Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Moenie by jóu pyn en jóu lyding bly vashaak nie. Fokus liewer op God se plan. Dis hoe Jesus die pyn van die kruis verduur het.
PROGRESSIEWE LIBERALISME
Daar bestaan basies 2 politieke denkrigtings. Dit is die teenoorstaande gedagte-rigtings van konserwatisme teenoor liberalisme. Dit verteenwoordig twee onversoenbare pole aangesien die uitgangspunte van elkeen van hierdie twee ideologieë radikaal verskil.
Die konserwatisme is gegrond in die huldiging van tradisionele norme en waardes, dit handhaaf die beproefde weë wat deur die meule van die tyd as deugsaam en waar bewys is. Dit vind sy krag in samebinding, nasionalisme, volksverbondenheid en patriotisme. Die konserwatiewe denker stel altyd die groter belang van sy groep bo eie gewin. Hy heg hoë waarde aan die gesin, die geloof, die land, die volk.
Daarteenoor is die liberalistiese denkwyse gebaseer op die geloof in individuele vryhede en regte. Die woord “liberalisme” is ontleen aan die Latynse woord “liber” wat vryheid beteken. Daar is by die liberale denker ‘n ewige drang na die wegbreek van reëls en norme, selfs al is dit bloot net ter wille van verandering, en gewoonlik as ‘n daad van rebellie (of met ‘n sterk element daarvan teenwoordig). Diesentrale gedagte is die vryheid van die individu, welke strewe gestel word bo enige ander belang. Die individu word as’t ware tot ‘n godheid verhef. Die mens beklee dan die sentrale plek in sy eie bestaan, in plaas van God. Dit is humanisme – die verafgoding van die mens en sy regte.
Die bekende Hervormde Kerk teoloog, wyle prof. AD Pont het dit gestel dat die mens geen regte het nie, hy het alleen maar voorregte voor God. Die hele versinsel van die liberale dogma van menseregte word deur hierdie enkel waarheid ‘n streep deurgetrek!
Die liberalisme het oor die afgelope 4 eeue gaandeweg verskeie metamorfoses (vervlakkings?) ondergaan. Ná die Wêreld-oorloë verkry dié ideologie sterk ondersteuning vanuit die Joodsbeheerde media. Vandaar word die gedagtes en denke van koerant-, boek- en tydskriflesers en teatergangers deurdie liberale dogma besmet. Teen die 1960’s is die liberalisme geïnfekteer met sosialistiese ideologie,waarna dit verder ontwikkel tot die radikale “kulturele Marxisme” van die negentigerjare.
Die liberale denkrigting rig in al sy metamorfoses die samelewing onnoembare skade aan. Dit is duidelik in terugskou van die geskiedenis waarneembaar. Die sosIalisties/marxisties gedrewe ideologie het gelei tot die verval van menige Westerse lande tot “nannystates” – waar lui bevolkings staatmaak op subsidies en gifte vanaf die staat. Die staat voorsien selfs ‘n basiese inkomste aan elkeen wat te sleg is om te werk. Daarbenewens is morele en sedelike verval aan die orde van die dag. Wat altyd reg was is skielik verkeerd, en die gruwelikste sondes word vergoeilik.
Dokter Lyle Rossiter (jnr), ‘n psigiater met meer as 35jaar se kliniese ondervinding, het in 2008 ‘n boek die lig laat sien met die titel: “ThePsychological Causes of PoliticalMadness”. Hierin skryf hy:
“Based on strikingly irrational beliefs and emotions, modern liberals relentlessly undermine the most important principles on which our freedoms were founded. Like spoiled, angry children, they rebel against the normal responsibilities of adulthood and demand that a parental government meet their needs from cradle to grave. A social scientist who understands human nature will not dismiss the vital roles of free choice, voluntary cooperation and moral integrity — as liberals do. A political leader who understands human nature will not ignore individual differences in talent, drive, personal appeal and workethic, and then try to impose economic and social equality on the population — as liberals do. And a legislator who understands human nature will not create an environment of rules whichover-regulates and over-taxes the nation’s citizens, corrupts their character and reduces them towards of the state —as liberals do.
Die Liberalisme is egter tans besig om in sy laaste, lelikste fase in te beweeg. Dit kan as Progressiewe Liberalisme beskryf word. Dit wortel steeds in die grondbeginsel van die klassieke liberalisme van die bevryding van die individu van enige vorm van kollektiewe saambinding. Nadat gesinne opgebreek is, rasgrense vernietig is, die vrou deur die “women’s lib” beweging bevry is en volke skaamgemaak is om nasionalisties en patrioties te wees, is groot welslae behaal om die mens van elke vorm vansamehorigheid tot ‘n groep te “bevry”. Hy is nou bloot ‘n enkelling, ‘n wêreldburger wat nêrens behoort nie...
Die enigste twee oorblywende kollektiewe saambindings wat steeds voortbestaan is dié van geslag en van menswees self.
Volgens die Russiese filosoof, Aleksandr Dugin is dit juis in die strewe tot die vernietiging van hierdie laaste twee kollektief-onderskeidende maatskaplike identiteite waarin die laaste fase van die Liberalisme sy beslag kry. Dit het eerstens gelei tot die “trans-gender” dwalings, tesame met die promovering van die LBGTQ-beweging. Geslag is nou opsioneel – ten spyte daarvan dat dit reeds voor geboorte deur chromosoom-determinasie vasgelê is. Nee, dit is nou vloeibaar en afhanklik van die reg van die individu se vrye keuse daaroor. En dié nuwe malheid word deur die media gedryf en selfs deur regerings afgedwing. Dit word selfs ‘n wetlike oortreding wanneer iemand nie aangespreek word met die voornaamwoord van sy/haar/dit se eie keuse nie. Deur die implimentering van hierdie voorlaaste stap deur die Progressiewe Liberalis word gepoog om die kollektiewe identiteit van vrouwees of manwees die nek in te slaan.
Die heel laaste stap is dan die vernietiging van die mensheid self. Vandaar die ywer van en hoë publisiteit aan psigopate soos Klaus Schwab en Yuval Harari. Hulle staan trans-humanisme, kloning van siellose mense, “intelligent design” en kunsmatige intelligensie (AI) voor. Als moet onder beheer staan van wat hulle die “elites” noem. Die einddoel – die vernietiging van die mensdom...
Ironies genoeg vind mens dat hoe verder die Liberalisme metamorfeer, hoe meer word mag gesentraliseer deur sinistêre owerhede. Dit, ten spyte van die eis van die klassieke liberalisme dat die mens vry is van reëls en regulasies, dat hy ongebonde is en na willekeur kan optree. Hy moes juis bevry word van die tirannie van regerings wat bv. sensorskap toegepas het. Sy reg van vryheid van spraak mog nooit ingeperk word nie. Maar wat sien ons nou ontvou? In toenemende mate word enige weerstand teen die Liberalisme gesensureer. Vryheid van spraak geld slegs vir dié wat saamstem met die magte in beheer. Die wat daarvan durf verskil se sosiale media-plasings word verwyder. Hulle word selfs krimineel vervolg wanneer teen die heersende narratief betoog word. Maar terselfdertyd word kranksinnige idees soos geslagsvloeibaarheid, selfdegeslag-huwelike, kloning van embrios en talle ander tot naarwordenstoe in ons kele afgedruk.
Alles natuurlik in lyn met die daarstelling van ‘n Eenwêreld-regering. ‘n Diktatoriale entiteit wat totalitêre mag oor hul on-vrye onderdane sal uitvoer. Dít is die uiteinde van die Liberalisme.
By objektiewe evaluasie van die Liberalisme kan mens geen ander afleiding maak as dit gewoon kranksinnigheid is nie. Dis ‘n geestelike afwyking of dalk eerder ‘n geestessiekte. In die liberalis se strewe na totale vryheid beland hy hom uiteindelik onder totale diktatoriale beheer – met absoluut GEEN vryheid nie. As enkel-marionet word die individu – nou gestroop van sy samebindings wat eens aan hom kollektiewe bedingingsmag verleen het – uiteindelik verpletter deur algehele oorheersing.
Die Progressiewe Liberalisme, as hoogtepunt van liberale denke, verraai die basiese spelreëls van die liberalisme, naamlik vryheid en gelykheid. Dit het inteendeel juis die opskorting daarvan ten gevolg deurdat die liberalis uiteindelik geestelike selfmoord pleeg. Daar kan dus met reg na die Liberalisme as ʼn geestessiekte verwys word.
Ware vrede en geluk word in die beproefde weë van die konserwatiewe denke gevind. Waar geloof in God, verbondenheid aan ‘n gesin en deelwees van ‘n volk sentraal staan. Daarin word aanbindingskrag gevind. Waar omgee vir mekaar en die dien van hoër ideale voorrang bo eie gewin geniet. Dáárin is ware vry-wees te vind!