Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Net bang mense kan moedig wees – dit is wat moed beteken: om jou vrese in die oë te kyk en te besluit hoe jy dit gaan aanpak – en as jy wys is sal jy weet dat ware moed deur gebed verkry word.
JY KAN DIE KOMMUNISTE VERTROU (3)
Dr Fred Schwarz
Lees reeks by Jy kan die Kommuniste vertrou
DIE KOMMUNIS AAN DIE WERK
"Die kommunistiese formule vir doeltreffende optrede is baie eenvoudig: Vind uit wat mense wil hê, beloof dit aan hulle, en gaan aan die werk om dit vir hulle te verkry, sodat jy mag oor hulle kan verkry... Niemand besef die dieper motiewe agter hierdie gedrag nie... Dit is die kommunistiese program van werksaamheid in enige situasie."
Die Kommuniste het nie die bekering van groot massas mense beoog nie. Hulle hele begrip is dié van 'n klein party, bondig, beweeglik, gedissiplineerd en toegewy, wat hoofsaaklik uit gekeurde intellektuele bestaan. Dit is die taak van hierdie klein groepie om die maatskaplike kragte wat die massas beweeg en lei, wetenskaplik te gebruik sodat die kommunistiese Party die beheer oor hulle sal kry en die kommunistiese program met geweld kan deurvoer. Die program van die Kommunisme is dus om in die diens van die Party groot getalle individue op te neem van wie die meeste onbewus is dat hulle die kommunistiese doel dien.
Daar word dikwels gevra: Hoe ken 'n mens 'n Kommunis uit?
Dit is nie altyd so maklik nie. As 'n Kommunis nie graag sy lidmaatskap van die Party wil erken nie kan dit nogal baie moeilik wees om te bewys. Een toets wat waardevolle informasie mag gee kan genoem word die "woordtoets". Daar is sekere woorde in taamlik algemene gebruik wat vir mense oor die algemeen een ding beteken, en iets heeltemal anders vir die Kommuniste. As so 'n woord in die gesprek ingebring word kan 'n persoon se posisie aangedui word deur sy vertolking van daardie woord.Daar is byvoorbeeld die "sektariër". Vir die meeste mense is hierdie woord in die eerste instansie verbonde aan die godsdiens. Vir die Kommunis beteken dit iets heel anders. Die term "sektariër" is toegepas op 'n Kommunis wat die Kommuniste in die openbaar aanprys en homself daardeur isoleer in plaas van hom by 'n organisasie aan te sluit en hard te werk vir die oogmerke daarvan sodat hy later daardie organisasie vir kommunistiese doeleindes kan gebruik. Aldus sou hy sy krag baie male vermenigvuldig.
In sy merkwaardige boek, Linkervleuel-Kommunisme: 'n Kindersiekte' behandel Lenin sektegees uitvoerig. Die boek is geskryf om as handboek te dien vir die Derde Internasionale of Komintern wat in 1919 georganiseer is om wêreldrewolusie te bewerkstellig. Dit word veral gerig teen 'n groep entoesiastiese jong Duitse Kommuniste. Die houding wat hulle ingeneem het was dat hulle Kommuniste was en trots is daarop. Hulle wou hê die hele wêreld moes dit weet. Hulle het nòg hulle oogmerke, nòg hulle metodes verbloem. Met hulle doel duidelik voor hulle het hulle daarheen opgeruk en alle kompromie en bedrog versmaad. Wat ookal die moeilikheid of gevaar, hulle het nie omgedraai of teruggedeins nie. Hulle sou sterf vir die Kommunisme maar hulle sou nie met hulle vyande saamwerk of kompromitteer ten opsigte van hulle beginsels nie.
Lenin het met die volle krag van sy skeldtaal op hierdie jong entoesiaste, wat hy Linkervleuel-Kommunisme genoem het, losgebrand. Hoewel hy nie in God geglo het nie, het hy gesê: "God het self beskik dat die jeug onnosel moet wees." Hulle onwilligheid om aan kompromie en bedrog deel te hê, het hy as belaglik gemaak. Volgens hom het hulle die beperkinge deur die bourgeoisie-vyand opgelê, aanvaar. Kompromie en bedrog is baie kragtige werktuie in die kommunistiese program. Hy het daarop gewys dat 'n spreker wat die Kommunisme openlik aanprys, hom isoleer van die groot meerderheid, en hom beperk tot 'n handvol onstuimige volgelinge. Ware kommunistiese strategie was om 'n saak te soek wat vir 'n groot aantal mense belangrik was, om daarop te konsentreer, en om daarheen 'n groot volksgroep te versamel. Die toets van hulle kommunistiese kaliber was die bekwaamheid wat hulle sou toon om die mense wat so byeengebring is, so te beïnvloed dat hulle die uiteindelike oogmerke van die Kommunisme sou dien.
Om hierdie beginsel te illustreer het Lenin aan die lede van die Kommunistiese Party in Engeland bepaalde instruksies gegee om aan te sluit by die Britse Arbeidersparty as hulle kon, en om te werk vir Henderson wat desyds die Arbeiderskandidaat vir die Premierskap was. Hy het gesê:
"Op die oomblik vind Engelse Kommuniste dit dikwels moeilik om die massas te bereik en selfs 'n gehoor van hulle te verkry. As ek nou sou uitkom as 'n Kommunis en 'n beroep doen op die arbeiders om vir Henderson te stem teen Lloyd George, sal hulle my beslis 'n gehoor verleen. En ek sal in staat wees om op 'n gewilde manier te verduidelik waarom die Sowjets beter is as 'n parlement, en waarom die diktatorskap van die proletariaat beter is as die diktatorskap van Churchill (vermom met die uithangbord van burgerlike 'demokrasie'), en ook dat ek met my stem vir Henderson wil ondersteun net soos die galgtou 'n opgehange man ondersteun."
Om sektariër te wees is dus om in isolasie te werk in stede van gebruik te maak van die groot sosiale kragte wat groot groepe mense laat optree. Sektegees staan hoog op die lys van die vernaamste kommunistiese sondes.
Die kommunistiese formule vir doeltreffende optrede is baie eenvoudig. Dit kan as volg opgesom word: Vind uit wat mense wil hê, beloof dit aan hulle, en gaan aan die werk om dit vir hulle te verkry, sodat jy mag oor hulle kan verkry. Dit is die kommunistiese program van werksaamheid in enige situasie.
In Marxistiese skole bestudeer die Kommuniste die groepe wat 'n gegewe samelewing uitmaak. Hulle bestudeer die emosies van elke groep, hulle ambisies en hulle griewe, en dan beraam hulle 'n program om hierdie ambisies en griewe uit te buit. Hulle glo dat elke groep mense so kortsigtig en so selfsugtig gemotiveer is, dat, mits jy werk in belang van hulle mees dringende begeertes in die onmiddellike omstandighede, hulle geen ag sal slaan op wat jy vir die verderafgeleë toekoms beloof en bevorder nie.
Dit hinder 'n Kommunis nie in die minste as hy tegelyk vir twee groepe met botsende belange en oogmerke werk nie. Dit is geen inkonsekwensie nie; dit is die toepassing van wetenskap.
Die Kommunis het een doelwit – om aan die bewind te kom. Hulle sal alles doen wat nodig is om hierdie doel te bereik. Op ekonomiese gebied byvoorbeeld het hulle geen vaste ekonomiese program van land tot land nie. Kommunistiese ekonomiese beleid is om uit te vind wat enige groep wil hê en dit dan aan hulle te beloof. Klassieke Marxistiese ekonomie het die kollektiewe besit van grond bepleit, maar die Kommuniste het in Rusland en China aan die bewind gekom deur die omgekeerde beleid van die verdeling van grond deur elkeen 'n Kapitalis in die kleine te maak. Kommunistiese beleid is om enigiets te doen wat nodig is om die Party se strewe na diktatoriale mag te bevorder.
In 'n meisiesskool in Dallas, Texas, het ek in 'n toespraak vir die dogters die kommunistiese formule vir vooruitgang geskets: Vind uit wat mense wil hê, beloof dit aan hulle, en gaan dan aan die werk om dit vir hulle te verkry, sodat jy mag oor hulle kry. Een dogter stel toe die baie logiese vraag: "As die Kommuniste die mense allerhande dinge beloof, maar nie hulle beloftes nakom wanneer hulle aan die bewind kom nie, waarom word hulle nie uitgesmyt nie?"
My antwoord was: "As ek in hierdie kamer sou inkom deur aan julle dogter te beloof dat ek 'n skoonheidsmiddel het wat elkeen van julle baie mooi sal maak en as ek, sodra ek hier inkom, 'n masjiengeweer uitpluk en dit op julle rig, waarom smyt julle my nie uit nie?"
Die Kommuniste is in sy wese die tegniek om mag in die hande te kry deur die onmiddellike vervulling van die menigte se dringendste ambisies te beloof, en die mag te behou deur die doeltreffende gebruik van geweld.
Die Kommuniste gaan na die werknemer en beloof hom hoër lone, korter werkure en beter toestande oor die algemeen. Hulle nader die werkgewer met die skitterende vooruitsig van industriële vrede, goeie handelsbetrekkinge en groter winste. Vir die gekleurde beloof hulle eersteklas burgerskap. Hulle sal hul daarvoor beywer dat hy kan woon waar hy wil, werk waar hy wil, en trou met wie hy wil. Aan die teenstanders van die gekleurde beloof hy dat hulle die gekleurde op sy plek sal hou. Die gesig wat hulle aan die Jood bied is dat hulle vir goed 'n einde sal maak aan anti-Semitisme. Vir die Arabiere sweer hulle dat hulle die Jode sal uitroei. Aan die Hindoe beloof hulle om hom te help om elke Christen en Mohammedaan tot die Hindoe-godsdiens te bekeer. Die Mohammedaan word gelok deur die belofte van hulp om die saak van Islam te bevorder.
Hulle program van bedrog is so dikwels suksesvol omdat sover mense in die plaaslike situasie kan sien, is die Kommuniste opreg en doen hulle hul woord gestand. Dit is 'n eienskap van die kommunistiese gedrag om hard en opofferend te werk in belang van die onmiddellike behoeftes van die groep wat hulle besig is om uit te buit. 'n Kommunistiese prokureur sal dikwels 'n saak aanvaar sonder enige betaling, en onvermoeid en kragdadig werk ten behoewe van sy kliënt in die howe van die land. Niemand besef sy dieper motiewe agter sy gedrag nie. (Hierdie eienskap is nie van toepassing op Afrika se Swart Kommuniste nie – dit is nie in die aard van die Swarte om opofferend en hardwerkend te wees nie).
Kennis van die ware program van die Kommunisme en sy strategie en taktiek is die enigste beskerming wat goeie mense van alle soorte het teen die kommunistiese strik.
Vervolg... FRONTE