante “apartheid” van die kansels gepropageer het, so sal hulle nou die verwerping van Afrikanernasionalisme en die integrasie van rasse propageer.

• Die NG Kerk het in elke groot krisis van die Afrikaner gewoonlik kant gekies teen die nasionalistiese Afrikaner wat ‘n stryd gevoer het vir selfbeskikking en ‘n eie vaderland. Voorbeelde hiervan is:

* Die Herderlijke Brief van die Sinode van die NG Kerk in 1837 wat die Groot Trek en die Afrikaner se strewe na vryheid buite die Engelse empire, veroordeel het.

* In die Anglo-Boere-oorlog het die NG Kerk sy Scout-kerk van joiners en hensoppers opgerig.

* Die 1990-Sinode van die NG Kerk veroordeel apartheid as sonde. Ras en rasverskille kan nie afgemaak word as ‘n saak van moraliteit en sedepreek en teologiese bespiegelings nie.

Die natuurlike drang tot afsondering en uitsluiting is ingebou in die Skeppingsorde en om daaraan uiting te gee, is om respek teenoor die Skepper te bewys.

By die aanvaarding van die klagskrif van Belhar aanvaar, skaar die NG Kerk hom by die vyande van die Afrikanerdom. Deur die aanvaarding van hierdie verklaring word hy ‘n bondgenoot van die Kommunis en die Kommunis se strewe om die Afrikaner in hierdie land te vernietig en uit te wis – en daarmee saam die Christelike godsdiens.

Laat ons, wanneer ons die Kommunis beveg, altyd onthou dat die Kommunis die oorsaak was dat:

• 20 miljoen mense in die Sowjet Unie vermoor is deur die kommunistiese bewind van Lenin en Stalin.

• 6 tot 7 miljoen mense deur georganiseerde hongersnood in die Oekraine om die lewe gebring is (insluitende 3 miljoen kinders omdat boere hulle verset het teen die onteiening van hulle plase).

• 65 miljoen mense deur die Kommuniste in Sjina vermoor is.