Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ons leef vandag in 'n immorele, wanordelike, vuil en korrupte bestel in ons land. Die hele wêreld is min of meer so want owerhede self stel die bepalings in. Uniek dat God self vir Israel hul Teokratiese bepalings gegee het (Levítikus); toe was daar higiëne, hoë morele waardes, en alle sosiale misstappe is deur God-voorgeskrewe prosedure hanteer en daarom het dit nie in chaos ontaard nie.
KANKER MBT SUIKER EN VET
‘n Tyd gelede het ‘n referaat van die MD Anderson Kankersentrum inTexas ‘n paar interessante misverstande in verband met kanker opgeklaar.
In die onlangse afgelope jare is talle diëte, onder andere ketogeniese diëte, geprys vir hul vermoë om kanker te voorkom en te behandel. (Ketogeniese diëte is gebaseer op ‘n hoë proteïn- en ‘n lae koolhidraat-inname.) Hierdie begrip blyk uiteindelik een van die misverstande te wees.
“Sommige van die idees rondom glukosevoeding waar kanker teenwoordig is, spruit uit twee basiese misverstande,” sê Dinkov,’n navorser van die betrokke onderwerp. "Een van die misverstande is dat kanker, 'n bose sel, geneties gemuteer is en dat jou enigste kans op oorlewing is om al daardie selle dood te maak, want hulle sal nie vanself weggaan nie.
“Eerstens is dit nie waar nie. Spontane remissies van kanker is deesdae welbekend; dit wissel wel na gelang van die soort kanker. Prostaatkanker byvoorbeeld, het 'n redelik hoë tempo van spontane remissie en hoë genesingsyfers.”
Volgens die MD Anderson Kankersentrum was daar nog altyd die begrip dat mutasies in kankerselle plaasvind en dán word die sel metabolies versteur. Maar dit lyk of die medici dit net verkeerdom gehad het. Dit het deur nuwer navorsing duidelik geword dat die metaboliese versteuring in spesifieke selle eerste plaasvind, en met verloop van tyd veroorsaak dit genetiese mutasies omdat die sel, wat 'n energietekort het (glukose), nie sy struktuur behoorlik kan handhaaf nie. Hierdie ontdekking het groot erkenning geverg en moeilik om by die medici tuis te bring.
Die aanbeveling van die MD Anderson Kankersentrum, is om nié die kankersel te probeer doodmaak nie, want dit is oorspronklik nie 'n kankersel nie maar 'n normale sel wat metabolies versteur is.
As dit met enigiets vergelyk kan word, sou dit 'n diabetiese sel wees. Dit is nou bekend dat diabetes veroorsaak word deur hiperlipidemie – te veel vet in die liggaam, te veel vet in die bloed. Basies sit die selle vas in oksiderende vette, as gevolg van die Randle-siklus. (Die Randle-siklus is die mededinging tussen glukose en vetsure, vir opname en oksidasie in spier- en vetweefsel.) So word ‘n groot deel van die glukose in diabetes-gevalle, uitgewerp omdat dit nie gemetaboliseer kan word nie – of dit skakel om in melksuur.
Die MD Anderson-verslag beweer dat presies dieselfde ding in kankergevalle gebeur. Daar is 'n abnormale tempo van vetsuuroksidasie – as gevolg van die ooraanbod van vet sit die sel vas tydens die siklus.
Die 'kankersel' kan die glukose nie regtig metaboliseer nie. Maar die sel het glukose vir 'n verskeidenheid doeleindes nodig – nie net om energie te verskaf nie, maar ook om DNS en RNS te sintetiseer. En hierdie twee kan slegs uit glukose gesintetiseer word, nie uit vette nie. Eintlik smeek die kankersel en sê: “O help my, ek is in 'n toestand van uiterste tekort aan glukose. Gee my tog meer!” Dus verhoog die sintese van die glukose-vervoerders bekend as GLUT(1) tot GLUT(4). Dit is waarom, wanneer 'n kankerpasiënt 'n bietjie radio-aktiewe suiker ontvang, dit meestal in die gewas ophoop, want die gewas het 'n baie hoër kapasiteit vir opname van suiker. Maar, en dit is die belangrikste verskil: dit het 'n baie laer kapasiteit om daardie suiker te oksideer. So, daar word baie radio-aktiewe suikerophoping in die gewas gesien, maar die meeste daarvan word na melksuur omgeskakel. Daarom het die MD Anderson-verslag gepleit: “Ons moet iets doen wat die sel uit sy gestresde toestand kry.”
Almal het reeds saamgestem dat oormatige oksidasie van vet 'n strestoestand is. En ons wil nie melksuur laat produseer nie, maar solank die vet oor-oksideer, sal meer glukose opgeneem en meer melksuur geproduseer word.
Verskeie studies is sedertdien gedoen waarvan die inhoud beklemtoon het hoe die aanbod van vet beperk moet word. Hierdie wending laat mens aanvaar dat vet die probleem is.
Daar is eintlik net twee makrovoedingstowwe wat na die sel kan gaan. As ons aanvaar dat kanker hoofsaaklik 'n metaboliese siekte is, en as 'n sel net vet of glukose kan oksideer, dan moet die probleem die vet wees as dit nie die glukose is nie. Daar is niks anders nie.
En as dit nie die mutasies is nie – as die mutasies sekondêr is tot die metaboliese versteuring – moet dit een van hierdie twee makrovoedingstowwe wees wat ons kan manipuleer om werklik te probeer om die kanker te genees. Hulle het reeds glukosebeperking probeer: dit het kanker nie genees nie. Dit het wel 'n versagtende uitwerking van chemoterapie tot gevolg gehad, maar dit het nie tot werklike kankerremissie gelei nie.
So, nou terug by die saak om die aanbod van vet te beperk. Veelvuldige navorsingstudies het getoon dat die toediening van die betablokker propranolol, lipolise (vet in die bloed en weefsel) verlaag.
Die manier waarop bloeddruk met propranolol verlaag word, is deur adrenalien te blokkeer. As jy adrenalien blokkeer, verlaag jy ook lipolise, want adrenalien is die primêre aktiveerder van die hormoon-sensitiewe lipase-ensiem. In hierdie proses word die toevoer van vet van jou eie weefsel na die gewas beperk.
Met verskeie navorsingstudies is probeer om kankerpasiënte deur middel van lae-vet diëte te help, en daar was goeie resultate. Nie ten volle genesing nie, maar goeie resultate. Waar propranolol toegedien is, het die propranolol egter volle remissie van die kanker meegebring.
Nou is die uitdaging om op ‘n natuurlike wyse die vetinhoud van die bloed en weefsel laag te hou sodat kankers in die eerste plek nie ontstaan nie. Maar dit is ‘n bespreking vir ‘n ander keer.