Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ons weet dat 'n testament deur 'n persoon opgestel word wanneer hy nog leef, en dat dit eers in werking tree wanneer die testamentmaker te sterwe kom. Ook in die Bybel het sterfte met bloed 'n verband; daarom het ook die 1e Testament (die OT) met bloed gepaard gegaan toe diere geoffer is en hulle bloed vir mense as boetedoening moes dien. Die Nuwe Testament het ook met bloed gepaard gegaan toe Christus se bloed vir ons gevloei het. En die erfenis wat ons uit sy Testament ontvang, die ewige lewe, is die grootste nalatenskap wat enigiemand kan erf!
VSA SE TESTOSTEROON- TEKORT OORSAAK VAN ISRAELOORLOG
Daar is geen verskoning vir Israel se onoordeelkundige bombardement op Gasa nie. Die Gasa-gruwel kan nie geregverdig word nie – Poetin
In die VSA sien ons hoe die mans in die politiek almal 'n lot papbroeke is. Die hele spul is met geld omgekoop. En die kussings is so sag...
‘n Tyd gelede het 'n vrou in die Amerikaanse kongres opgestaan teen Israel. Nie eenmaal nie, maar reeds drie maal.
1. Eers het sy gesê "Israel hypnotized the world".
2. Toe stel sy dat die hele kongres pro-Israel is want die Jode het hulle omgekoop.
3. En haar laaste aanklag is dat die lede trou sweer aan Israel en nie aan hulle eie land nie.
Ilhan Omar is afkomstig van Somalië en was toe lid van die Demokratiese Party. Sy het sowaar moed aan die dag gelê om in die Joodsbeheerde politiek van Amerika sulke waarhede te verkondig. Die mans se reaksie? Hulle het soos een papbroek opgestaan en haar uitlatings verwerp.
Ja, swart of te nie, hierdie vrou het die hele spul in die skadu gestel. In die VSA het manlike politici baie duidelik 'n gebrek aan testosteroon. Hierdie papbroeke besef nie eers dat hulle optrede aan hoogverraad grens nie. Sweer trou aan Israel ten koste van jou eie land!
Die voortslepende krisis in die Midde-Ooste het begin met ‘n terugaanval op Israeliese burgers omdat die Palestyne moeg is van onderdrukking deur Israel wat hulle voedsel- en mediese voorrade afsny, paaie blokkeer en lank reeds alles in hulle vermoë gedoen het om die Palestyne die woestyn te laat invlug – Israel se begeerte in hulle eie woorde. En die rede vir hierdie reeds langtydse verdrukking van die Palestyne gaan alles oor die ondergrondse gas waaroor Israel beheer wil kry. Maar eintlik Amerika...
Russiese president Vladimir Poetin het die voortslepende bombardementveldtog wat deur Israel teen die Palestynse enklave van Gasa gevoer word, veroordeel en verklaar dat dit nie deur enigiets geregverdig kan word nie:
“Die verskriklike gebeure wat tans in die Gaza-strook afspeel, wanneer honderdduisende onskuldige mense onoordeelkundig vernietig word, nêrens het om heen te vlug nie, nêrens om weg te steek vir bombardemente nie, kan deur niks geregverdig word nie. Wanneer jy kyk na bebloede kinders, dooie kinders, lyding van bejaardes en die dood van medici , dan knal vuiste en trane stroom.”
Die uitgebreide gevegte tussen Hamas en Israel het op 7 Oktober begin met 'n verrassingsaanval wat deur die Palestynse militante groep geloods is in die hoop dat die wêreld kennis sal neem van Israel se jarelange wanoptrede teen Palestina. Maar in plaas daarvan het Israel gereageer met massiewe lug- en artilleriebombardement teen Gasa. Daarvoor het Amerika gesorg deur alle morele steun asook wapens en ander behoeftes aan Israel te voorsien – want die ondergrondse gas is vir hulle meer werd as enige lewe. Meer as 8 000 Palestyne, insluitend meer as 3 300 kinders, is volgens plaaslike gesondheidsowerhede vermoor. In Israel is maar sowat 1 400 tydens die konflik dood, te midde van ‘n groot bohaai daaroor in die liberale media. Min is berig oor die pyn en lyding wat reeds jare lank in die Gasa-strook plaasvind! Hier kom 'n groot oorlog waarin Amerika saam met Israel staan!