REËNBOOGLAND (7)

Dr JP Botha

Lees reeks by REËNBOOGLAND

BRUIN

Karools Plaatjie en die Kleurlinge

Ek wil vir jou ‘n paar besonderhede oor die herkoms en lewe van ons Kleurlinge in Suid-Afrika meedeel en sal dit nie teen jou hou as jy by die lees hiervan so af en toe ‘n jammerhartige sug slaak nie en mompel: “Ag, die arme Kleurlinge van Suid-Afrika; hulle het nie gevra om daar te wees nie en nou word hulle so stiefmoederlik behandel....”

Ons herkoms dateer uit die jare van die tweede Britse besetting van die Kaap. Die Engelse het in 1828 met hulle Ordonnansie 50 die Hottentotte gelyk gestel met die Blankes.  In daardie tyd het hulle ook die slawe vrygestel.  Met hulle gesagsoorname van die Kaap in 1806 het hulle daar ‘n bevolking aangetref van 26 000 Blankes, 30 000 slawe en 20 000 Hottentotte.  In Kaapstad self was 6 000 Blankes, 9 000 slawe en 450 Hottentotte.

Piet Retief en ander leiers van die Groot Trek het gekla dat na die vrystelling van die slawe en die gelykstelling van die Hottentotte met die Blankes, hulle in gemengde groepe deur die bewoonde distrikte van die Kaap stroop- en plundertogte uitgevoer het wat die Blankes erg ontstig het.  Hulle was half genoodsaak om dit te doen, want hulle was werkloos en moes aan die lewe bly.

Hierdie slawe en die Hottentotte was ons Kleurlinge se voorvaders, ook aangevul deur die bydrae van matrose van besoekende skepe wat die Kaap aangedoen het.  So het ons Kaapse Kleurlinge ontstaan.  Ons wou ons graag met die Blankes vereenselwig, want vir ons voortbestaan was ons hoofsaaklik van hulle afhanklik. Die Engelse Kaapse regering was ons meesal goedgesind, veral die filantropiese sendelinge van Bethelsdorp.

Twee van ons Kleurlinggroepe wat in die noordelike distrikte van die Kaap ontstaan het, is die Griekwas en die Korannas. Hulle is ook afstammelinge van slawe en Hottentotte, maar ook van basters.  Hulle het van ons vervreemd geraak deurdat hulle al verder noordwaarts beweeg het en as ‘t ware heeltemal verwilder het. Hulle stamvader was Adam Kok.  Hy was ‘n baster en eertyds ‘n slaaf. Hy en sy volgelinge het uiteindelik in die omgewing van Griekwaland-Wes tot stilstand gekom en hulle daar gevestig.

Hierdie vervreemde familie van ons Kaapse Kleurlinge het later vir die Vrystaatse Boere en vir die Kaapse regering probleme besorg, veral met die ontdekking van diamante in 1867 in Vrystaatse gebied, toe benewens die Engelse en die Boere, die Griekwa-afstammelinge van Adam Kok, soos Niklaas Waterboer, Andries Waterboer en Kerneels Kok, almal op die diamantgebied aanspraak gemaak het.

Ons Kleurlinge in die Kaap het ons al hoe meer met die Blankes vereenselwig, alhoewel baie van hulle afsydig teen ons gestaan het. Ons het ‘n groep mense geword wat al hoe meer op ons eie woonbuurte en instellings aangewese geraak het. Wat vir die vorming en handhawing van ons eie identiteit van groot betekenis was, was die feit dat ons in die Kaap stemreg besit het en in hierdie opsig gelyke behandeling met die Blankes geniet het.

Toe die vier kolonies in 1910 saamgesluit het in die Unie van Suid-Afrika, is hierdie voorreg wat ons Kleurlinge in die Kaap gehad het, vir ons verskans deur artikel 35 van die Unie-grondwet.  Maar daar is toe ook bepaal dat slegs Blankes lede van die parlement kon wees.

Dit was duidelik dat ons Kleurlingstem toe darem nog in die Kaap verdra is, maar nooit in die ander drie provinsies toegelaat sou word nie.  Toe generaal Smuts in 1939 Suid-Afrika in die Tweede Wêreldoorlog ingesleep het, het hy ‘n Kleurlingkorps op die been gebring.  Dit het hom groot misnoeë van die destydse opposisie op die hals gehaal. Ons Kleurlinge het daardie selfde jaar in Kaapstad met geweld betoog, want ons wou algemene stemreg hê. Soos wat daar by die Blankes ‘n anti-Kleurling-gevoel ontstaan het, het daar by ons mettertyd ‘n anti-Blanke gevoel ontwikkel.

Na 1948 is die moontlikheid dat ons Kleurlinge se politieke regte na die ander provinsies uitgebrei kon word, finaal die nek ingeslaan toe die Nasionale Party aan bewind gekom het, met die beleid van totale apartheid, sosiaal, residensieel, industrieel en polities, tussen Kleurlinge en Blankes en tussen Kleurlinge en ander nie-Blanke rasse.  Hulle het artikel 35 van die grondwet wat aan ons stemreg in die Kaap gegee het, herroep en ons name van die kieserslys verwyder.  Ons is toe in die Senaat verteenwoordig deur ‘n blanke lid wat deur die regering benoem is. In die Volksraad is ons verteenwoordig deur drie Blankes wat ons darem self gekies het.  Ons het ook drie Blankes gekies om ons in die Kaapse Provinsiale Raad te verteenwoordig.  Die Kleurlingraad wat deur Smuts in die lewe geroep is, is in 1950 herroep, maar ons het ‘n Kleurling Verteenwoordigende Raad gekry om in ons eie gebiede ons eie sake te reël. Later het dit ‘n selfstandige departement van Kleurlingsake geword, waar die Blankes alleen oor ons wel en wee besluit het.

Ons Kleurlinge het uiteindelik ‘n posisie beklee wat halfpad tussen Blank en nie-Blank beskou kon word.  Die klem het naderhand verskuif na die druk wat die buitewêreld op die Suid-Afrikaanse regering vir gelykstelling van alle rasse volgehou het.  Daarvoor het hulle veral die griewe van die Swart massas gebruik.  Hulle het dit na ‘n hoogtepunt gevoer toe hulle dr Verwoerd vermoor het.  Daarna het hulle gesorg dat sy opvolgers die apartheid-strukture stukkie vir stukkie afbreek.  Een van hulle, president  PW Botha, wou ons Kleurlinge tevrede stel deur vir die land ‘n Driekamer-parlement in die lewe te roep, bestaande uit drie huise, een elk vir die Blankes, die Indiërs en ons Kleurlinge.  Daarna was daar meer chaos as positiewe rigting in landsake.

Na die ANC-SAKP-oorname van die regering in 1994, het elke Jan Rap en sy maat in die straat en elke kreatuur wat uit die noorde na Suid-Afrika aangeswerm gekom om die reg om te stem ontvang, ongeag of hy as kieser geregistreer is of nie.  Dis moeilik om te besluit of ons Kleurlinge in hierdie nuwe bedeling daar beter aan toe is as wat in die apartheidsjare die geval was.  Om ‘n sê in die regering te hê, moet jy swart wees en hul  kommunistiese strewe onderskryf en die oorlog wat hulle teen die Blankes voer, goedkeur en daaraan meedoen.  Ons begin verlang na ‘n Blanke regering wat tog darem iets  vir ons Kleurlinge oorgehad het en ons bestaan erken en in ag geneem het.

As hierdie Swartes dink dat hulle met ons kan integreer en verbaster om ‘n “reënboognasie” te word, kan hulle gerus nou maar uit hulle eeue-oue Afrika-slaap  ontwaak en ontdek dat die demoniese magte wat hulle aandryf en met hierdie idee breinspoel, nie hulle heil met die totstandkoming daarvan soek nie, maar die ondergang van ál die inwoners van Suid-Afrika.

Ek, Karools Plaatjie, is as ‘n volbloed Kleurling gebore, nie ‘n baster nie, en ek wil dit graag bly.

Grys... vervolg