Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
...Die ongeregtigheid van die huis van Israel en van Juda is buitengewoon groot, en die land is vol bloedskuld, en die stad is vol regsverbreking; want hulle sê Die HERE het die land verlaat, en die HERE sien nie. Daarom ook, wat My aangaan, my oog sal nie verskoon nie, en Ek sal nie spaar nie; Ek sal hulle wandel op hulle hoof laat neerkom – Esègiël 9.
KAN ENTSTOF SKADE VEROORSAAK? (11)
Dr Gustav Norval
Moet ons ent of moet ons nie?
Meeste ouers aanvaar inenting as deel van hul verpligtings om kinders te laat ent, met die hoop dat hul kinders bestand sal wees teen ‘n wye reeks van kindersiektes. Hulle wil die beste vir hul kinders doen en deel daarvan is om in te val wat die televisie, die dagblaaie en die gesondheidsowerhede propageer, naamlik dat inenting die regte ding is om te doen om kinders teen dodelike kindersiektes te beskerm. So nou en dan skemer dit tog deur dat inenting nie so onskadelik is as wat die media en die mediese bedryf dit voorgee om te wees nie. Baie ouers wil ook weet waarom hul kinders geënt moet word, terwyl die ouers en grootouers self nooit teen masels, kinkhoes, Duitse masels of pampoentjies en witseerkeel geënt was nie. Hoekom benodig vandag se kinders dan ‘n entstof teen dit en ‘n entstof teen dat? Ons ouer mense was tog almal aan dieselfde kindersiektes blootgestel en ons is almal lewendig daardeur sonder entstowwe.
Om antwoorde te kry, moet ons die volgende sake noukeurig ondersoek:
- Eerstens: indien inenting skade aan ‘n kind veroorsaak, wat is die kans dat ‘n kind daardeur beseer of beskadig kan word?
- tweedens: die mites rondom entstowwe
Om die presiese persentasie inentingsbeserings te bepaal is moelik, omrede daar nie noukeurige statistieke hieroor bestaan nie en omrede nie alle beserings as inentingskade as sulks gediagnoseer word nie. Allan Phillips van die Vaccine Awareness Group in Durham meen dat inenting 1 uit elke 1,750 kinders op een of ander manier benadeel (google: “Dispelling Vaccination Myths”). Volgens die Amerikaanse CDC is dit maar die punt van ‘n ysberg, omrede slegs 10% van alle entstofbeserings gerapporteer word. Die NVIC meen dat slegs 1 uit elke 40 (2,5%) gevalle op die lappe kom. Omrede die meeste entstofbeserings nie as sulks herken of gediagnoseer nie, is die werklike getal beserings ten minste 10 tot 40 keer meer as die paar wat wel opgeteken word. Dit beteken dat ten minste 1 uit elke 175 (op ‘n 10% basis) of 1 in 40 (op ‘n 2,5% basis) kinders in ‘n mindere of meerdere mate deur entstowwe beseer word. Volgens Phillips word jaarliks sowat 100,000 kinders in die VSA deur inenting beskadig, terwyl die VAERS jaarliks tussen 11,000 en 34,000 gevalle (volgens 1995 statistieke) van entstofbesering per jaar in die VSA opteken, waarvan 1% d.w.s. tussen 111 en 340 kinders sterf. Soos gemeld is dit maar die ore van die seekoei wat uitsteek. Om nog voorbeelde te noem:
- die VAERS beraam dat rofweg 1 per duisend kleuters een of ander blywende fisiese skade in die VSA na enting opdoen. Dit beteken dat ten minste 40,000 Amerikaanse kinders jaarliks deur entstowwe beseer word. As dit maar 10% is van alle gerapporteerde gevalle, dan kan die skade soveel as 1 per 100 haal (1%) d.w.s 400,000 kinders word jaarliks in Amerika beskadig.
- Soos gemeld het die FDA in 1992-93 oor ‘n 20 maande tydperk 17,000 gevalle van entstofbeserings in die VSA opgeskryf waarvan 350 kinders gesterf het, d.w.s ‘n 2% sterfte-ratio
Nou dat ons die statistieke gekyk het, kan ons vervolgens kyk na die mites rondom enstowwe. Die farmafia maak sekere bewerings oor hul produkte en ons moet hierdie bewerings ontleed en dan vergelyk met wat die realiteit vir ons wys.
- (1)mite nommer 1: inenting is 100% veilig sê die farmafia
- die realiteit is dat geen definitiewe risiko/voordeel-toetse ooit op entstowwe uitgevoer was om die langtermyn uitwerking van entstowwe te toets nie (Horowitz: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.). Soos gemeld kan op tot 1 uit elke 100 kinders beseer word. Minder kinders word egter deur kindersiektes afgemaai as deur die entstowwe waarvoor dit gegee word. Byvoorbeeld in 1993 is slegs 8 nie-geënte kinders dood aan kinkhoes in die VSA, in vergeleke met die 112 kinders wat aan kinkhoes gesterf het nadat hulle daarteen geënt was. Minder kinkhoesgevalle het ook in Europa en Engeland voorgekom toe die kinkhoesentstof tydelik van die mark onttrek was.
(2) mite 2 : inenting is effektief teen kinderskiektes sê die farmafia
- die realiteit is dat kinkhoes byvoorbeeld by 1,300 Kansas-kinders uitgebreek het en dit by kinders waarvan 90% daarteen geênt was. Masels het in 1989 soos veldbrand in die VSA versprei in skole waar 98% van kleuters daarteen geënt was. In dieselfde jaar het ‘n polio-epidemie in Oman uitgebreek, pas 6 maande nadat kinders polio-entstof ontvang het. In die 1970’s het 50% van Aborigenes-kinders gesterf aan masels en kinkhoes pas na ‘n DPT-inentingsveldtog. In in 1983 het 72% van Amerikaanse kinders wat teen kinkhoes geënt was, die siekte gekry en in 1990 het ‘n maselepidemie in die VSA uitgebreek waar 40% van die ongevalle geënt was. In 1991 het nog ‘n maselepidemie Minnesota getref, waarvan 82% van die kinders geënt was, en die volgende jaar was die maselepidemie terug by kinders waarvan 72% daarteen ingeënt was. In 1995 het ‘n kinkhoes-epidemie Europa en Rusland getref, pas nadat kleuters daarteen geënt was. Dit is maar net ‘n paar voorbeelde om aan te toon dat inenting duidelik van geen waarde teen kindersiektes is nie.
(3) mite 3: inenting het die voorkoms van kindersiektes laat afneem sê die farmafia
- die realiteit is dat die voorkoms van kindersiektes sedert 1940 vanself besig was om af te neem voordat entstowwe op die toneel verskyn het en dit is toeskryfbaar aan beter sanitasie en behuisingsomstandighede, beter voeding en lewensgehalte, skoon water en antibiotika (google: “What you should Know about Vaccines”). Polio het in 1950 verskyn en die siekte het reeds 82% afgeneem toe entstowwe in 1956 op die mark verskyn het. Sekere Europese lande het nie polio-enstof toegedien nie en hier het polio vanself doodgeloop. ‘n Deense studie het daarop gewys dat 98% van 9-jaaroud kinders en 99% van 17-jaaroud kinders wat nie geënt was nie, antiliggaame besit teen masels en pampoentjies, m.a.w. hulle was natuurlik bestand teen hierdie siektes sonder enige hulp van entstowwe (google: “The MMR-Autism Debate”).
(4) mite 4: inenting gee goeie weerstand teen kindersiektes, sê die farmafia
- die realiteit is dat dooie kieme in kleuters ingespuit word om antiliggame teen hierdie kieme te ontwikkel- met die gedagte dat die antiliggaame ook teen lewendige kieme sal optree as die kind daarmee in aanraking kom. Die probleem hier is dat waar dooie kieme direk in die bloedstroom ingespuit word, antiliggaame vorm wat slegs tydelike beskerming teen die kieme bied. Daarom moet kinders elke dan en wan met ‘boosters’ ingespuit word om die kunsmatige weerstand op te kikker. Hierdie tydelike antiligaame verdwyn as die kind volwassenheid bereik en dan is die volwassene nou van vooraf vatbaar vir kindersiektes. Volwassenes kry kindersiektes in ‘n baie erger graad as kinders. In die 1980’s het ‘n wêreldwye maselepidemie losgebars en talle volwassenes het masels opgedoen, almal mense wat in hul kinderjare teen masels ingeënt was. Ongeënte kinders wat kindersiektes opdoen, vorm natuurlike permanente antilliggaame wat vir die res van sy/haar lewe hou, en so iemand is dus lewenslank bestand teen kindersiektes.
(5) mite 5: kindersiektes is uiters gevaarlik en lewensbedreigend, sê die farmafia:
- die realiteit is dat kinders wat goeie voeding ontvang met genoegsame proteïene en vitamiene C, goeie weerstand teen kindersiektes ontwikkel. Dit is uiters belangrik dat kinders borsvoeding na geboorte moet ontvang – want dit is hier waar die baba sy antiliggame van die moeder kry om kindersiektes te beveg. Dit is wanneer kinders ondervoed is, soos gebeur het in Britse- en Duitse konsentrasiekampe, dat maselepidemies soos veldbrand versprei en baie slagoffers geëis het. Inentingsprogramme in arm lande waar wanvoeding heers is alles behalwe ‘n goeie idee, want dit maai hordes piekaniennies af. Hou daarby in gedagte dat maselvirusse ‘n ontvanger se immuunstelse afkraak, en as die kind ook nog VIGS het, is hy behoorlik in sy maai. So sneuwel nog ‘n klomp useless eaters.
(6) mite 6: polio-etstof is ‘n groot suksesstorie, sê die farmafia
- die realiteit is dat die polio-entstofsaga ‘n rillerstorie is: om polio-entstof te maak was polio-virusse op rhesusaap-niere gekweek – sonder dat die vervaardigers besef het dat SV-40 aapvirusse ook in die mengsel teenwoordig was! Daarna was die poliovirusse/aapvirusse/aapgene-mengsel met formalien behandel (om die polio-virusse minder aggressief te maak) en die konkoksie was toe in miljoene Oos-Europese en Russiese kinders ingespuit. Dit was eers 10 jaar later dat weteskaplikes agtergekom het dat die polio-entstof besmet was met aapvirusse, maar die skade was reeds gedaan en vandag beleef ons die gevolge van die onsinnige daad: SV-40 virusse veroorsaak kanker nadat 20 of meer jare verloop het. Dit is die rede waarom ‘n kankerepidemie Oos-Europa en Rusland teen die einde van die vorige eeu getref het.
Iemand het iewers geskryf dat ons in Suid–Afrika gelukkig was om polio-entstof in 1954 in druppelvorm te gekry het, want maagsappe vernietig blykbaar die dodelike aapvirus. Later het die entstofvervaardigers blou-aap-niere gebruik, omdat blou-ape nie die SV-40 kankervirus dra nie, maar ook hier het ‘n verassing die farmafia getref toe wetenskaplikes gevind het dat blou-ape ‘n ander virus dra wat hulle SIV genoem het. Sommige wetenskaplikes reken dat hierdie einste SIV-virus met die polio-virus in die weefselkulture gebind het om oorsprong aan die VIGS-virus te gee. Dit is pure spekulasie, maar feit bly staan dat navorsers tussen 10,000 en 100,000 vreemde aapvirusse per spuitstofampule in ou besendings vind, waarmee miljoene kinders tussen die 1950’s en 1980’s gespuit was! Nog ‘n skok is die feit dat mense wat met hierdie aapvirusse gespuit was, aansteeklik is vir ander en dat swanger moeders die aapvirus aan hulle babas kan oordra.
Feit is, dat daar ‘n toename polio-gevalle was nadat polio-entstowwe toegedien was, byvoorbeeld polio het met 50% tussen 1957-58 en met 80% tusssen 1958-9 in die VSA toegeneem, maar: “the statistics were manipulated by the Public health Service to give the opposite impression” (google: “Dispelling Vaccination Myths”). In lande waar polio nie voorgekom het nie, het die siekte sklielik verskyn toe kinders die enstof gekry het. Die CDC het ook bekend gemaak dat polio-gevalle tussen 1973-1983 met 87% in die VSA toegeneem het en Salk het voor ‘n Senaat Subkommitee getuig dat: “nearly all polio outbreaks since 1961 were caused by the oral polio vaccine”. Salk blameer dus Sabin se entstof vir die toename in polio. Dit klink nie of polio-entstowwe ‘n wafferse suksesverhaal is soos die farmafia voorgee nie. Inteendeel, dit is ‘n nagmerrie-storie.
Huidiglik word polio-entstof in 2 vorms toegedien naamlik:
- vir Westerse lande word dooie polio-virusse ingespuit
- vir arm lande in Afrika, Suid Amerika en die Ooste word verswakte poliovirus mondelings toegedien in die vorm van OPV-entstof
Soos reeds gemeld bevat OPV verswakte poliovirusse wat kan terugmuteer na die aggressiewe vorm wat polio veroorsaak. Kinders wat OPV ontvang, kan dus draers van die agressiewe poliovirus word en ander aansteek. Soos wat laas jaar in Namibia gebeur het. Die polio-gevalle wat ons vandag sien, word almal egter deur OPV-entstof veroorsaak. Dit is ook nie toevallig dat die WGO nou OPV aan arm lande se kinders toedien nie. Sekere magte en kragte in die VSA is hard besig om die aarde se useless eaters uit te dun en OPV het die potensiaal om slagoffers te eis. Die CDC (die invloedrykste mediese organisasie in die VSA) erken self dat OPV onder geen omstandighede aan kinders met wanvoeding, VIGS of swak immuunstelsels gegee moet word nie, maar daaraan steur die WGO se in-enters hulle nie. OPV word elke jaar in miljoene kleuters in arm lande se kele afgegooi, en dit in lande waar polio lank nie meer voorkom nie.
En dan is daar ook die sogenaamde “stealth virusse” wat in polio-entstowwe gevind was en wat verantwoordelik gehou word vir die sogenaamde ‘Yuppy-flu’-epidemie wat meëdoenloos besig is om al hoe meer slagoffers wêreldwyd te eis.
(7) mite 7: inenting veroorsaak eintlik geen langtermynskade nie, sê die farmaseute
- feit is dat ‘n lang lys van entstof-geïnduseerde toestande genoteer was waaronder immuunologiese- en neurologiese afwykings, hiperaktiwiteit, ADHD, disleksie, allergieë, asma, kanker (Horowitz in google: “God’s Medical Malpratice Case Against Vaccine makers” lys leukemia, klierkanker en sarkome), wiegiedood, epilepsie, slaapprobleme, wisselende grade van breinskade, kinder-diabetes, obesiteit, ens., alles veroorsaak deur die vreemde gene, dier-en mensvirusse en chemiese byvoegings in entstowwe (soos timerosal, aluminiumfosfaat, preserveermiddels). Twee aanhalings uit google: “Dispelling Vaccination Myths” wys op die gevare:
* “a German study found correlations between vaccinations and 22 neurological conditions including attention deficit and epilepsy”
* “Millions of children are partaking in an enormous, crude experiment: and no sincere, organized effort is being made by the medical community to track the negative side-effects or to determine the long-term consequences.”
(8) mite 8: inenting is die enigte metode om kindersiektes te bekamp, sê die farmafia
- die realiteit is dat kindersiektes aan die afneem was, nog voordat moderne entstowwe op die toneel verskyn het. Wat kinders nodig het is heilsame voeding om hul immuunstelsel te versterk, sodat dit effektief teen kieme kan optree sonder die sogenaamde hulp van entstowwe.
(9) mite 9: inenting is verpligtend
- die realiteit is dat inenting slegs verpligtend is in Engelstalige lande en in Suid-Afrika. In die VSA word die wet streng toegepas, soos dit ‘n goeie polisiestaat betaam en die howe verklaar dat dit “will not stand challenge to state vaccinations laws.” Dit staan natuurlik die regerings vry om drakoniese wette tydens noodtoestande in werking te stel, soos die rustende Health Emergency Powers Act van die VSA wat almal kan verplig om gekwarentyn en ingeënt te word. Maar geen ouers in Europese- en Oosterse lande word tans deur hul owerhede verplig om hul kinders te laat ent nie. Ouers van kleuters in die VSA moet in besit wees van sertifikate wat aantoon dat die kinders die lys van al 33 inentings gekry het, alvorens hulle in primêre skole opgeneem word (google: “Vaccinations may be Rx for Disaster”). Die wet het wel ‘n klousule wat ouers vrywaar om kinders te ent op grond van die volgende punte (wat egter nooit aan die publiek deurgegee word nie):
* ouers met geloofsbesware teen inenting (in 47 Amerikaanse state)
* mense wat persoonlike- of filosofiese besware teen inenting het (in 16 Amerikaanse state)
* waar ‘n geskiedenis van epilepsie en erge allergieë in die familie voorkom, d.w.s. waar inenting ‘n groter kans het om skade te doen
* kinders wie se boeties/sussies voorheen deur inenting beseer was
Dit blyk dat die Amerikaanse owerhede inenting as ‘n saak van erns beskou en daar is baie gevalle waar ouers geforseer word om hulle kinders te laat ent, soos die volgende geval ook dan aandui: by Utica was ouers gewaarsku dat hul kinders aan die Child Protective Services oorgegee sal word indien hulle nie die kinders dadelik laat ent met HepB-entstof nie (google: “If the USA is not a Fascist State, then how do You Explain this?”). Drakonies en fasisties beslis. Heil Hitler!
(10) mite 10: enstof mag ‘n paar kinders beskadig, maar dit red miljoene, sê die farmaseute
- die realiteit is dat die entstowwe baie meer kinders beseer as wat kindersiektes doodmaak en die volgende voorbeeld staaf die feit: Vervaardigers van hepatitis-entstof erken dat skade by 1 in 200 kinders kan voorkom na inenting. As 4 miljoen hepatitis-inentings jaarliks in die VSA toegedien word, beteken dit dat 20,000 kinders beskadig word met 2,000 sterftes- en dit in ‘n land waar slegs 250 hepatitis-sterftes voorgekom het voordat hierdie entstof verskyn het! En ’n naïewe publiek sluk die aas met hoek, sinker en lyn en al!
Ouers moet hulself afvra: is dit regverdigbaar om babas en kleuters bloot te stel aan al die risiko’s “ten goede” van die samelewing? Moet ons van ons kinders opoffer sodat die massa daarby kan baat, soos die farmafia beweer?