Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
As ek kniel voor die Heer,
En vir Hom sê: "Ek het so seer!
O Heer U weet, ek kan net nie meer."
Dan hoor ek hoe sê die liewe Heer:
"Kom sit hier by My, bring jou seer,
Kom sit jou las en pyn by my voete neer."
WAAROM VSA ISRAEL MISBRUIK (2)
Israel waarvan Jerusalem die hoofstad is, is voortdurend in oorlog. Waarom? Glog tog maar vir Jesus wanneer Hy huilend die stad op 'n donkie inry en sê: "As jy tog maar geweet het, ja, ook in hierdie dag van jou, die dinge wat tot jou vrede dien! Maar nou is dit vir jou oë bedek. Want daar sal dae oor jou kom dat jou vyande 'n skans rondom jou sal opwerp en jou omsingel en jou van alle kante insluit. En hulle sal jou en jou kinders in jou teen die grond verpletter; en hulle sal in jou nie een klip op die ander laat bly nie, omdat jy die gunstige tyd toe God jou besoek het, nie opgemerk het nie." - Luk 19.
Kom ons kyk eers na watter lande die meeste aardgas het. Rusland, Iran en Qatar besit 54,1 persent van die wêreld se reserwes vloeibare aardgas.
-Rusland 24,3%,
-Iran 17,3%,
-Qatar, 12,5 % (in vennootskap met Iran)
versus
-5.3% vir die VSA
Ons sien dus wat die VSA graag by Rusland en Iran sou wou kry.
President Joe Biden het in September 2022 opdrag gegee om die ondersee Nord Stream-pyplyn vanaf Rusland op te blaas, wat glo volgens 'n Amerikaanse Oorlogswet in die Europese Unie geregverdig is. In die woorde van Biden:
"Daar sal nie meer 'n Nord Stream 2 wees nie". (Verklaring by die Withuis-perskonferensie,7 Februarie 2022)
Amerika se militêre agenda teen Rusland en Iran is 'n metode is om EU-energiepryse te verhoog, wat 'n manier van ekonomiese oorlogvoering teen die mense van Europa is.
DIE IRAN-QATAR AARDGAS-VENNOOTSKAP
Die maritieme gasreserwes van die Persiese Golf is onder 'n (gesamentlike eienaarskap) vennootskap tussen Qatar en Iran. Hierdie vennootskap ondersteun die mense van Palestina. Die Biden-administrasie is van plan om die Iran-Qatar-vennootskap te destabiliseer.
In Maart 2022 het Joe Biden ná 'n vergadering met Qatar se Emir, Sheik Tamin, Qatar aangewys as 'n belangrike nie-NAVO-bondgenoot van die Verenigde State. Dié spesiale status word deur die Verenigde State verleen aan hegte, nie-NAVO-bondgenote wat strategiese werksverhoudings met die Amerikaanse weermag het.
Wat op die spel is, is dwarssnyende koalisies: Qatar is 'n "vennoot" van Iran met betrekking tot die strategiese reserwes van maritieme gas in die Persiese Golf. Daar is geen formele militêre samewerking tussen die twee lande nie. Washington se onuitgesproke agenda is om Qatar se vennootskap met Iran te verbreek of te destabiliseer deur Qatar in die VSA-NAVO militêre wentelbaan te integreer.
Dit is opmerklik dat 'n paar dae voor die Hamas-aanval op 7 Oktober 2023, die Emir van Qatar, Sheik Tamin, die grondslag gelê het vir die Noordelike Koepel se uitbreidingsprojek in Iran se Pars South Field; dit strook met Qatar se strategie om sy posisie as 'n globale LNG- (vloeibare aardgas) -produsent te versterk ...
Hierdie gesamentlike gasveld, bekend as “South Pars” in Iran, is die grootste aardgasveld ter wêreld en bevat 50,97 triljoen kubieke meter gas en sowat 7,9 miljard kubieke meter aardgaskondensaat. Dit is dan ook duidelik waarom Amerika se Al-Udeid militêre basis in Qatar die grootste Amerikaanse basis in die Midde-Ooste is...
Qatar is nou beide 'n vennoot van Iran sowel as 'n groot nie-NAVO-bondgenoot van die VSA. Verslae bevestig die ontwikkeling van 'n noue verhouding tussen die bevelvoerders van die Amerikaanse lugmag en die Qatari Emiri-lugmag. Die Amerikaanse buitelandse beleidsdoelwit is om uiteindelik daardie "vriendskap" met Iran te vernietig.
Qatar, Rusland en Iran (die 3 grootste houers wêreldwyd van aardgasreserwes) het in 2009 'n ooreenkoms bereik om 'n 'Gastroika' te skep, 'n trilaterale gassamewerkingsentiteit wat die ontwikkeling van gesamentlike projekte insluit. 'n Groot aantal lande, insluitend Suid-Korea, Indië, Japan en China voer vloeibare aardgas (LNG) vanaf Qatar in. Die uitvoer van gas vanaf South Pars North Dome gaan deur Iran, Turkye en Rusland.
Verlede jaar (November 2022) het Qatar Energy 'n ooreenkoms van 27 jaar onderteken om China se Sinopec van vloeibare aardgas te voorsien. Qatar het ook 'n strategiese alliansie met China.
Washington se doelwit onder die dekmantel van Amerika se "Nie-NAVO Alliansie" met Qatar is:
- Verbreek die Qatar-Iran-vennootskap;
- Sluit Iran uit van die gesamentlike maritieme gasveld;
- Oefen Amerikaanse beheer uit oor die maritieme gasveld in die Persiese Golf;
- Verswak en deaktiveer die ‘Gastroika’ (Rusland, Iran, Qatar);
- Skep chaos in die globale energiemark;
- Ondermyn die handel in vloeibare aardgas (LNG) na talle lande.
Iran beklee wêreldwyd die derde plek met sy oliereserwes (12% van wêreldwye oliereserwes) teenoor 'n skamele 4% vir die VSA. Dit alleen is genoeg rede vir die gulsige Amerika om ‘n oorlog teen Iran te begin. Al die onderduimse planne wat Amerika reeds gemaak het om sy kloue op Iran se aardgas te kry om sodoende homself daardeur te verryk, stuur af op ‘n vernietigende konfrontasie met Iran.
Vervolg... Strategiese Waterweë: Die Ben Gurion-kanaalprojek