Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Daar is min dinge so onaangenaam as ‘n nare lewensondervinding wat jou die dood in die oë laat staar het; ‘n motorongeluk, 'n roof of 'n frats-ongeluk. Jy kon gesterf het, maar God was jou genadig en het jou die lewe laat behou. Maar wat is die héél slegste ding wat ‘n mens kan oorkom? Wanneer jou naam nie in die Boek van die Lewe opgeskryf staan nie!
JY KAN DIE KOMMUNISTE VERTROU (7)
Dr Fred Schwarz
Lees reeks by Jy kan die Kommuniste vertrou
VEROWERING VAN GESAG
Die aanvaarding van gesag moet dan geskied deur gewelddadige revolusie wat uitloop op die vernietiging van die Staat en die vestiging van die diktatorskap van die proletariaat. Die Kommuniste het teoretiese prosesse uitgewerk waardeur hierdie verowering van die gesag bewerkstellig moet word. Vandag toon die geskiedenis ons die praktiese metodes waardeur hulle die gesag in talle lande gegryp het veral Rusland, China en die sogenaamde Volksregerings van Oos-Europa.
Die verowering van gesag kan op verskeie maniere plaasvind. Ons noem drie daarvan hier:
- Interne opstand deur die beheer oor die vakbonde
- Militêre verowering
- Stuksgewyse oorgawe aan militêre afdreiging
OPSTAND DEUR BEHEER OOR DIE VAKBOND
Hierdie tradisionele metode wat die Kommuniste reeds baie jare voorgestaan het, het tot vroeër jare nie daarin geslaag om in enige land doeltreffende Kommunistiese gesag te bewerkstellig nie. Oorspronklik het hulle in die vakunies die instrument meen te sien waardeur die Kommunistiese Party die bewind sou verower. Die program was die volgende: Die Kommuniste moes die vakunies infiltreer en die uitvoerende gesag daarin in die hande kry. Dan moes hulle 'n industriële staking uitroep. Hierdie industriële staking sou 'n politieke staking word en daarna 'n algemene staking, en uiteindelik 'n revolusionêre staking wat sou lei tot gewapende opstand en die verowering van die bewind.
Eerste noodsaak was die infiltrasie van die vakunies. In sy boek, "Linkervleuel"-Kommuniste, 'n Kindersiekte, sê Stalin dit uitdruklik. Hoe hulle in die vakunie kom maak geen saak nie. Hulle moes hulle weg inwerk, inlieg, of inkoop. Die belangrike saak was dat hulle moes inkom.
INDUSTRIËLE STAKING
Eers eenmaal aan die roer, moes hulle op die geskikte oomblik 'n industriële staking beveel. 'n Industriële staking word gedefinieer as een wat mik op die bereik van 'n industriële doel, soos hoër lone of korter werkure. In die algemeen genome kan so 'n staking altyd uitgeroep word. Daar is altyd griewe en 'n verlang na beter omstandighede wat enige intelligente Kommunistiese leier kan uitbuit. Bowendien, 'n industriële staking is in die reël die enigste tipe staking wat georganiseer en gehandhaaf kan word met die steun van die werkers. Daarna moet die industriële staking in 'n politieke staking verander word.
POLITIEKE STAKING
'n Politieke staking is nie bedoel om onmiddellike, tasbare, industriële voordele vir die werkers te verkry nie maar om die Kapitalistiese stelsel te vernietig. 'n Politieke staking is bestem om die fondament van die gesag te ondermyn deur chaos, werkloosheid, bitterheid, honger en vrees te veroorsaak. Gewoonlik kan 'n politieke staking as sulks nie uitgeroep word nie maar 'n industriële staking kan in 'n politieke staking verander word. Namate die politieke staking uitbrei en tot 'n algemene staking aangroei, sal daar baie situasies ontstaan waar die stakende werkers in botsing kom met die georganiseerde gesag, gewoonlik met die polisie, maar soms met die militêre magte.
REVOLUSIONÊRE STAKING
Namate dade van geweld daarmee gepaard gaan, verander die politieke staking homself in 'n revolusionêre staking. Wanneer die revolusionêre staking genoegsaam ontwikkel het en genoeg werkende mense in sy baan getrek het, kan 'n algemene opstand plaasvind. So word die revolusionêre staking dan verander in 'n gewapende opstand. As die opstand slaag, sal die Kommuniste deur hulle beheer van die vakunies in staat wees om hulle diktatuur van die proletariaat tot stand te bring.
Geslaagde tegnieke om die bewind te bemagtig... vervolg