Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ons moet onsself aanvaar soos ons is want dit is hoe God ons geskep het. Aanvaarding beteken dat jy waardevol is net soos jy is. Dit laat jou toe om die ware jy te wees. Jy word nie ingedwing in iemand anders se idee van wie jy werklik is nie. Dit beteken jou idees word ernstig opgeneem omdat dit jouself weerspieël. Jy kan praat oor hoe jy binnekant voel – en iemand gee werklik om. Ware selfaanvaarding word nie in die krag van prositiewe denke, kopspeletjies of sielkunde gevind nie; dit is 'n geloofsdaad wat deur die genade van God plaasvind.
JY KAN DIE KOMMUNISTE VERTROU (4)
Dr Fred Schwarz
Lees reeks by Jy kan die Kommuniste vertrou
KOMMUNISTIESE FRONTE
Ten einde soveel mense moontlik te betrek, organiseer die Kommuniste groot getalle Front-organisasies, elk waarvan bestem is om die eiebelang van 'n gegewe groep uit te buit. Sommige hiervan is plaaslik en tydelik, eenvoudig in formasie en omtrek, en ontwerp om een of ander plaaslike situasie ten volle te eksploiteer. Ander is op 'n wêreldwye skaal met geweldige, permanente struktuur wat jaar na jaar oor die hele wêreld opereer. Groot of klein, die doel van hierdie Fronte is om welmenende mense te werf om onbewus die kommunistiese sameswering te dien.
SENTER
Die beginsels waarvolgens 'n kommunistiese Front georganiseer word kan die beste verstaan word in terme van 'n reeks konsentriese sirkels. In die senter is die land se Kommunistiese Party,
MEDEREISIGERS
Rondom hierdie klein groep in die senter is daar 'n kring van medereisigers. 'n Medereisiger is iemand wat die kommunistiese filosofie, die kommunistiese oogmerke, organisasie en taktieke goedkeur, maar wat hom om een of ander persoonlike rede nie aan die absolute partydissipline onderwerp het nie. Hy was nooit in staat om die punt van volkome persoonlike oorgawe wat vereis word vir werklike partylidmaatskap, te bereik nie.
Medereisigers het dikwels 'n skuldige gewete omdat hulle nie partylede is nie. Hulle is tot 'n groot mate aan die partydissipline onderworpe, en hulle sal gewillig en opofferend met die Kommuniste saamwerk, maar hulle kan in enige hof in die land onder eed beweer dat hulle nie Kommuniste is nie). Sommige van die vooraanstaande en magtige Amerikaners wat die Kommuniste die getrouste gedien het was medereisigers.
SIMPATISEERDERS
Rondom die kring van medereisigers is die kring van simpatiseerders. Hierdie kring bevat verskillende groepe wat simpatiekgesind is teenoor die Kommunistiese Party in die land. Verskeie soorte sosialiste, medewerkers en pasifiste – die simpatiseerders – het beswaar teen sekere trekke van die Kommuniste. Hulle beweer dat hulle teen die wreedheid van die Kommuniste is, sowel as teen hulle gebruik van sensuur en hulle ontkenning van persoonlike vryheid. Nietemin glo hulle dat die Kommunisme oor die algemeen baie goeie dinge tot stand gebring het. Hoewel hulle die Kommunisme nie geheel en al kan goedkeur nie, voel hulle dat dit baie goeie trekke besit en dat dit vooruitstrewend en in die belang van die werkende klas is, en dat dit moontlik is om met die Kommuniste saam te werk in 'n verdienstelike plaaslike saak. Hulle meen dat, as hulle saamwerk, as hulle verdra en hulle 'n bietjie liefhet, dit moontlik sal wees om hulle van hul uiterste praktyke af te kry, en dat die slegte kenmerke van die Kommunisme sal wegkwyn en alleen wat die moeite werd is, sal oorbly. In hierdie groep is daar 'n aantal godsdienstiges wat besonder geneig is om so te redeneer.
LIBERALE
Rondom die kring van simpatiseerders is die kring van sogenaamde liberale. Die meeste van hierdie liberale word gevind in die ivoorgange van kolleges en universiteite, beklee dikwels professorale stoelem en is gewoonlik gekenmerk deur 'n pseudo-intellektuele kyk op die lewe. Hulle houding is: "Ek is teen Kommunisme. Ek is teen die kommunistiese beperking op die menslike vryheid. Ek is teen hulle sensuur, hulle diktatorskap, hulle wreedheid. Nogtans weier ek om soos my vyande te word ten einde hulle te opponeer, en hoewel ek haat wat die Kommuniste sê en doen, sal ek veg vir die reg van die Kommuniste om te praat en te organiseer, net soos ek vir my eie regte sal veg."
In werklikheid word hulle die beskermers van die kommunistiese samesweerders. Hulle verdedig die reg van Kommuniste om professors te wees in skole en universiteite. Hulle is die groot verdedigers van die Vyfde Amendement. Hulle beweer dat geen bedwang of beperking van enige aard op 'n persoon gelê moet word nie omdat hy gebruik gemaak het van die Vyde Amendemant. Hulle standpunt is skynbaar dat niemand enige sodiale beperking of nadeel moet ly nie, tensy daar getuienis is wat geldig is in 'n geregshof.
Hulle redenering is verkeerd want sekere omstandighede wat in die gebied van die wet bestaan, projekteer hulle in die gebied van voorreg en sosiale bedrywigheid waar dit nie van toepassing is nie. Byvoorbeeld, 'n man nader die bestuurder van 'n bank om werk. Die bestuurder het egter 'n gerug gehoor dat die aansoeker weens geldverduistering uit sy vorige betrekking ontslaan is en hy vra die man of dit waar is. Die man weier om te antwoord omdat hy homself dalk mag inkrimineer. Die man is heeltemal binne sy regte wanneer hy weier om homself te inkrimineer, en hy kan bepaald nie tronk toe gestuur word weens sy antwoord nie; maar as die bankbestuurder daardie man in diens sou neem sou hy inderdaad dwaas handel. Die Vyfde Amendement het alleen te doen met gevangesetting en wetlike straf. Enige poging om dit buitekant daardie gebied te projekteer is nie intellektualisme of liberalisme nie, maar onnoselheid.
LIBERALE VERLEENTHEID
Die volgende stukkie skets die posisie wat bereik word wanneer daar beweer word dat geen beperking op enige persoon gelê kan word onder enige omstandigheid nie tensy daar bewyse is wat in 'n geregshof geldig sou wees, en dat die Vyfde Amendement geen bybetekenis van skuld bevat nie:
Moederskap kom byeen in al haar skoonheid en reinheid, in 'n hoëmate begaan oor die toename van jeugmisdaad wat veroorsaak word deur die algemeenheid van georganiseerde ondeug in die distrik. Jeugmisdaad word so algemeen dat die grondslag van die huisgesin self in gevaar verkeer. Die moeder is gedetermineerd dat iets gedoen moet word om georganiseerde ondeug uit te roei.
Daar word dus besluit om 'n Komitee van Moederlike Reinheid te benoem. Die vergadering word belê en 'n vrou met breë liberale oortuigings word as tydelike voorsitster gekies. Sy vra nominasies vir die posisie van permanente voorsitster van die Komitee. Tot almal se verbasing word Madam Ondeug, eienares van die plaaslike bordeel, voorgestel vir die posisie. Die voorsitster kyk verras op, dan sê sy: " Ek hoor die naam van Madam Ondeug genomineer vir die posisie van voorsitster van ons Komitee van Moederlike Reinheid. Wil iemand die woord voer oor hierdie voorstel?"
'n Verontwaardige stem roep uit: "Maar dis belaglik! Sy is 'n hoer en die eienares van 'n hoerhuis."
"Dit is ernstige beskuldiginge hierdie," sê die voorsitster. "Dit moet deur onweerlegbare bewyse gestaaf word. As daar iemand is wat kan sê dat sy eerstehandse bewyse het dat hierdie vrou haar aan die beweerde praktyke skuldig maak, staan asseblief op en praat."
Niemand roer nie.
Die voorsitster sê: "Aangesien daar skynbaar geen bewyse is om hierdie aantygings te staaf nie sal ek die vrou self vra. Madam, is u, soos beweer, 'n prostituut en die eienares van 'n hoerhuis?"
Die vrou in die pelsjas staan verontwaardig op en sê: "Ek gaan nie daardie vraag beantwoord nie! U het nie die reg om dit te vra nie! Ek gaan myself nie inkrimineer nie."
"Ja", sê die voorsitster, " dit is u voorreg. Daar kan bepaald geen gevolgtrekking gemaak word uit daardie antwoord nie. Daar is geen getuienis om hierdie aantygings te staaf nie. Daar is nog een vraag wat ek kan stel. Is hierdie vrou in 'n geregshof aangekla en gevonnis?"
Weer is alles stil en die stem van liberale geleerdheid, vol en sag, word verneem: "Ek aanvaar die nominasie van Madam Ondeug as Voorsitster van die Komitee van Moederlike Reinheid van hierdie stad."
Dit is heeltemal denkbaar dat, met dieselfde proses, die rampokker, Al Capone, in 1930 gekies kon geword het as Voorsitter van die Komitee van Openbare Veiligheid van Chicago. Sulke belaglike situasies word moontlik wanneer 'n bepaling van die Grondwet wat alleen bestem was om immuniteit teen geregtelike straf te verskaf, geprojekteer word in die gebied van die normale lewe wat voorreg en verantwoordelikheid insluit wat ver verwyder is van wetlike straf. Dit is die fout wat begaan worddeur pseudo-liberale wat nie daarin slaag om die grondliggende kwaadaardigheid van die Kommunisme raak te sien nie, en dus 'n kring vorm waaragter die kommunistiese samesweerders hulle bose planne uitvoer.
SLAGOFFERS
Rondom die kring van pseudo-liberale is die kring van dupes of slagoffers. In hierdie kring vind 'n mens die eg vaderlandsliewende VSA burgers uit 'n groot verskeidenheid van beroepe. Hulle het eenvoudig bedroë geraak. Menige burger is verbaas wanneer hy die lokval ontdek waarin hy verstrik geraak het. Neem die hipotetiese geval van 'n suksesvolle sakeman wie se naam op die briefhoof van 'n kommunistiese front verskyn. Hy is heelhartig teen die Kommunisme, maar hy is ook uitermate besig. Hy help graag goeie sake aan en sal hulle geldelik en met die gebruik van sy naam ondersteun. Maar hou in gedagte dat daar 'n menigte dringende sake is wat sy tyd in beslag neem, en hy kan geen vergaderings bywoon of deelneem aan die daaglikse werksaamhede van die organisasises nie. Daardie taak moet hy aan ander oorlaat. Op hierdie manier het die Kommuniste met sukses gebruik gemaak van die geld en die prestige van baie van hulle grootste vyande.
Die geboorte van 'n Front... vervolg