Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Eerbaarheid is ‘n vuur wat aangesteek is en maklik aan die gang gehou word. As dit egter eers geblus is, kry ‘n mens dit moeilik weer aan die gang. Dis soos fyn porselein wat maklik breek en nooit weer na wense heg nie.
KAN ENTSTOF SKADE VEROORSAAK? (1)
Dr Gustav Norval
Moet ons ons kinders laat inent met ‘n reeks inspuitings?
Dit is nie verpligtend vir skoolttoelating nie maar dit is van kardinale belang dat ouers ‘n ingeligte keuse moet kan maak en nie inenting toelaat net omdat die onderwyser of die Dept van Gesondheid of die apteker mense beïnvloed daartoe nie. Daarom het dr Gustav Norval, ‘n afgetrede patoloog, ‘n uitgebreide antwoord nẚ vele navorsing beskikbaar gestel in ‘n boek. Die artikels (wat nou in ‘n reeks hier op Gelofteland volg) , is uitgehaal uit sy boek “Massamoord”. Dit is veral belangrik vir voornemende ouers, voordat hulle hul kinders blootstel aan entstof-geïnduseerde toestande soos outisme, ADHD ea. met bitter ongewensde gevolge. ‘n Ander moontlikheid is dat mense wat belangstel dr Norval direk kan kontak by sy e-posadres Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. , dan kan hy die inligting direk aan u e-pos.
Farmafirmas wat entstowwe maak gee toe dat gevalle van entstofskade wel hier en daar voorkom, maar volgens hulle is entstowwe oor die algemeen voordelig en kan enstowwe die uitbreek van epidemies voorkom. Die paar kinders wat deur entstowwe beskadig word, is volgens hulle ‘n geringe prys om te betaal om die bevolking as geheel teen ‘n spesiefieke siekte of siektes te beskerm. Die houding word weërspieël in die volgende uitlatings m.b.t. maselentstof: “If there is a risk, it will affect far fewer children than those ravaged by measles without the vaccine” en die volgende: “FDA workshop officials indicated they were justified in administering new and unproven vaccines by claiming it is unethical to withhold them.” Verder: “Those who believe that there is no such thing as society, only individuals, won’t be convinced it was worth taking a tiny risk of harming their individual child just to prevent a future general epidemic” (New Scientist:Febr.2001, afgekort as NS in die artikel ).
Vertel dit aan ‘n ouer wie se kind aan entstof-geïnduseerde skade ly. Vertel die storie aan iemand wat verlam is en gekerker in ‘n rolstoel sit of wat deur juppie-griep verander is in ‘n fisiese wrak. Vervaardigers van entstowwe ontken dat hul entstowwe skade veroorsaak en hemel hul produkte natuurlik op omrede baie groot dollers op die spel is- ‘n multimiljoen-doller besigheid. Die Big business farmafia is danig begaan oor pikaniens in arm lande en val oormekaar om daar te gaan ent. So het die WGO in 1990 byvoorbeeld 130 miljoen derde-wêreldse kinders teen ‘n koste van 51,5 biljoen dollers geënt. UNICEF, die WHO, World Bank, die farmafia, regerings asook die Bill and Melinda Gates Foundation, het aangekondig dat: “they would be joining forces to make sure that every child starts life with the protection of immunization” (uit Miller: “Immunization: Theory versus Reality”). Miller is ‘n heftige anti-immunisasie aktivis en hy trek onomwonde daarteen te velde. Mooi voornemens van Bill Gates en sy vriende, maar doen hulle dit uit humanitêre oorwegings of is daar verskuilde motiewe agter die inentingsprogramme in arm lande, waar jaarliks etlike miljoene kinders ingespuit word. Om dit te kan antwoord gaan ons kyk watter voordele en watter nadele aan inenting toegeskryf word en wat die rekord van die enstofprogramme wys.
Die publiek word nêrens ingelig oor die gevare van entstowwe nie en mense kan dus nie ‘n ingeligte keuse maak of hulle hul kinders wil laat ent al dan nie. In die VSA word ouers (tot voordeel van die farmafia) wetlik verplig om hul kinders te laat ent, alvorens hulle skole kan besoek en Miller se beswaar hierteen is: “Why is the government forcing mandatory vaccinations on us? Shouldn’t we as intelligent informed citizens, be presented with the pros and cons of various vaccinations, and then be allowed to decide if we want our children and ourselves to be injected with these substances? In the US, more and more vaccines were developed, and mandated, to assure meaningful profits to everyone involved”. Miller beskou inenting as: “a systematic assault on our children.”
Die vraag wat hier ter sprake is en ondersoek word, is of entstowwe veilig en effektief is en hoe weeg die voordele en die nadele daarvan teen mekaar op. Entstowwe het ‘n donker sy, een wat verkieslik deur die media en deur farmafia firmas verswyg word. Teenstanders van entstowwe meen dat dit onnodig is om vreemde chemiese stowwe, vreemde gene en kieme in ‘n gesonde baba of klein kind in te spuit, aangesien die mens van ‘n natuurlike immuunstelsel voorsien is wat kinders teen kindersiektes beskerm. Entstowwe word in die bloedstroom ingespuit, ‘n proses wat die natuurlike immuunstelsel van die slymvliese omseil, aangesien kindersiekte-kieme gewoonlik ingeasem word en op die slymvliese beland waar immuniteit opgewek word. Vanaf die longe beweeg die antigene (ingeasemde kiemgene) na die limfkliere, waar natuurlik antiliggame geproduseer word. Deur ‘n entstof in te spuit, word die natuurlike verdedigingsproses omseil en behoorlike langtermyn immuniteit word nie opgewek nie. Die kunsmatige immuniteit is egter van korte duur, in teenstelling met natuurlik-opgewekte immuniteit wat lewenslank hou. As volwassenes dan later in hul lewe enige van die kindersiektes opdoen, is die siekte gewoonlik hewiger as wat dit in die kinderjare sou wees.
In 1950, voor die aanvang van die entstofera in die VSA, het die land die derde laagste kindersterfte in die wêreld gehad, maar teen 1986 het die syfer gedaal tot na die 17e plek, ten spyte van die feit dat inenting van alle kinders verpligtend is. Teenstanders van entstowwe voel ook dat kindersiektes drasties sal verminder indien meer moeders borsvoeding toepas. Borsvoeding sal minder sterftes aan kindersiektes lewer, baie minder as wat inentingsprgramme kan doen aangesien: “…breastfeeding would prevent more childhood diseases and deaths than vaccination programs endorsed by the government… breastfed babies are immunized, children who are injected with germs and other toxic substances are vaccinated” (Science News, Maart 1988). Dit word beweer dat die kwaliteit van lokaalvervaardigde entstowwe in arm lande nie op standaard is nie en dat dit dus ‘n groter risiko inhou as entstowwe wat gemaak word deur internasionale maatskappye (Garret).
Vervolg: KAN ENTSTOF SKADE VEROORSAAK? (2)