Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Terminale siekte laat ons opnuut besef dat ons tyd min geraak het. Tyd is nie ons reg nie; dis ‘n voorreg. Ons besit dit nooit. Dis aan ons geleen, ja, ‘n kosbare stukkie leengoed uit die hemel. Die sekerheid van ‘n ewige lewe laat ons egter berus dat ons veilig in God se hand is. Niks wat die moeite werd is, gebeur sonder opoffering nie.
OORLOG IN DIE MIDDE-OOSTE
Israel tart sy bure
Die spanning laai op in die Midde-Ooste en is besig om breekpunt te bereik. Die Joodse staatjie is besig om al sy bure die harnas in te jaag. Israel is soos ‘n keffende brakkie wat almal se hakskene byt terwyl hy op die Amerikaanse weermag staatmaak om hom teen die oormag te beskerm.
Joodse geld en invloed regeer natuurlik inderdaad die Amerikaanse Kongres – die Huis van Verteenwoordigers en Senaat, asook albei die partye wat daarin verteenwoordig is. Vir Israel is dit om’t ewe of die Amerikaanse president ‘n Republikein of Demokraat is. Hulle mag in die Amerikaanse politiek verseker dat Israel se belange altyd voorrang geniet, ongeag watter party aan bewind is.
Iran is militêr superieur
Netanyahu, Israeliese premier veg om sy politieke lewe. So lank as wat sy land in ‘n oorlog gewikkel is, is sy posisie veilig. Dit laat ‘n Amerikaanse oorlogskorrespondent opmerk: “Netanyahu is prepared to sacrifice his country on the altar of his own ego. Israel will be destroyed in a war with Hezbollah and Iran and he knows it.”
Ten spyte van wat in die liberale Westerse media berig is ná die vorige aanval van Iran op Israel in April vanjaar, was daardie militêre operasie haarfyn beplan en dodelik sekuur uitgevoer. Iran het met presisie aangetoon dat hy selfs die areas met die mees gevorderde lugafweerstelsels kon tref en selfs vernietig. Daardeur is sonder twyfel aangetoon dat Iran die superieure militêre mag in die Midde-Ooste is. Hulle beskik inderdaad oor die vermoë, kapasiteit en wapentuig om die staat Israel geheel en al plat te vee.
Kan Amerika Israel red?
Israel steun natuurlik geheel en al op die VSA se militêre vermoë om hom as kwesbare landjie, omring deur Arabiese vyande, te beskerm. Maar die Amerikaanse militêre vermoë is erg ingekort deur die uitgerekte oorlog in die Oekraïene. Net so ook dié van al die ander Westerse state wat peperduur wapentuig aan Zelensky voorsien om bloot kort na skenking deur die Russe vernietig te word. Daar heers kommer in Eurpese lande dat dié optrede deur hul regerings hul weermagte by onvermoë laat om hul eie lande teen ‘n inval te verdedig. Daarbenewens sal Amerikaanse toetrede noodwendig daartoe lei dat Iran deur Rusland en selfs China ondersteun sal word. Die streeksoorlog neem dan internasionale omvang aan.
Amerika beloof trou aan Israel
Die Amerikaanse Sekretaris van Verdediging, Lloyd Austin, het Woensdag reeds sy land se vasbeslote toewyding aan Israel se sekuriteit herbevestig, soos wat ook kort daarna in ‘n telefoongesprek deur Biden aan Netanyahu beloof is. Austin het dit kategories gestel dat die VSA sal optree om Israel te help verdedig in geval van weerwraak deur Iran. Dat die aanhoudende uittarting deur Israel egter nou breekpunt bereik het is ‘n voldonge feit. Veral nadat Israel ‘n sluipmoord uitgevoer het op die politieke leier van Hamas, Ismail Haniyeh. Haniyeh was ‘n sleutel-onderhandelaar in vredesamesprekings tussen Hamas en Irsrael. Dit blyk daaruit duidelik dat Israel nie belangstel in vrede vir die GAZA-strook nie. Daar kan verwag word dat ‘n aanval van Iran binne die volgende paar dae sal plaasvind. Iran het reeds sy oorlogsbondgenote opgeroep tot die stryd teen Israel. Daar kan dus ‘n volskaalse oorlog teen Israel vanuit verskeie oorde – selfs vanaf Egipte, verwag word.
Amerikaanse vegskepe ontplooi
Die New York Times berig Vrydag dat die VSA addisionele aanvalsvliegtuie en vegskepe na die Midde-Ooste ontplooi “in response to threats from Iran and its proxies in Gaza, Lebanon and Yemen to attack Israel in the coming days to avenge the death of Ismail Haniyeh, the Pentagon said.”Die vliegdekskip USS Theodore Roosevelt het reeds vroeër tesame met nog 4 000 soldate daarheen vertrek.
Intussen is ‘n wapenooreenkoms in Novemder 2023 tussen Iran en Rusland onderteken. Daarvolgens kry Iran toegang tot wapentuig waarmee oorlogskepe gekelder kan word.
Israel kan nie wen nie
Selfs met die ondersteuning van hul lewenslange lakeie Brittanje en die VSA, sal Israel nie ‘n volskaalse oorlog in die Midde-Ooste kan wen nie. Dit is immers deur die Israeliese weermag (IDF) self so bevind nadat militêre oefeninge as “strestoetse” deur hulle uitgevoer is ongeveer 2 jaar gelede. Die doel daarvan was om Israel se weerbaarheid in geval van ‘n gelyktydige aanval deur al Israel se vyande te bepaal. Die bevinding deur die IDF was dat Israel nie by vermoë daartoe is nie.
Geldmag verwelkom oorlog
Ten spyte van hierdie bevinding is dit baie duidelik dat sekere magte teen alle koste die uitbreek van grootskaalse oorlog probeer bevorder. Oorlog is altyd vernietigend vir die lande wat daaraan deelneem en natuurlik veral vir hul bevolkings. Maar dit moet onthou word dat daar ook altyd groot finansiële magte is wat agter die skerms sit en grootliks daarby baat vind. Hierdie geldmag was verantwoordelik vir die uitbraak van elke oorlog in die moderne era. Hulle voorsien wapens (teen groot winste) en lenings aan albei fronte en is die enigstes wat as oorwinnaars uit die stryd tree.
Kernbom?
Wanneer hierdie oorlog straks eersdaags uitbreek sal dit eindelik blyk dat Israel in ‘n voortbestaanskrisis gaan verkeer. In so ‘n desperate situasie sal Israel dan as laaste uitweg genoodsaak wees om sy kernkragvermoë in te span. Volgens Scott Ritter, voormalige Amerikaanse soldaat en wapenkenner het die Israeliese weermag die ontwikkeling van die neutronbom verfyn en sal hulle nie skroom om dit aan te wend nie. Die neutronbom is ‘n kernkragbom wat intense bestraling veroorsaak maar minimale strukturele skade aanrig. Dit maak dus mense dood sonder om geboue plat te vee soos wat tradisionele kernbomme doen. Die neutrone wat die bestraling veroorsaak is uiters kragtig en dodelik, maar verdwyn baie vinnig. Dit beteken dat die gebied binne ‘n week na die ontploffing bewoon kan word. Die gebruik daarvan op nabye bure is dus moontlik aangesien dit min gevaar vir die groter streek inhou.
Wat hou dit vir ons in?
Sodra hierdie drama hom in die Midde-Ooste afspeel kan verwag word dat ander lande dan die kanse sal aangryp om skuiwe te maak wat hulle onder normale omstandighede nie toegelaat sal word om te doen nie ... En dan gaan mens se gedagtes onwillekeurig na Siener van Rensburg se woorde dat wanneer “dinge oorkant die water gebeur”, die wêreld só besig sal wees met sy eie probleme dat hulle hul nie sal steur aan wat hier in Suid-Afrika gebeur nie...