Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Om na die mooi kant van die lewe te kyk sal nooit oogspanning veroorsaak nie.
KAN ENTSTOF SKADE VEROORSAAK? (8)
Dr Gustav Norval
TB-entstof (BCG):
Die BCG-entstof teen tering (tuberkulose/TB), ‘n siekte wat soveel as een derde van die ganse mensdom besmet, het ook maar ‘n karige suksesrekord: dit beskerm slegs sommige babas en volwassenes teen tering, maar baie doen steeds die siekte op na hulle BCG ontvang het (NS:April 1994). Volgens die NS:Febr.2002 mag BCG baie lewens red, maar dit keer nie dat tering in sowat 80% van mense wat die entstof ontvang het, ontwikkel nie.
Griep-entstowwe:
Sommige virusse het baie subtipes (ook genoem serotipes) wat die vervaardiging van ‘n enkele entstof bemoeilik, byvoorbeeld daar is sowat 113 serotipes verkouevirusse en ontelbare variante van die MI-virus. Volgens die NS:Maart 1995 is verkoue-entstowwe ‘n klug: “every winter we are encouraged to get vaccinated against influenza. Yet flu jabs have a major failing- they do not prevent infection by the influenza virus. But they do not make the body secrete protective antibodies into the nose and airways, where the infection starts. So even if you are vaccinated, you may still experience the cold-like symptoms that most people associate with flu.” Die British Medical Jnl. Okt.28, 2006 erken ook dat griepenstowwe waardeloos is (google: “Flu shots are virtually worthless says new British Medical Journal Analysis”).
Die farmafia trek egter die voordeel uit hierdie twyfelagtige entstowwe en wanneer geënte persone griepvry was, dan is hulle gou om te beweer dat die entstof hulle wonderbaarlik teen griep beskerm het. Reye se sindroom word verbind met die toediening van griepentstof en die toestand kan lei tot fatale brein- en lewersiekte in kinders. Die CDC erken dat daar ‘n verband bestaan tussen Reye se sindroom en griep, maar hulle wil niks daarvan hoor dat die griepentstof direk verantwoordelik is vir Reye se sindroom nie (Miller). Hulle beweer dat mense aspirien gee vir griep wat dan die toestand veroorsaak.
‘n Belowende griepentstof was in Canberra, Australië in 1990 ontwerp (NS:Nov.1991). Dit vernietig verkouevirusse se neuraminidase ensiem (wat virusindringing vergemaklik) sonder enige nadele vir die mens, maar dit is nou meer as tien jaar later en ons hoor nie dat die entstof enigsins vrygestel word nie. Baie duisende mense sterf jaarliks wêreldwyd aan griep, byvoorbeeld: in 1989 het ‘n griepepidemie 25,000 mense alleen in Engeland gedood. Die beste verweer teen griep is ‘n goeie immuunstelsel en goeie voeding, eerder as entstowwe wat gelaai is met vreemde gene en wie weet alles veroorsaak. Gevalle is bekend waar mense Guillian Barre se verlammingsiekte ontwikkel het direk na toediening van griepentstowwe (sien google: “Influenza Vaccination and Guillian barre Syndrome”).
Waterpokke-entstof:
Net so bedenklik is die vervaardiging van die waterpokentstof, wat in 1995 deur die FDA goedgekeur was. Het ons kinders dit nodig, siende dat waterpokkies geensins ‘n lewensbedreigende siekte is nie? Die Withuisgespuis en hul vriende in die farmafia sien die siekte as nog ‘n geleentheid om munt te slaan uit ‘n entstof teen hierdie “serious disease.” Die Withuis het sowaar Merck Co. se waterpokkie-entstof goedgekeur om te “keer dat 3,7 miljoen Amerikanertjies elke jaar waterpokkies opdoen”. En Merck Co. beweer sy produk is 80 tot 90% doeltreffend om waterpokkies te keer (NS:Maart 1995). Die NS:Mei 2002 wys daarop dat kinders wat teen waterpokkies geënt word, meer vatbaar is vir gordelroos in hul latere lewe en om die rede stel entstofvervaardigers voor dat volwassenes ook teen waterpokkies geënt moet word. Nog meer dollers vir die farmafia en meer slagoffers.
Pokke-enstof:
Met die WGO se 1969-1971 “Small Pox Eradication” program het die organisasie sowat 37 miljoen pokentstof-dosisse toegedien en teen 1979 het die WGO beweer dat dit die oorlog teen die pokvirus gewen het. Daar het wel probleme by sowat 52 per miljoen toedienings voorgekom en 30 gevalle per miljoen het pokke ontwikkel met een sterfte per miljoen doserings (NS:Des. 2002). Sederdien het die mens weereens vatbaar vir pokke geword, aangesien die immuniteit wat die entstof verskaf het, slegs tydelik van aard was. Immuniteit teen pokke hou net 20 jaar en almal wat die entstof in die 1980s ontvang het, is nou weer almal vatbaar vir pokke (NS. Junie 2002).
President Bush het einde 2002 aangekondig dat die gesondheidsowerhede beplan om alle Amerikaners by die einde van 2003 teen pokke te ent as deel van die “War on Terror” veldtog, omrede hy dink dat terroriste daarop uit is om Amerikaners met pokbomme te bestook. “They hate our freedom” het Bush jr. sy luisteraars vertel. Fox News het die publiek goed geskok met foto’s van slagoffers oortrek met pokke en die beelde moes dien as aansporing om tou sou staan vir die nuwe pokentstof (Dryvax/ Acambis Co.). Gemaak van kwiketiel en koei-etter. Toetse in Baylor University het gewys dat 35% van mense wat die pokke-entof kry, hoë koors, blase op die vel en swelling in die area van toediening ontwikkel. Die die NS:Des.2002 waarsku dat vele siek daarvan sal word, dat sommige breininfeksie of erge ekseem sal ontwikkel, dat geënte mense ongeëntes vir 2- 3 weke daarna kan aansteek en dat sterftes ook sal voorkom.
Toe 205,000 Amerikaanse soldate hiermee geënt was, het dit ook gebeur: sommige soldate het breininfeksie opgedoen en een persoon het pokke opgedoen van haar geënte man wat as ‘n weermagdokter praktiseer. Die nuwe inspuitbare pokentstof is glad nie so effektief as wat die farmafia voorgee nie, aangesien talle geënte mense pokke ontwikkel, veral die met verswakte immuunstelsels. Ongeënte mense met verswakte weerstand kan ook baie maklik pokke opdoen van mense wat pas geënt was. Die Jnl. Am. Med. Assoc. (vol 281, no. 22) waarsku dat 250 sterftes per miljoen dosisse kan voorkom. Dit beteken dat byna 72,000 Amerikaners of 20,000 Suid -Afrikaners (uit ‘n bevolking van 40 miljoen) hiervan kan sterf. En help die entstof? Nie eintlik nie, want navorsing het aangetoon dat ‘n mens se immuniteit teen die pokvirus beter gestimuleer word as die entstof op slymvlies geplaas word, in plaas van om dit in die vel te ent (NS:April 1999).
Horowitz skryf dat hierdie pokentstof-saga (soos met al die ander entsof-foefies) met ‘n doel bedryf word, en dit is naamlik om nog meer dollers uit die publiek te wurg en verder: “to induce chronic illness, additional healthcare expenditures (including pharmaceutical sales) and, ultimately population reduction in America” (google: “Test Results: Small Pox Vaccine Hazardous to Health”). Horowitz noem die pokentstofbedryf ‘n “harmful, if not lethal hoax and genocidal scam” (google: “Smallpox Vaccination Risks Versus Natural Healing Power” en “Divine Revelations versus Smallpox Vaccination). Entstowwe, sê hy, veroorsaak kroniese siektes by baie mense, waarvoor hulle vir die res van hul lewe afhanklik word van kroniese medikasie (tot groot plesier van: “white collar terrorists, media moguls, from their shadowy Wall street and White House tombs).” Dit bring in herinnering hoe die Amerikaanse regering die Indiane in die 19e eeu geteiken het met pokbesmette komberse om hulle uit te wis. Toe dit nie geslaag het om Indiane vinnig genoeg op groot skaal uit te roei nie, was Buffalo Bill gestuur om al die bisonbuffels uit te skiet, sodat die Indiane nie voedsel sou hê nie. Die oorblywende Indiane was daarna in reservate geplaas, waar die sogenaamde “bootleggers” die origes met whiskey verslaaf sodat die Indiane hulself moes doodsuip.
Vervolg … (9)