7 Februarie 2023

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Waarom gaan jy kerktoe?   Omdat jy dit as jou plig ag?  Omdat dit ’n goeie gewoonte is?  Ons lees dat Jesus die gewoonte gehad het om op die Sabbat na die sinagoge te gaan.  Gaan jy dalk om vriende by die kerk te sien en self gesien te word soos die Fariseërs?   Of gaan jy kerktoe omdat jy lief is vir jou kerkgenootskap?   Hoeveel gaan Sondae kerktoe omdat hulle Jesus liefhet en ’n behoefte het om Hom te aanbid?   Dis die enigste geldige rede vir kerkgang want daardeur sê jy: “Ek wil soos Jesus wees”.