Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ek is 'n oumens wat baie bekommernisse geken het, maar die meeste van hulle het nooit gerealiseer nie. Nou besef ek dat bekommernis 'n vyand van die lewe is, 'n vorm van ateïsme, want dit veronderstel ongeloof in die bestuur van God in my lewe. En nou laai ek my bekommernisse by God af en weier om dit môre weer op te laai.
DIE JODE EN DIE OU TESTAMENT
Dr Danie Theron
Matt 15:3 Waarom oortree julle ook die gebod van God ter wille van julle oorlewering?
In ‘n vorige artikel is daarop gewys dat die Jode met die geloof bekend as die Judaïsme-aanhang, nie die Ou Testament as gesagsbron het nie, maar wel die Babiloniese Talmoed. Hierdie feit is nie alombekend in die Christendom nie.
Baie Christene (indien nie die meeste nie) dink dat dié Jode net oortuig moet word van Jesus; dat Hy die beloofde Messias is. Gevolglik is hulle van mening dat ons en hierdie Jode eintlik baie naby aan mekaar is en dat hulle ons “bure” is; ons “broers”.
Wel, dit is baie ver van die waarheid. Indien die Talmoed van nader bekyk word, sal mense geskok wees oor wat die inhoud behels.
Hoe het die Talmoed ontstaan? Die Fariseërs en skrifgeleerdes het reeds voor die koms van Jesus talle reëls neergelê wat die Jode moes gehoorsaam. Jesus was dus ook talle kere daarmee gekonfronteer dat Hy die “oorlewering van die ou mense” oortree het. Dit was reëls wat sogenaamd afgelei was van die wet (die Tien Gebooie).
Daar is geen duideliker woord oor hierdie oorleweringe as Jesus se antwoord op die Fariseërs en skrifgeleerdes in Mattheus 15:6 nie:
So het julle dan die gebod van God kragteloos gemaak ter wille van julle oorlewering.
Reeds in Jesus se tyd dus, was die “oorleweringe” , soos dit toe bekend was, dikwels in stryd met die gebod van God.
In Mattheus 23:1 spreek Jesus ‘n baie duidelike woord tot die Fariseërs:
Maar wee julle... geveinstes, want julle sluit die koninkryk van die hemele toe voor die mense.
Jesus noem hulle dus huigelaars, mense wat voorgee om te wees wat hulle nie is nie. Vanweë hulle ongeloof en eiegeregtigheid sal hulleself in die koninkryk nie ingaan nie en deur hulle misleiding en die misbruik van hulle vertrouensposisie verhinder hulle ook ander om in te gaan.
Deur hulle “oorlewering” het hulle en dié wat hulle gevolg het, al verder van die Woord van God beweeg. In die proses is die Ou Testamentiese Israelitiese geloof gebring na ‘n Joodse Judaïstiese godsdiens. So is die Heilige Skrif se boodskap stap vir stap verduister.
Só het ‘n oorgang plaasgevind soos die Torah, dié Mosaïese wetsprofesie, die profete en die geskrifte; ja, die geloof in die koms van die Messias, na die Babiloniese Talmoed, die Joodse selfverheerliking.
Wat beteken dit?
Die Fariseërs was al so ver van die spoor af met die koms van Jesus dat hulle teleurgesteld was toe hulle sien en hoor wie Hy was. Hulle het iemand verwag wat hulle sou verheerlik – ‘n koning vir die Jode, nie ‘n Verlosser van gelowiges nie.
Met al hulle kennis en met alles wat hulle van Hom gesien het – sy wonderwerke – het hulle presies geweet wie Hy was. Ja, dat Hy die Messias was. Dit was vir hulle nie aanvaarbaar nie. So tree daar by hulle ‘n verharding in. In Johannes 8 lees ons wat met hulle gebeur:
- moord in hulle hart (v 40)
- verwerp die waarheid (v 40)
- liefdeloos teenoor God se boodskappe (v 42)
- het die Duiwel as vader (v 44)
- hulle glo nie in Jesus nie (v 46)
- hulle onteer die Seun (v 49)
- hulle ken God nie (v 55).
Dit is Jesus self wat dit sê!
So het die Fariseërs volkome ongelowig geword. Hulle het die genade van God verwerp.
Hulle het ook geweet dat Jesus uit die dood opgestaan het. Die getuienis daarvoor was oorweldigend. Dit was vir hulle die laaste strooi.
Na Jesus se hemelvaart het die vervolging van Christene deur hierdie Jode in alle erns begin. Daarvan lees ons in die Nuwe Testament.
Intussen het hierdie Jode hulle weg na Babilon gevind waar die Babiloniese Talmoed sy beslag gekry het. Dit wil sê, ‘n geskrif wat oorlog teen Jesus en die Christendom verklaar het. Hierdie geskrif word, soos reeds genoem, die hartklop van die Judaïsm genoem. Jesus, Maria en die Christendom word in die smerigste terme belaster.
Die punt is, as jy Jesus verwerp, moet jy die Ou Testament ook verwerp want die Ou Testament getuig van Jesus! Daarom kan hierdie Jode nie meer die Ou Testament enige staanplek gee nie.
In Johannes 14:6 lees ons:
Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur my nie.
Toegang tot God kan alleen deur Jesus geskied. Sonder die Nuwe Testament, sonder Jesus, kan die God van die Ou Testament nie gevind word nie. Hoe op dees aarde kan mense dan nog sê dat daar Jode is (of hulle nou Judaïste of wat ookal), wat net in die Ou Testament glo?
Tersaaklik is: jy glo in albei of in niks. Dit is waar dié Jode staan wat Jesus verwerp – tóé en nóú!
Dit is nie om dowe neute dat aan Johannes op Patmos onder meer die volgende geopenbaar is nie:
Ek ken... die lastering van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar ‘n sinagoge van die Satan. (Op 2:9)
Ja, die Jode wat Jesus, die Nuwe Testament en die Ou Testament verwerp het, is nie meer lede van die ware volk van God, die nuwe Israel nie, maar satanskinders.