Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die simboliek van die brandoffer en spysoffer in die Ou Testament soos deur God self voorgeskryf gedoen moes word, het volledige betekenis aan skuldbelydenis gegee: Die kop van die dier wat geoffer is het die setel van die mens se denke verteenwoordig; die gewaste binnegoed die mens se diepste innerlike; die dier se pote die mens se hande en voete wat aan God gewy moet word; ook mag daar geen suurdeeg in 'n spysoffer wees nie wat bedekte motiewe sou verteenwoordig; ook geen heuning nie want dit was verteenwoordigend van opgesmuktheid. Die soenoffer aan God moes dus in alle opsigte opreg, rein en volledig gebied word. Wat verstaan ons in hierdie moderne tye nog van soveel opregtheid?
AARDBEWINGS - OOK SA!
April 2010
AARDSKUDDINGS – TEKEN VAN ONS TYD
Jeanette Koekemoer
Lees meer daaroor by Aardbewings - teken van ons tyd
Op 23 April 2010 het die Oos-Kaap Burger berig dat 'n ligte aardbewing van 2,8 op die Richterskaal die vorige aand die suidweste en westelike gedeelte van Johannesburg vir vier sekondes lank geskud het. Enkele personeellede van Beeld in die Mediapark-gebou in Auckland Park het die skudding duidelik gevoel. “Ek was nie bekommerd nie, want ek het onmiddellik gedink dis seker aan een of ander vorm van mynaktiwiteit te wyte,” het Erika de Beer, nagnuusredakteur, gesê.
Mev. Michelle Grobbelaar, bestuurder van die Raad vir Geowetenskappe se eenheid vir seismologie, het gesê sy glo die skudding was die gevolg van “’n skielike vrylating van energie in die aarde onder die goudmyne aan die Wes-Rand” aangesien sowat 80% van alle aardbewings wat deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Seismologiese Netwerk aangeteken word, in mynstreke voor kom. Maar van die wêreld se grootste aardbewings het nie noodwendig met myne te make gehad nie en Suid-Afrika kan homself nie op hierdie grond vryskeld van die moontlikheid van 'n enorme aardbewing selfs in gebiede waar myne ter sprake is nie.
Die teoloog, dr Willie Marais, skryf in sy outobiografie 'n Man van God gestuur, dat hy al jare lank die gevoel het dat Kaapstad en omgewing deur 'n erge aardskudding getref gaan word. Deur kommunikasie met God het hy tot die vaste oortuiging gekom dat daar 'n groot ramp in hierdie geweste wag, een wat talle huise onder die see gaan laat verdwyn. Hy beskryf dit as een van die grootste natuurrampe ooit wat Suid-Afrika sal tref, maar natuurlik het hy ook geen benul van wanneer so iets kan gebeur nie aangesien hy sy gewaarwordinge suiwer op geestelike ervaring skoei.
Daar is egter ander wat op 'n meer wetenskaplike wyse te werk gaan om sulke soort stellings te waag, soos onder andere ook mnr Beyers van Niekerk, 'n omgewingswetenskaplike in Suid-Afrika. Volgens hom is die Wes-Kaap juis die land se bekendste aardskuddingsgebied waarvan die grootste skudding, 6,3 op die Richterskaal, op 29 September 1969 by Ceres plaasgevind het. Ons moet in gedagte hou dat die Hirosjimabom maar 'n lesing van 6 op die Richterskaal gemeet het, dus was die aardbewing in Ceres nog kragtiger.
Oor die breuk wat deur die Kaapse vlakte verby Valsbaai in die see loop sê Van Niekerk, dat dit 'n seismiese vloedgolf kan aktiveer wat honderde kilometers per uur kan beweeg, 'n tsoenami in eie reg, wat 'n groot probleem vir uitgestrekte gebiede in die Kaapse vlakte kan veroorsaak. Ook die lughawe wat op 'n riskante blootgestelde area geleë is kan volgens Van Niekerk in die slag bly.
Dr Chris Hartnady, 'n internasionale kundige in geotegtonika beweer as 'n aardskudding een maal in 'n spesifieke gebied plaasgevind het, dit baie waarskynlik weer kan gebeur. Lees meer oor sy wetenskaplike uitlegte in gemelde artikels hierbo.
Interessant dat Koeberg destyds ontwerp is met die moontlikheid ingedagte dat daar 'n aardbewing van 7 mag plaasvind. Die breuk is dus toe reeds in aggeneem. Maar niemand kan presies voorsien wat sal gebeur as daar 'n aardskudding plaasvind en Koeberg die dag ontplof nie behalwe dat daar vir minstens in 'n radius van 50 km niks sal oorbly nie as gevolg van die radio-aktiewe waterdamp wat sal ontsnap. En dit is maar een van die gevolge van 'n groot aardbewing in daardie omgewing, wat niks met mynbedrywighede te make het nie.
Moet dus nie te seker wees dat Suid-Afrika nie sy beurt gaan kry vir 'n aardskuddende ramp nie. Die talle verskeie rampe die afgelope tyd dwarsdeur die wêreld kan nie aan een soort oorsaak gebind word nie, en daar is heeltemal niks wat ons vrywaar van so 'n ramp nie. Inteendeel, dit mag dalk net God se metode wees om weer orde te bring in 'n land en sy mense wat Hom so gruwelik tart en verag.