Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
By geleentheid het ’n predikant met ’n myner oor verlossing in Jesus gepraat. Die man kon nie glo dat ’n sondaar hom net tot Jesus kan draai en sy sondes is vergewe nie. “Dis te goedkoop!” het hy teengestribbel. Daarop het die dominee hom gevra hoe hy elke dag uit die myn kom? “Met die hysbak” het hy geantwoord. “Hoeveel betaal jy om daarmee na bo te kom?” vra die dominee. “Niks nie” antwoord die myner. “Is jy nie bang om met die hysbak op te kom aangesien dit te goedkoop is nie? “ het die dominee gevra. “Nee,” antwoord die man, “dit was goedkoop vir my, maar nie vir die maatskappy wat miljoene betaal het om daardie skag te sink nie!”
WAT HOU ONS TOEKOMS IN?
Ons lees in die Bybel uit Openbaring 8 en 9 oor ‘n kernoorlog wat sal plaasvind. Die Bybel het heelwat te sê oor die einde van die wêreld en die voorspelling van ‘n oorlog in hoofstuk 8 en 9 toon groot ooreenkoms met hoe ‘n kernontploffing verloop. As voorbeeld lees ons in Openbaring 8 vers 10:
En die derde engel het geblaas, en *’n groot ster wat soos ’n
fakkel brand, het uit die hemel geval, en dit het geval op ’n derde van *die riviere en op die waterfonteine.
Die bom wat op Hirosjima gegooi is, het nie op die grond ontplof nie. Dit het 510 meter bokant die stad ontplof. Dit kan dus lyk soos ‘n groot brandende fakkel wat uit die hemel val. En waar dit val maak dit ‘n groot gat in die grond en die rook van die ontploffing wat opstyg vergelyk so reg met die beskrywing in Openbaring 9:
1 EN toe die vyfde engel blaas, sien ek *’n ster wat uit die
hemel op die aarde geval het, en aan hom is *die sleutel van
*die put van die afgrond gegee.
2 En hy het die put van die afgrond oopgemaak, en daar het rook opgekom uit die put soos rook van ’n groot oond, en die son en die lug is deur die rook van die put verduister.
In ‘n kernontploffing word een derde van die gesamentlike energie in die vorm van hitte vrygestel. In Hirosjima het hierdie hitte vuurbolle met ‘n deursnit van 400 meter elk gevorm. In 'n baie groot kernontploffing sal die rook en hitte die son, lig en lug verduister. Wetenskaplikes noem dit “skemerte op middaghoogte” – die opeenhoping van donker stofdeeltjies wat lig absorbeer en weerkaats. Hierdie verskynsel het die verduistering van die son se lig tot gevolg.
Die reusagtige vernietiging wat hierdie oordeel meebring deur ‘n derde van omtrent alles op aarde te vernietig, is presies wat ‘n kernoorlog sal doen. Ook dat die skade daarvan vir baie lank aanhou, kan ons uit Openbaring 9 maklik as die gevolge van kernskade verstaan:
5 ...maar dat hulle vyf maande lank gepynig sou word; en hulle pyniging was soos die pyniging van ’n skerpioen wanneer hy ’n mens steek.
6 En in dié dae *sal die mense die dood soek en dit nie vind nie; en hulle sal verlang om te sterwe, en die dood sal vir hulle wegvlug.
Lees gerus die uittreksel uit Openbaring 8 en 9 heelonder aan hierdie artikel en vergelyk die simboliese beskrywing daarvan met dié van ‘n kernoorlog.
Daar is natuurlik nie net fisiese pyn en lyding ná so ‘n oorlog nie maar ook hongersnood en siektes. Uit Openbaring 6 wil dit voorkom asof dit reeds vóór die Derde Wêreldoorlog ‘n erge wending neem. Hoe erg sal dit nie wees ná so ‘n oorlog nie!:
5 En toe Hy die derde seël oopgemaak het, hoor ek die derde
lewende wese sê: Kom kyk! En ek het gesien, en kyk, daar was *’n swart perd; en hy wat daarop sit, *het ’n skaal in sy hand.
6 En ek het ’n stem tussen die vier lewende wesens hoor sê: ’n
Rantsoen koring vir ’n penning en drie rantsoene gars vir ’n
penning; en *moenie die olie en die wyn beskadig nie.
7 En toe Hy die vierde seël oopgemaak het, hoor ek die stem van die vierde lewende wese sê: Kom kyk!
8 En ek het gesien, en kyk, daar was ’n *vaal perd. En hy wat
daarop sit, sy naam is die dood, en die doderyk het hom gevolg. En aan hulle is mag gegee oor die vierde deel van die aarde om dood te maak *met swaard en hongersnood en pes en deur die wilde diere van die aarde.
Elke jaar vermeer die wereldbevolking met meer as ‘n 100 miljoen. Negentig jaar gelede was die bevolkingsgroei 15 miljoen per jaar. Volgens ‘n verslag van die Millennium Institute was daar op 28 Junie 1996 5 7770 840 851 mense op aarde. Met die huidige aanwas sal ons binnekort nie meer genoeg grond hê om die nodige hoeveelheid voedsel te voorsien nie. As ons volgens die huidige voedselgebruik die grond bereken wat oor twintig jaar beskikbaar sal wees, het ons klaarblyklik reeds in 1987 die punt verbygesteek waar almal genoeg plantaardige voedsel kan bekom. Met hierdie beperkte bronne is dit duidelik dat ons in die gesig gestaar word deur ‘n wêreldwye hongersnood en dat konflik tussen ryk en arm sal dreig. En hierdie hongersnood sal nie langer beperk word tot binne die grense van Somalië of Soedan nie.
Oor dodelike siektes hoef ons nie eers te praat nie. Almal is bewus van virusse soos die MIV-virus, verskeie soorte kankers veral dié as gevolg van giftige stowwe wat ons inneem hetsy eet of inasem. Dan noem mens eerder nie eers dié siektes wat deur die Geldmag en sy seekatarms versprei word juis om die wêreldbevolking te verminder nie.
Wat hou die toekoms dus vir ons in? Om wetenskaplikes oor toekomstige wêreldtoestande aan te haal: vergiftigde water, uitwissing van talle spesies, oorverhitting van die aarde, die opgebruik van natuurlike hulpbronne, vernietiging van woude, voordurende natuurlike en tegnologiese rampe – dit alles toon perfekte ooreenkomste met voorspellings uit die boek Openbaring. En waar ons nou eerstehands met die begin van die Eenwêreldregering te make het wat deur die Antichris bedryf sal word, moet ons begin besef dat ons werklik in die eindtyd leef. Nie dat die aarde oormore sal vergaan nie want vir die Here is ‘n duisend jaar soos ‘n dag en andersom, lees ons in die Woord. Maar dat ons aan die begin van groot ellende staan blyk ‘n volkome feit te wees. En die verloop dáárvan, sal ons ook in Openbaring vind.
Maar vind dan vrede in die feit dat Christus in beheer van hierdie dinge staan. Ons kan deur te bekommer geen el of voet of sentimeter by ons lengte of ons lewensduur voeg nie. Weet dat Hy sy kinders nie ván hierdie dinge sal bewaar nie maar bínne hierdie tye sal beskerm; jou geloof hierin sal jou van emosionele en geestelike ondergang red.
OPENBARING 8
3 En ’n ander engel het gekom en met *’n goue wierookbak by die altaar gaan staan, en baie reukwerk is aan hom gegee, om dit met *die gebede van al die heiliges op *die goue altaar voor die troon te lê;
4 en die rook van die reukwerk het met die gebede van die heiliges uit die hand van die engel opgegaan voor God.
5 En die engel het die wierookbak geneem en *dit met vuur van die altaar volgemaak en dit op die aarde gegooi; en daar het *stemme gekom en donderslae en weerligte en aardbewing.
6 En die sewe engele met die sewe basuine het hulle gereed gemaak om te blaas.
7 En die eerste engel het geblaas, en daar het *hael en vuur gekom met bloed gemeng, en dit is *op die aarde gegooi. En ’n derde van die bome het verbrand, en al die groen gras het verbrand.
8 En die tweede engel het geblaas, en iets soos ’n *groot berg wat brand met vuur, is *in die see gegooi. En ’n derde van die see *het bloed geword,
9 en ’n derde van die lewende skepsele in die see het gesterwe, en ’n derde van die skepe het vergaan.
10 En die derde engel het geblaas, en *’n groot ster wat soos ’n fakkel brand, het uit die hemel geval, en dit het geval op ’n derde van *die riviere en op die waterfonteine.
11 En die naam van die ster word genoem *Alsem; en ’n derde van die waters het als geword, en baie mense het gesterwe van die water, omdat dit bitter geword het.
12 En die vierde engel het geblaas, en ’n derde van *die son is getref en ’n derde van die maan en ’n derde van die sterre, sodat ’n derde van hulle donker sou word en die dag vir sy derde deel nie lig sou gee nie, en die nag net so.
13 En ek het gesien en gehoor ’n engel wat in die middel van die hemel vlieg, wat met ’n groot stem sê: *Wee, wee, wee hulle wat op die aarde woon, vanweë die orige geluide van die basuin van die drie engele wat nog sal blaas!
OPENBARING 9
1 EN toe die vyfde engel blaas, sien ek *’n ster wat uit die hemel op die aarde geval het, en aan hom is *die sleutel van *die put van die afgrond gegee.
2 En hy het die put van die afgrond oopgemaak, en daar het rook opgekom uit die put soos rook van ’n groot oond, en die son en die lug is deur die rook van die put verduister.
3 En uit die rook het daar *sprinkane uitgekom op die aarde, en aan hulle is mag gegee soos die skerpioene van die aarde mag het.
4 En aan hulle is gesê *dat hulle nie die gras van die aarde of enige groenigheid of enige boom moet beskadig nie, maar net alleen die mense wat *die seël van God nie op hulle voorhoofde het nie.
5 En dit is aan hulle gegee, nie om hulle dood te maak nie, maar dat hulle vyf maande lank gepynig sou word; en hulle pyniging was soos die pyniging van ’n skerpioen wanneer hy ’n mens steek.
6 En in dié dae *sal die mense die dood soek en dit nie vind nie; en hulle sal verlang om te sterwe, en die dood sal vir hulle wegvlug.
7 En *die voorkoms van die sprinkane was soos dié van perde wat vir die oorlog toegerus is, en op hulle koppe was iets soos krone wat net soos goud gelyk het, en hulle gesigte was soos die gesigte van mense.
8 En hulle het hare gehad soos vrouehare, en *hulle tande was
soos dié van leeus.
9 En hulle het borsharnasse gehad soos van yster, en die gedruis
van hulle vlerke was *soos die gedruis van baie strydwaens met
perde wat opruk na die oorlog.
10 En hulle het sterte gehad soos dié van skerpioene, en daar was angels in hulle sterte, en hulle mag was om die mense vyf maande lank skade aan te doen.