Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Weet jy dat Jesus jou sondes aan die kruis gestraf het sodat jy vergewe kon word? Gaan lei dan met dankbaarheid 'n vrugbare lewe tot eer van sy heilige Naam.
DIE WESTE SAL ONTHOU WORD...
...VIR HULLE ROL IN DIE VOLKSMOORD OP PALESTINA
The Economist, ‘n Britse tydskrif, het 'n artikel gepubliseer waarin hulle voorgee wat die rede is waarom meer as die helfte van die Palestyne wat vermoor word, kinders is. Die skrywers probeer ‘n vergelyking tref met wat in die Oekraïne gebeur waar minder as 550 van die ongeveer 9 800 burgerlike sterftes sover kinders is. Hulle is van mening dat die enorme dodetal van kinders die Gasa se “besonder jeugdige demografie weerspieël”. Die waarheid word egter nie genoem dat soveel kinders sterf as gevolg van die aanhoudende aanvalle, een oorlogsmisdaad na die ander, teen die burgerlikes wat geen skuiling het nie. Dit word gedoen in die nastrewing van 'n strategie van kollektiewe straf wat neerkom op volksmoord en etniese suiwering, met die volle ondersteuning en hulp van die VSA.
Khaled Elgindy, direkteur van die Midde-Ooste Instituut se Program oor Palestina en Palestyns-Israeliese Aangeleenthede, het in Newsweek verduidelik dat die verontmenslike retoriek die idee aan die leser oordra dat “die lewens, lyding en menslikheid van Palestyne minder werd is as die lewens, lyding en mensdom van Israeli’s.” Die Palestyne word uitgeskel vir “diere” en “wilde karikature”. En soos die volksmoord- en Holocaust-kenner Raz Segal bevind het, is die Israeliese oorlog op Palestina 'n "handboeksaak" volgens die kriteria van die 1948 VN-volksmoordkonvensie.
The Economist se boodskap kom hard en duidelik deur: Gasa se kinders sterf in massas, nie omdat Israeli's hulle vermoor nie, maar omdat daar so baie van hulle is. En dan word die kat uit die sak gelaat met die volgende stelling: “Die hoë geboortesyfers is 'n anomalie wat verklaar moet word aan die hand van militante politiek, naamlik die pro-natalisme van Palestynse leiers, van die PLO se oorlede Yasser Arafat tot Hamas.” Kortom, Palestyne word uitgebeeld as mense wat hul eie voortplanting en dus hul kinders as wapen wil gebruik. Palestynse kinders word bestempel as “’n strategie van langtermyn demografiese oorlogvoering”. Hierdie stelling is dus ‘n erkenning dat Israel daarop uit is om juis die kinders te teiken en sodoende te sorg dat daar nie ‘n volgende geslag is wat teen Israel kan opstaan nie.
Palestynse leiers is boonop nie die enigstes met gedagtes oor demografie nie. Inderdaad, demografiese beleid was die kern van die Sionistiese projek van die begin af in die laat negentiende eeu, in twee vorme: as 'n konstante pro-aktiewe bekommernis oor die verhoging van die aantal Joodse setlaars en 'n ewig-aanhoudende vrees vir groei van die Palestynse bevolking. Sedert die eerste etniese suiwering van die oorgrote meerderheid Palestyne (ten minste 700 000), wat tydens die Arabies-Israeliese Oorlog van 1948 plaasgevind het, was die vermindering van hul getalle een van die hoofredes waarom Israel die Palestyne die reg van terugkeer toegelaat het soos bevestig in die VN se Algemene Vergadering resolusie 194. Maar Israel beskou Palestyne en hul kinders steeds as 'n fundamentele bedreiging vir nasionale veiligheid, en dit is een van die ergste struikelblokke in die weg van 'n skikking wat geregtigheid aan die Palestyne sal bring.
Hoe dit gebeur dat 'n “gesogte, meningvormende publikasie” soos The Economist met so 'n artikel wegkom in 'n tyd van voortdurende aanvalle op Gasa waarin meer as 10 000 mense vermoor is, ongeveer die helfte van hulle kinders, kan aan net een rede toegeskryf word – die internasionale geldmagte sit agter die hele saak.
Fyn waarnemers wys daarop dat die Weste se steun aan Israel hom die bietjie aansien wat hy nog oor het, nou verloor. Want wat nog erger is as die taal van ontmensliking, is dat dit glad nie 'n randverskynsel is nie: in die Weste is die deelneem aan volksmoordbevorderende praktyke ‘n gewoonte. Die Weste, terwyl hy voorgee dat hy regverdige waardes handaaf, het 'n lang rekord van verbysterende geweld gekombineer met verstommende skynheiligheid. Maar op hierdie oomblik in hierdie voortspelende geskiedenis, is die gruwelike mishandeling van die Palestyne – in woord en daad – sy enkele mees gruwelike verdorwenheid. En die mensdom sal nie vergeet of vergewe nie.