Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Tevredenheid maak arm mense ryk. Ontevredenheid maak ryk mense arm.
JY KAN DIE KOMMUNISTE VERTROU (5)
Dr Fred Schwarz
Lees reeks by Jy kan die Kommuniste vertrou
DIE GEBOORTE VAN 'N FRONT
" Hy skets vir die simpatiseerder die oogmerk naamlik die handhawing van die vrede in die aangesig van die dreigende oorlog en uitdelging wat oor ons almal se hoof hang indien almal nie toegee aan die eise nie (presies soos FW gedoen het toe hy die blankes voor 1994 wysgemaak het dat daar nie meer 'n ander keuse is as om die land vir die Kommuniste te gee nie agv die 'verskriklike oorlog' wat ons tegemoet sal gaan – en nou het ons groter 'oorlog' as toe!)."
Die essensiële oogmerk van die kommunistiese Party van 'n land moet gekamoefleer word met 'n beweerde oogmerk van groot aantrekkingskrag. Die Kommuniste weet baie goed wat die eintike oogmerk is terwyl die meeste Frontlede slegs die kamoeflering sien.
'n Permanente kommunistiese doel is om die ewewig van die wêreld se militêre magte te laat oorslaan in die guns van kommunistiese militêre sterkte. Oral waar hulle die militêre sterkte van enige vrye land kan verswak, help hulle om hierdie doel te bereik. Een grondliggende doel is dan om al die lande wat teen die Kommunisme is, op militêre gebied te verswak. As daardie werklike oogmerk openlik verklaar moes word sou dit natuurlik nie baie mense in daardie lande werf nie.
'n Organisasie wat aankondig dat sy doel is om bv Amerika op militêre gebied te verswak sodat die kommunistiese verowering makliker kan geskied, sou maar min ondersteuners kry. Derhalwe moet daar 'n aangekondigde oormerk wees wat dieselfde doel sal bereik maar wat hom in 'n ander gedaante voordoen. Een aangekondigde oogmerk kon wees die handhawing van die vrede in die aangesig van die moontlike verskrikkinge van 'n kernoorlog. Dit is die grondslag van die vertoon van onheilige vredesbewegings deur die Kommunisme uitgebroei.Dit word aan 'n kommunistiese personeel opgedra om die Front te organiseer. Hulle werf 'n aantal medereisigers, en saam besluit hulle oor die juiste aard van die organisasie wat gevorm moet word. Die oogmerke word duidelik omskrywe, die basiese uitvoerende beamptes, meesal uit die geledere van die Kommuniste of medereisigers, word gekies, en die slagspreuke wat die mense moet werf word geformuleer. Wanneer hierdie voorbereidsels getref is, nader die medereisigers die simpatiseerder. Die Kommunis self nader gewoonlik nie self die simpatiseerder nie omdat laastenoemde sekere bedenking het teen die Kommunisme. Hy weet hulle kan nie altyd vertrou word nie. Maar die medereisiger kan hom verseker dat hý geen Kommunis is nie, dus het hy 'n beter kans op sukses.
Hy skets vir die simpatiseerder die oogmerk naamlik die handhawing van die vrede in die aangesig van die dreigende oorlog en uitdelging wat oor ons almal se hoof hang indien almal nie toegee aan die eise nie (presies soos FW gedoen het toe hy die blankes net voor 1994 wysgemaak het dat daar nie meer 'n ander keuse is as om die land vir die Kommuniste te gee nie agv die 'verskriklike oorlog' wat ons tegemoet sal gaan – en nou het ons groter 'oorlog' as toe!). Hy beskryf die eise om ontwapening wat gestel sal word aan kommunistiese sowel as nie-kommunistiese lande. Natuurlik wys hy nie daarop dat hierdie eise onmoontlik enige effek kan hê op kommunistiese lande omdat daar geen openbare opinie bestaan wat hulle kan beïnvloed nie, en dat die mense van die kommunistiese lande selfs niks omtrent hierdie eise kan uitvind nie tensy die kommunistiese Party van daardie land besluit om dit aan hulle mee te deel. Hy wys ook nie daarop dat die werklike doel is om die openbare opinie in die vrye lande waar die regering deur die volk gekies en gekontroleer word, te beïnvloed nie. Die simpatiseerder, tevredegestel dat hierdie eise nominaal aan alle lande gestel word, word bedrieg deur hierdie 'grootse' idee en word gewerf vir die saak (dikwels sonder dat hy weet wat hy werklik doen).
Dan nader die simpatiseerder die pseudo-liberaal, wat dit 'n wonderlike idee vind! Hy sou nie gelukkig voel om deel te neem aan 'n kommunistiese plan nie maar hy weet die simpatiseerder is geen Kommunis nie. Hy is miskien bewus daarvan dat die simpatiseerder 'n paar radikale idees daarop nahou maar, anders as die meeste ander mense, is hy onbevooroordeeld en het hy niks teen die man nie. Die idee is klaarblyk uitstekend en verdien sy ondersteuning. So word die halfliberaal die woordvoerder wat die dupe nader, die vaderlandsliewende sakeman wat die finansies en die fatsoen sal voorsien. In die buitenste kring, dan, word die patriotiese sakeman deur 'n anti-kommunistiese liberaal genader ten behoewe van 'n verdienstelike saak. Die geld word voorsien, name verskyn in die briefhoof, propaganda word gemaak, en die kommunistiese front tree in werking. Oppervlakkig beskou lyk dit na die werk van die vaderlandsliewende sakemanne, opvoeders, wetenskaplikes, en ander mense van naam, maar agter hierdie dupes is die pseudo-liberales; agter hulle is die simpatiseerders; en agter hulle is die simpatiseerders; en agter die simpatiseerders, in die middel self, is die ongesiene Kommuniste en medereisigers wat in beheer is van die beleid en program.
Fronte soos hierdie is al duisende kere en op duisende maniere gevorm. Hulle het baie welmenende anti-Kommuniste in die diens van die Kommunisme betrek. So word die kommunistiese wetenskap toegepas waardeur die georganiseerde weiniges hulle doeltreffendheid vermenigvuldig deur 'n massabeweging te organiseer wat soms op bepaalde vraagstukke demokratiese anti-kommunistiese regerings kan maak of breek. Weer eens is die gevolgtrekking duidelik dat 'n begrypende verstand en 'n wakker houding die enigste beskerming is wat die idividu het teen onwillekeurige insleping. Enige waaksaamheid is die prys van vryheid.
GEVANGE ORGANISASIES
Kommunistiese Fronte is georganiseer om arbeid, godsdiens, kuns, burgerlike vryheid, kultuur en nasionalisme uit te buit. Die Fronte wat Vrede en Nasionale Vrymaking verkondig was besonder effektief. Benewens hierdie spesiaal georganiseerde Fronte maak die Kommuniste gebruik van organisasies wat al lank bestaan. Dikwels was hierdie organisasies deur nie-Kommuniste gevorm vir nie-kommunistiese doeleindes, maar nietemin word hulle die gevangenes van die Kommunisme. Dit word moontlik gemaak deur die Kommuniste se gewilligheid om hard te werk aan onaangename take in belang van sulke organisasises. In elke organisasie is daar 'n sekere mate van roetinewerk wat gedoen moet word, werk wat nie aanskoulik of belangrik is nie, en dus vir die meeste mense geen aantrekkingskrag besit nie. Wanneer die Kommuniste hulle by so 'n organisasie aansluit, werk hulle hard. Hulle is beskikbaar vir die vervelende en ondergeskikte take. Hulle skryf die briewe, hulle maak die pakkies op, hulle doen die sjabloneerwerk. Baie dikwels is hulle die beste werkers wat die organisasie het. Wanneer verkiesingstyd aanbreek, is dit die natuurlikste ding dat hulle gekies word vir een of ander uitvoerende betrekking. Deur hulle doelgerigtheid, hulle strewe na 'n sekere doelwit en hulle harde en toegewyde werk, neem die Kommuniste ondernemings, en gebruik hulle dit om vryheid te vernietig.
In beskaafde lande is die Kommuniste pragtig georganiseer. Hulle het toegewyde personeel en het geweldige ondervinding opgedoen. Alleen op 'n grondslag van begrip, organisasie en toewyding kan ons hoop om hulle te bestry en te oorwin. Om hulle te haat is vergeefs. Sommige van hulle mees effektiewe dienaars was hulle bitterste vyande. Oë wat sien en hoofde wat dink, moet saamsmelt met harte wat die vryheid liefhet, om hierdie uitdaging te aanvaar.
Tegnieke om die bewind te bemagtig... vervolg