Gedagtes vir elke dag
Almal ervaar soms teleurstelling. Dit het egter op sigself geen negatiewe uitwerking nie, dis ons reaksie op teleurstelling wat daaraan negatiewe krag gee. Twee verskillende mense kan dieselfde teleurstelling met 'n totaal verskillende uitkoms ervaar. Gebruik teleurstelling as 'n geleentheid om jou planne te wysig met 'n vars nuwe idee, vriend of dag.
DIE VERNIETIGING VAN JERUSALEM
Dr Danie Theron
“… en Jerusalem sal vertrap word deur die nasies totdat die tye van die nasies vervul is.”
(Lukas 21:24)
Die profesie oor die vernietiging van Jerusalem word in die Bybel in besonderhede beskryf. Ons lees daarvan in talle Ou Testamentiese boeke (dus deur God voorspel), en dan in besonderhede in drie van die Evangelies (deur Jesus voorspel). Die vierde Evangelis, Johannes, beskryf dit in Openbaring.
Dit is ‘n gebeurtenis wat die Christen aangryp, veral as die gebeure, soos deur die Joodse geskiedskrywer (Flavius) Josefusin “War of the Jews” opgeteken, gelees word. Dis eers by die lees van presies wat in 70 n.C. gebeur het dat mens opnuut besef Jesus het, soos elke keer as Hy gepraat het, geen rede vir twyfel gelaat nie. Hy het bedoel wat Hy gesê het. Dit was ‘n inderdaad ‘n algehele verwoesting.
Wat met Jerusalem gebeur het is dat God as’t ware die stad verlaat het – aan hom self oorgegee het. Daarom gee Jesus opdrag dat wanneer die tyd aanbreek en die stad aan God se strafgerigte oorgegee word, gelowiges die stad moet verlaat. Daardie tydstip sou wees wanneer die stad deur die leërs omsingel is (Luk 21:20). Lukas se beskrywing van die verwoesting is duideliker as die ander twee Evangelies, aangesien Jesus se voorspelling tydens die profetiese rede ook na die eindoordeel verwys het.
Die gruwel van verwoesting is die beeld van die heidense, vyandige magte wat die Heilige Land sal binne trek en die stad sal bedreig. Dan moet die gelowiges vlug. So het Christene dan reeds na Pella gevlug in 67 n.C. toe die eerste Romeinse leërmagte die land betrek het. In die Ou Testament is die Joodse volk herhaaldelik en ondubbelsinnig gewaarsku dat as hulle die verlossing uit God (die Messias) verwerp, hulle meedoënloos gestraf sou word (Deut 28:49-57; 1 Kon 9: 6-9).
Alhoewel teoloë verskil oor die betekenis van die woorde “totdat die tye van die nasies vervul is”, is dit eintlik voor die hand liggend; Jerusalem sal nie weer deur die Jode beheer word tot aan die einde van die dae nie. Die “Jode” wat vandag deel van Jerusalem beheer, is nie afstammelinge van die Jode van 2000 jaar gelede nie en beheer in elk geval nie die hele stad nie.
Maar terug by die verwoesting van die stad. Daar is baie bewyse vir die almag en die heerlikheid van God in die Bybel en in die geskiedenis. Hierdie profesie egter en die vervulling daarvan beklemtoon ook die goddelikheid van Jesus en sy sending na die wêreld. Die profesie het in so ‘n mate in vervulling gegaan dat mens by die oordenking daarvan, opnuut verwonderd staan.
Jerusalem was gebou op twee berge en drie mure het die stad van alle kante omring. Sodanig was die vakmanskapbeskou van hierdie mure, dat dit as ondeurdringbaar beskou was. Die eerste muur het 60 torings gehad. Die middelste muur het 14 torings gehad en die derde muur nie minder nie as 90 torings. Die bekende toring van Psephinos, voor wie Titus aanvanklik gekampeer het was op die derde muur opgerig. Mens kon sover as die Middellandse See sien vanaf hierdie toring. Drie ander bekende torings was die Hippocos, Phasael en die Mariamne. Al die torings is van wit marmer gebou. Jerusalem kon dus ook van weë sy prag en praal bewonder word en nie net as die “heilige stad” nie. Die tempel was aan die oostelike kant van Jerusalem, direk oorkant die Olyfberg. Josefus beskryf ook die stad in besonderhede en die afleiding is dat dit menslik gesproke eintlik ondeurdringbaar was.
Die tempel was die ware vertoonvenster van Jerusalem met sy wit marmer en skittergoud. Daar was niks wat met die tempel vergelyk kon word nie. So word dit beskryf:
“The splendour of the interior parts of the temple corresponded with its external magnificence. It was decorated and enriched by everything, that was costly, elegant and superb… In short, the most valuable and sumptuous of whatever nature, or art, or opulence, could supply - was enclosed within the consecrated walls of this magnificent and venerable edifice.”
(The Destruction of Jerusalem, George Peter Holford, 1805)
Terwyl Jesus met sy intog in Jerusalem begroet is as die “Koning” weet Hy alreeds wat met Jerusalem gaan gebeur en sê Hy:
“Kyk julle huis word vir julle woes gelaat!” (Matt 23:38).
Ja, Hy sal Hom onttrek aan die stad. Maar in hulle sondige hoogmoed en arrogansie kon geen van sy teenstanders (ja, die ou Verbondsvolk) insien wat Hy werklik bedoel nie, en het hulle waarskynlik ook nie om gegee nie. Selfs sy eie dissipels was verwonderd oor sy uitlatings. Hulle poog selfs om Hom attent te maak op die skoonheid en prag van die geboue toe Hy die tempel verlaat en Hy antwoord deur hulle daarop te wys dat elke klip afgebreek sal word, ‘n voorspelling wat tot die letter vervul is.
Josefus beskrywe hoe al die voorspellings van die latere gebeure bewaarheid is; die hongersnode, pessiektes, aardbewings en opstande van koninkryke teen mekaar. Dan, in 67 n.C. beweeg Vespasianus, vader van Titus, in Judea in en die slagting begin. Sowat 150 000 het in hierdie aanvanklike slagting omgekom. In hierdie tyd is Nero dood en moes die slagting tot op daardie stadium immers vir die Jode die teken gewees het om hulle te bekeer. Maar watwou! Faksies het in Joodse geledere ontstaan en was hulle diep verdeeld waarna ‘n slagting met grootskaalse bloedvergieting in eie geledere volg.
Holford beskryf dit soos volg:
“Death, indeed, was the penalty of the lightest and heaviest accusations, nor did any escape through the meanness of their birth, or their poverty. Such as fled were intercepted and slain: their carcasses lay in heaps on all the public roads: every symptom of pity seemed utterly extinguished, and with it, all respect for authority, both human and divine”.
Intussen is Judea ook in ‘n slagveld omskep, en dit nie deur die Romeine se toedoen nie, maar weens innerlike verdeeldheid van die Jode. So het hulle hulleself verder verswak te midde van die dreigende Romeinse aanslag wat enige dag sou toeslaan. Die land was in vrees en bewing en ongeorganiseerd en geestelik op ‘n algehele laagtepunt. Hulle het trouens nou hulle hoop op die Romeine gevestig om hulle van hulle toestand te verlos. Toe Titus dan ook opdaag het die Jode gedink dat hy gekom het om hulle te red – min het hulle geweet wat sou wag! Die gelowiges het egter geweet (na aanleiding van Matt 23:15) dat dit die teken sou wees om te vlug. Titus omsingel Jerusalem dan ook tydens die Pasga, die herdenking van die Joodse moord op Jesus! Dit was dan ook die tyd van die jaar wat Jerusalem tot oorlopens toe vol was van besoekers.
Die koms en aanslag van Titus was volgens Josefus skielik “soos die weerlig uit die Ooste” (Matt 24:27). Die Romeine het gou beheer van twee van die drie mure gekry. Intussen kon die Jode nie besluit of hulle moes saamstaan en of hulle hul binnegevegte moes voortsit nie. Met Jerusalem beleër het hongersnood daarbinne uitgebreek en moes die swakkeres; die vroue en kinders, dit ontgeld. Sommige Jode het hulle tot die vyand gewend, net om daar deur die Romeine gekruisig te word!
600 000 dooies is by die hekke van Jerusalem uitgedra. Titus het later, weens die omvang van die slagting, selfs sy hande na die hemel opgeslaan en vir God gesê dat hierdie doodslag nie deur sy toedoen was nie, maar weens die hardkoppigheid van die Jode. Die hongersnood het die Jode nou gedryf tot die eet van sandale, belde en rieme en selfs gras. ‘n Jodin het selfs haar eie kind geslag en begin gaarmaak toe soldate op haar afgekom het.
Die Romeinse soldate se teiken het verskuif na die tempel en die tempel is aan die brand gesteek. Die Jode het (valslik) geglo dat as hulle die tempel kon red sou hulle ook gered wees. Titus wou, in aanskoue van die prag van die tempel, die vuur laat blus, maar die koelbloedigheid en geweld-bedwelmdheid van sy soldate het nou geen perke geken nie en die tempel is tot die fondamente verwoes.
Titus het ná die vernietiging van die tempel aangebied om die res van die oorlewendes se lewens te spaar indien hulle sou oorgee. Hulle het geweier. Hy het voortgegaan en die res van die stad verwoes en die wat oor was, om die lewe gebring. Die Jode het in die proses ‘n verdere 8 400 van hulle eie mense vermoor; die res wat hulle tot die vyand gewend het, is daar vermoor. Elke Jood is voor die voet vermoor. Eers sowat 5 maande later, het die vernietiging tot ‘n einde gekom.
Titus het die verwoesting aan God se krag toegeskryf:
"Had not God himself (exclaimed he) aided our operations, and driven the Jews from their fortresses, it would have been absolutely impossible to have taken them; for what could men, and the force of engines, have done against such towers as these?"
Daarna het hy opdrag gegee dat die stad tot in sy fondamente afgebreek moes word en dat slegs die drie torings behoue moes bly as bewys van die vernietiging. Wat ook staande gebly het was ‘n deel van die Westelike Muur. Sommige Jode is gevange geneem om as gladiators op te tree in Rome, ander is verkoop as slawe. Die res is gedood.
Josefus se raming is dat een miljoen eenhonderdduisend Jode in Jersualem omgekom het. ‘n Stad van twee miljoen mense is vir alle praktiese doeleindes binne 5 maande met die grond gelyk gemaak. Die tempel se fondamente is ook uitgeruk en uitgeploeg sodat nie “one stone upon another” agtergelaat is nie.
Josefus is van mening dat die woorde van Matt 24:21 letterlik in vervulling gegaan het, naamlik dat “daar groot verdrukking sal wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou nie gewees het nie en ook nooit sal wees nie”. Geen ander stad het (in elk geval tot op daardie stadium) so-iets beleef nie. Titus was egter nie klaar met die Jode nie. Nog Jode sou vermoor word en te Massada het 960 Jode selfmoord gepleeg eerder as om oor te gee. Die (heidense) Joodse volk het inderdaad by die einde van die pad gekom. Judea is as ‘n woestyn agtergelaat. Daarvan lees ons in Jesaja 6:11-12. In sy geheel gesien was dit ‘n katastrofe. Josefus die Jood wat deur die Romeine gevang en aanvanklik in kettings gehou is, het dit alles gadegeslaan.
Omdat Josefus die inhoud van die Skrifte bestudeer en geken het, het hy ook die betekenis daarvan verstaan. Ongetwyfeld moes hierdie drie Evangelies se inhoud dus voor 70 n.C. aan Josefus bekend gewees en dus reeds opgeteken gewees het. Titus self was baie onwillig om die Jode aan ‘n slagting te onderwerp, maar hulle volgehoue ongehoorsaamheid, in stede van berou, het hulle die alleen-oorsaak gemaak waarom die profesie bewaarheid is. Die interessante van die saak is dat Jerusalem verwoes is nieteenstaande die feit dat Judea in elk geval onder Romeinse beheer was. Dit regverdig die afleiding dat die profesie bewaarheid moes word.
Jerusalem sou nie weer deur die Joodse volk van destyds (of hulle nasate) besit word nie, maar onder andere deur Romeine, Arabiere, Franke, Turke en nou gedeeltelik deur hoofsaaklik Azariese “Jode”. Die tempel is nog nooit herbou nie en selfs keiser Julianus in 363 n.C. kon nie daarin slaag nie. Enige tempel wat in elk geval daar sal herrys, sal ‘n heidense tempel wees.
Die Jode het van God vervreemd geraak en toenemend vyandig en afvallig geword. Hulle sou vreemdelinge in hulle eie land word, vervreem van God en vervreem van mekaar.
Die hele Skrif is deur God ingegee. Vir die Jode het dit beteken dat die verwerping van die Nuwe Verbond, ‘n verwerping van hulle hele geloof was.
Wat maak ons vandag van hierdie gebeure?
Die pragtige Messiah van George (Frideric) Händel is in 1741 gekomponeer. Aan die einde van die manuskrip het Händel geskryf "SDG"—Soli Deo Gloria, "Aan God alleen die eer". Hierdie inskripsie is aanduidend van ‘n Goddelike inspirasie– waar hy sy krag en musiek vir die Messiah gekry het, en soos gestel is, "he saw all heaven before him". Händel was ‘n Christen en alhoewel botsende uitsprake oor die betekenis van die oratorio bestaan, word ook oortuigend aangevoer dat dit gekomponeer is om die vernietiging van Jerusalem te vier. Vier? Waarom sou mens dit wou vier? Vir die eenvoudige rede dat:
1. Die vernietiging dui op die betroubaarheid van God se Woord;
2. Dat Jesus werklik die Seun van God is waar Hy presies dieselfde voorspel;
3. Die versekering dat God ongeloof straf en dat net soos die vernietiging voorspel is, die Wederkoms trouens in dieselfde skrifgedeeltes voorspel word;
4. Dat God Satan uiteindelik sal verslaan soos voorspel word in Openbaring;
5. Die vernietiging van Jerusalem is in sy gruwel-besonderhede die waarskuwing dat die God van genade ‘n streep trek waar ‘n ongelowige volk nie tot inkeer wil kom nie. Daar sal ‘n dag aanbreek dat Hy Hom sal vergeld. Dit wat met Jerusalem gebeur het moet dus as waarskuwing dien vir alle tye.
Ons kan, net op sterkte van hierdie profesie en die vervulling daarvan, sonder enige twyfel aanvaar dat Jesus die Seun van God is. Net Hy was in staat om so-iets te kon voorspel omdat Hy deur God geïnspireer was. Daar is niks wat daarmee kan vergelyk nie. Daarom juig ons en sing ons“halleluja” as ons verseker word en is van God se regverdige oordeel.
Die eindoordeel word ook in volledige besonderhede in veral die Nuwe Testament beskryf. Dit is ook ineen gevleg in die profesie oor die vernietiging van Jerusalem. Daardie dag sal veel erger wees. Op daardie dag sal daar nie meer genadetyd oor wees nie. Die genadetyd is nou. Daarom moet die vernietiging van Jerusalem vir ons die teken wees om werklik tot berou oor al ons sondes te kom.
Vir sover dit die Afrikanervolk betref, het meeste reeds afgedwaal en is daar dalk aan sommige geen keer meer nie. Hulle is op hulle eie missie. Vir die res van ons in hierdie heidenland is trek dalk nou onmoontlik, maar daar sal ‘n dag aanbreek dat trek nie net noodsaaklik sal wees nie, maar die enigste opsie. Soos dit was vir die gelowiges van Jerusalem.
(Mag dit die heidene wees wat trek! – Red)