Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Let op wat tans in Suid-Afrika aan die gang is - daar word nie meer op grond van die Skrif regeer nie, maar aan die hand van wetgewing wat aan die hand van die Handves van Menseregte getoets word. In praktyk kom dit daarop neer dat daar nie deur wette nie, maar deur sogenaamde regte regeer word! Die Hooggeregshof het byvoorbeeld die reg om alle bestaande wetgewing aan die hand van die Handves van Menseregte te toets en selfs nietig te verklaar indien dit die regte van ’n individu skaad. Kan so 'n land nog op God se hulp steun?
RYKES WORD RYKER
“All animals are equal” soos Animal Farm verklaar het, maar sommige is inderdaad “more equal than others”.
Sowat 1% van die wêreld se bevolking besit tans amper 50% van die wêreld. Dit is volgens ‘n verslag van Oxfam International. Dit is ‘n tendens wat al lank aan die gang is en alles dui daarop, ten spyte van lippediens tot die teendeel, dat dit sal voortduur.
Volgens Oxfam International is hierdie globale ongelykheid “morally obscene” en bedreig dit die ekonomieë van die wêreld en is die oorlewing van die mensdom op die spel. Dit is ‘n ramp waarop afgestuur word. “Do we really want to live in a world where the one percent own more than the rest of us combined?”, het Winnie Byanyima, uitvoerende direkteur van Oxfam International gevra.
Volgens die verslag besit 80% van die wêreld se bevolking slegs 5,5% van die wêreld se rykdom wat beteken dat sou die tendens voortduur, 99% van die wêreld se bevolking binne slegs twee jaar van nou af maar 1% van die wêreld sal besit.
Die verslag wys ook daarop dat die superrykes uit hulle pad gaan met “lobbying efforts designed to defend the assets they have and expand their ability to make even more”. Hierdie rykes “have generated and sustained their vast riches through their interests and activities in a few important economic sectors, including finance and insurance and pharmaceuticals and healthcare." Maatskappye in hierdie sfere bestee miljoene dollars elke jaar “on lobbying to create a policy environment that protects and enhances their interests further”. Duidelik het hierdie superrykes nie ‘n saak met die res van die bevolking nie.
Ten spyte van beloftes tot die teendeel en die reklame wat aan sogenaamde pogings gegee word om armoede te verlig, is die bewyse tot die teendeel eenvoudig skokkend. Byanyima stel dit soos volg:
Our report is just the latest evidence that inequality has reached shocking extremes, and continues to grow... Extreme inequality isn’t just a moral wrong. It undermines economic growth and it threatens the private sector’s bottom line.
‘n Sewe-punt plan word voorgestel om die saak te beredder:
- Clamp down on tax dodging by corporations and rich individuals.
- Invest in universal, free public services such as health and education.
- Share the tax burden fairly, shifting taxation from labour and consumption towards capital and wealth.
- Introduce minimum wages and move towards a living wage for all workers.
- Introduce equal pay legislation and promote economic policies to give women a fair deal.
- Ensure adequate safety-nets for the poorest, including a minimum income guarantee.
- Agree a global goal to tackle inequality.
Byanyima is van voorneme om die ”powerful elites” die stryd aan te sê.
Alhoewel van hierdie stappe, indien dit ooit geïmplimenteer gaan word, weliswaar ‘n verbetering tot gevolg kan hê, is dit net verbasend dat die werklike rede vir die armoede in die wêreld glad nie deur die verslag aangespreek is nie. Dit is die sentrale en ander banke wat in privaatbesit is en wat geld druk soos hulle wil, rente daarop hef en die geldvoorraad van ‘n land manipuleer met gevolglike inflasie wat vir die wêreld se toenemende ongelykheid verantwoordelik is. Dit laat mens wonder of daar enigsins erns is met die saak, veral gesien die feit dat Oxfam International dit baie goed weet, maar duidelik nie die onderwerp wil aanraak nie!