NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons gewone vreugdes word maklik deur slegte omstandighede weggeneem. Daar is egter net een vreugde wat niemand van ons kan wegneem nie: die vreugde wat die HERE in ons bekragtig – hierdie vreugde is die weerklank van God se lewe binne jou wanneer jy die pad met Hom stap.

KAN ENTSTOF SKADE VEROORSAAK? (6)

Dr Gustav Norval

Malkoeisiekte-entstof:

Daar is sprake dat malkoeisiekte (Creutzfeld-Jacob siekte) wel deur inenting oordraagbaar is omrede sommige entstowwe op kalfserum gekweek word. Die “Vaccines and Biologicals, Annual Report, 2000” (VBAR 2000) erken dat so ‘n risiko bestaan: “there has been much discussion and regulatory action aimed at minimizing the risk of transmitting Creutzfeld Jacob disease through vaccines and other biologicals.”

Hepatitis-entstof:

Gegee: paar ure na geboorte, dan op 1-2 maande en die derde rondte op 6-12 maande oud.

‘n Enststof teen Hepatitis tipe A (genoem Havrix van GalaxoSmithKlein Co.) het in 2004 op die Amerikaanse mark verskyn en die media het natuurlik Havrix opgehemel: “that keeps you from getting sick” het hulle uitgebasuin. Rerig? Met entstowwe se rekord?   Hou in gedagte dat Hepatitis A in 90% van gevalle ‘n simptoomlose siekte is wat vanself sonder behandeling na een of twee maande opklaar, dat 10% gevalle ‘n uiters ligtegraadse simptome ervaar en dat slegs ‘n 0,03% sterftempo voorkom. En as die toestand oor is, is die persoon vir die res van sy lewe daarteen bestand. Het jy dan ‘n entstof nodig teen ‘n siekte wat so lig is? En dan nog vervaardig van HA-virusse wat op mensweefsel van alle dinge gekweek word!: “Each batch of vaccine is made from infected mass of cells which had 1,000 donors.” Nie van een nie maar van duisende donateure!!    

Hierdie konkoksie van virusse en mensgene word saam met aluminium (wat brein- en senuweeskade kan veroorsaak), formalien (kan kanker en senuweeskade veroorsaak) en antivriesmiddel (etileenglikol), sonder dat dit vooraf getoets was, in klein kleuters ingespuit vir ‘n siekte wat feitlik onskadelik is (google: “Hepatitis A- Inventing a Market for another Superfluous Vaccine.”). Die vervaardiger skryf op die biljet dat die enstof nie die siekte keer nie, maar uitstel of in sommige gevalle dit selfs veroorsaak. Dan moet die kind elke paar jaar met “boosters” (nog meer van die konkoksies) gespuit word om hepatitis A te keer. Nog meer dollers en nog meer vreemde gene, breinskade, outo-immuunsiektes en kanker vir die ontvanger. Kry liewer die siekte as wat jy hierdie duiwelsresep neem met duisende mense se gene daarin.    

In 1986 en 1994 was Alaska-Indiaankinders met hepatitis A-entstof (Merck & Co.) gespuit, waarna talle dood is aan wat later geblyk het Rous Sarkoomvirus(RSV)-kontaminasie van die entstof. As dit kontaminasie was. In 1992 en 1993 was klein Indiaantjies ook gepeper met meningitis-entstof en dit terwyl daar geen rede was om die Indiane te spuit nie. Maar die Indiane besit pragtige ongerepte waterryke majesteuse natuurgebiede waarna big business met begerige oë kyk en ‘n plan moet gemaak word om die lastige inboorlinge uit die pad te kry. ‘n Geval van ‘n Nabotswingerd.  

Dakota-Indiane in die VSA het die FDA en CDC in die hof gedaag oor die feit dat hulle die hepatitis A-entststof op hul kinders getoets het, sonder om die ouers vooraf in kennis te stel dat die kinders moontlik blootgestel word aan gesondheidsrisiko’s soos kanker, konvulsies, oogsiektes en selfs dood (Miller). Die owerhede reken waarskynlik dat Indiane goedkoop toetsmateriaal is.  

Meer as 2 biljoen mense wêreldwyd het op een of ander stadium die Hepatitis B-virus onderlede gehad. Hiervan word 5% chroniese virusdraers en hulle ly aan chroniese ligtegraadse lewerontsteking wat mag lei tot lewersirose of lewerkanker. Die hepatitis-B-virus maai sowat 1 miljoen mense jaarliks in arm lande af. Die hepatitis B-entstof bestaan uit gisselle wat met hepatitis-virusgene gelaai word, tesame met aluminiumhidroksied, 25 mikrogram timerosal (kwiketiel) en formalien. Soos gemeld lei viruskwekings soms tot die ontstaan van nuwe virustipes en volgens die NS:Jan.1989 het ‘n “nuwe” tipe hepatitisvirus onlangs sy verskyning gemaak: “a new type of hepatitis B against which current vaccines do not afford protection…     …routine immunization in an area where hepatitis B is common may have lead to the emergence of the new strain.”

The Lancet:no.228, 1991 wys daarop dat daar ‘n verband is tussen die voorkoms van demiëlinisasie (waar die omhulsels van senuwees beskadig word) en die toediening van die hepatitis entstof. Indien waar, mag dit die toename in die gevreesde siekte multipieële sklerose verklaar. Ander nadelige newe-effekte wat soms met die onnodige toediening van hepatitis B-entstof (Recombivax, Merck) in babas gesien word, behels neurologiese toestande soos ‘Bell’s palsy’ (die gesig verlam skielik), Guillian-Barre Sindroom (tydelike soms langdurige verlamming), lumbare retikulopatie, bragiale plexsus neuropatie (senuweeskade wat die arm aantas) en transverse mieëlitis (Am. Jnl. of Epidemiology:127, 1988). Alles vorms van brein en senuweeskade, en vir wat? Om te probeer keer dat ‘n paar mense van hepatitis-B sterf, (die meeste waarvan in elk geval dwelm-misbruikers en prostitute is), word sowat 80 miljoen babas op 12 uur oue leeftyd met die brousel gedoseer.

Net ter illustrasie, kom ons kyk ‘n bietjie of hepatitis B-entstof (wat President Clinton per wet op die Amerikaanse skoolkinders afgedwing het) rêrig waffers vaar soos daar gespog word: volgens die NVIC en VAERS het daar in 1996 presies 872 gevalle van erge skade (en 48 sterftes) na die toedien van HB-entstof in jong Amerikaanse kinders voorgekom.   In dieselfde tyd was daar 279 gevalle van hepatitis-B by ongeënte kinders wat gehospitaliseer moes word. Dit wys dat die entstof meer skade as die siekte doen, maar die Amerikaanse regering hom doof hou vir statistieke wat hul farmafia-vriende se bankrekening benadeel. Die farmafia erken self dat een derde van die HB-geënte kinders geen antiliggame teen die hepatitisvirus maak nie.

Maar wie kry hepatitis-B nou eintlik? Mediese teksboeke vertel ons dat 96% van hepatitis-B-infeksies by junkies, gays en prostitute voorkom en dat die orige 4% by mediese personeel voorkom wat in kontak was met draers se bloed of naaldprik-ongelukke ondervind het. Nou waarom moet 12-uur oue babas daarmee gespuit word? Wat is dit anders as ‘n klugspel om vinnig dollers te maak soos die wet dit in 35 Amerikaanse state vereis? Die Physician’s Desk Reference en die vervaardigers van HB-entstof se brosjure wys daarop dat “adverse reactions” teen die entstof by een uit elke 32 kinders kan voorkom. Dit beteken dat uit die sowat 80 miljoen babas wat die entstof jaarliks kry, ons 250,000 gevalle van fisiese skade te wagte kan wees. Frankryk het die HB-entstof in 1998 op ys gesit, nadat dit duidelik geword het dat baie kinders koors, faringitis, veelvuldige sklerose (MS) en outo-immuunsiektes soos rumatoïede artritis na inenting kry (google: “Hepatitis B Vaccine: More Dangerous than the Disease?”).

Volgens Horowitz ontwikkel soveel as 8% van die ingeënte kinders kroniese outo-immuunsiektes, asook breinskade met outisme en ADHD na hepatitis-B-inenting (sien: “Death in the Air”). In 1999 het die Association of American Physicians and Surgeons in ‘n verslag gemeld dat 440 sterftes, 7,726 noodbesoeke en 2,549 hospitalisasie gevalle in die jaar a.g.v. HB-inenting voorgekom het, waarvan 10% nie herstel het nie agv die skade wat Merck Pharmaceutical Co. se konkoksie veroorsaak het. Vergelyk dit met die 47 sterftes wat hepatitis-B virus in 1996 in die hele VSA veroorsaak het (voor inenting teen Hep-B) en dan sien ons dat die entstof gevaarliker is as die siekte wat dit veronderstel is om te voorkom. Hmmmm. Een groot gruwelike klugspel met miljoene babas se lewens op Mammon se dobbeltafel!  

Vervolg...(7)

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2749 gaste aanlyn