AARDBEWINGS – GODDELIKE INGRYPING

Augustus 2010

AARDSKUDDINGS – TEKEN VAN ONS TYD

Jeanette Koekemoer

Lees meer daaroor by Aardbewings - teken van ons tyd

Die daaglikse sterftesyfer in Moskou het nou verdubbel tot nagenoeg 700 per dag, direk as gevolg van die bloedigste hittegolf ooit. Veldbrande breek oral uit en Moskouers verstik die afgelope dae in die rookwolke wat ook reeds die naburige Finland bereik het. Mense vlug uit die stad namate die rook alle geboue sowel as die moltreinstelsel binnesypel. Die hoof van die weerdiens beweer dit is so erg dat dit met letterlik niks anders in die duisendjarige geskiedenis van die Russiese staat vergelyk nie. Van die 1 500 plekke in die stad se lykhuise is 1 300 reeds gevul.

In Pakistan het vloede, die ergste in sowat 80 jaar, meer mense as die vorige drie megarampe wat die planeet getref het, geraak. Sowat 13 miljoen mense, 8% van die land se inwoners, is regstreeks deur die vloed geraak, van wie 2 miljoen dakloos en 1 600 dood is. Die vloedwater het van die noorde tot in die suide van die land meer as 1 000 kilometer ver verwoesting gesaai. Soldate en noodwerkers het Maandag gesukkel om sowat ’n miljoen gestrande mense te bereik as gevolg van grondverskuiwings wat veroorsaak is deur die vloedwater, wat uiteindelik besig was om te sak. As gevolg van die swak weersomstandighede kan helikopters nie opstyg om noodsaaklike voorraad soos kos en medisyne na gemeenskappe te neem wat dit dringend nodig het nie. In die Swatvallei, noordwes van Islamabad, stap soldate en noodwerkers of gebruik muile om mense te bereik wat desperaat is vir hulp. Op die foto gryp desperate vloedslagoffers na die systange van ’n weermaghelikopter wat kosvoorraad in die Muzaffargarh-distrik van Pakistan se Pandjab-provinsie aflaai.

In China is daar reeds 2100 mense dood of word vermis weens die grootste oorstromings wat China in ’n dekade getref het. Meer as 12 miljoen mense moes na veiligheid geneem word en sowat 1,4 miljoen huise is verwoes. In die Gansu-provinsie, in die noordweste van die land, het noodwerkers die hele naweek gesoek na oorlewendes nadat modderstortings drie dorpe verwoes het. Sondagoggend vroeg, 24 uur nadat die grondverskuiwings en modderstortings begin het, was die modder in die Zhouqu-omgewing, wat die hardste getref is, op plekke sowat 2 m diep. Meer as 4 500 noodwerkers, wat soldate, polisiemanne en brandweermanne insluit, soek dag en nag na vermiste mense. Hulle gebruik selfs hul kaal hande om die modder weg te grou. “Ons hoor soms tekens van lewe. Selfone wat lui of ’n geroep om help,” het ’n soldaat gesê.

Suid-Afrika het die afgelope tyd waarskuwings ontvang oor die moontlikheid van ‘n ingrypende aardeskudding. Dr Chris Hartnady, navorsings- en tegniese direkteur by die aard-wetenskaplike organisasie Umvoto Africa het onder andere beweer: “Dit is nie ‘n kwessie van of dit gaan gebeur nie, maar ‘n kwessie van wanneer.” In Afrika begin die skeidinglyne van die Nubia- en Somalia-plate wat vanaf die Andrew Bain fraktuursone in die Indiese Oseaan loop, by Port Shepstone, deur Natal en Lesotho tot in Mosambiek, en al die pad deur noord-oos Afrika. Volgens Hartnady is die gekompliseerde samestelling van plate in Afrika tans aktief besig om te skuif met reeds heelwat veranderinge in die noorde van Malawië. Die gemete spanningsvlakke in die aardkors in die land oorskry glo tans dié van die aardbewings in Suid-Afrika in 1810, 1890, en 1969. Met ‘n verwagte 6.5 meting op die Richterskaal wat slegs .5 minder is as wat Haïti onlangs getref het kan dit groot dele van die land in puin lê.

Verskeie profete se uitsprake het ooreengekom oor die smeltkroes waarin die wêreld hom sal bevind, ook dat Suid-Afrika laaste daarin sal gaan maar eerste weer daaruit sal kom. Is daar enige rede vir ons om te dink dat Suid-Afrika  nié deur so ‘n verskrikking sal gaan nie? Uit ‘n wetenskaplike oogpunt bestaan daar ‘n sterk moontlikheid vir so ‘n ramp. Op geestelike gebied is so ‘n Goddelike ingryping dalk die enigste uitweg om van hierdie pragtige land weer die land te maak wat God ingedagte gehad het toe Hy die Christelike beskawing deur ‘n klein handjievol Blankes aan die suidpunt van Afrika geplant het.

“En leer van die vyeboom hierdie gelykenis: Wanneer sy tak al sag word en sy blare uitbot, weet julle dat die somer naby is. So weet julle ook, wanneer julle ál hierdie dinge sien, dat dit naby is, voor die deur... Maar van dié dag en dié uur weet niemand nie, ook die engele van die hemele nie, maar net my Vader alleen.” Matt 24.