Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
As die hoof van ‘n land onreg bedryf en bose wette uitvaardig, mag die gelowige hom nie daarin volg nie. In hierdie verband spel Hand.5:29 vir gelowiges die goue reël uit waar ons lees: “En Petrus en die apostels antwoord en sê: Ons moet aan God meer gehoorsaam wees as aan die mense”.
GELDMAG SE VOLGENDE BOSE PLAN
NET ZERO – EUGENIKA VAN MENS EN DIER
Die mensdom het die afgelope paar jaar bekend geraak met ‘n paar nuwe terme soos die “Nuwe Wêreldorde”, “The Great Reset” en ‘n paar ander. Ons sal binnekort ook kennis maak met “Net Zero”.
“Net Zero” is 'n diaboliese agenda wat deur die kabaliste verkoop word as 'n “reddingsformule” vir die mensdom en die aarde. Dit kom voor asof die term gekies is om die aarde te beskryf wanneer niks meer oorgebly het nie, en volgens die geldmag se verwagting teen 2050 behaal is.
Hoe wil hulle daarin slaag? En wat word dan van hulle self?
Die World Economic Foundation (WEF) tree op as hoofspeler van die projek eers bekend as “Stop Global Warming”, 'n projek waartydens hulle wou keer dat 'n “dodelike vorm van antropogeniese verhitting”, glo veroorsaak deur die verbranding van fossielbrandstowwe, “die aarde sou vernietig”. Intussen is die projek herbenoem na “Stop Climate Change” en toe is die groot vyand glo koolstofdioksied (Co2). Intussen het hulle stilweg Co2 as die aartsbooswig van die afgelope drie dekades laat vaar en probeer nou om eenvoudige ‘koolstof' die bron van al ons ellende te maak. (Beide gasse is kleurloos, reukloos en onsigbaar met een verskil: Co2 is nie-brandbaar – ‘n vlam sal in die teenwoordigheid van Co2 eerder doodgaan.)
Dit is ‘n baie goeddeurdenkte plan om die wêreldbevolking te help verminder en sluit goed aan by hulle “inentingsprogram” om mense uit te wis.
Wanneer die aarde se koolstofdioksied tot nul afgebring is, sal alle plantlewe wat vir sy groei van hierdie aardgas afhanklik is, uitsterf. Onthou dat plante suurstof produseer waarvan mense en diere afhanklik is. So, wat die uitvinders van “Net Zero” blykbaar voorstaan, is om alle plant-, diere- en menselewe teen 2050 te finaal te beëindig.
Kom ons ondersoek die geskiedenis 'n bietjie meer deeglik.
Met 'n bietjie elementêre navorsing onthul 'n mens dat wat uit fabriekskoorstene kom nie Co2 is nie. Dit is meestal waterdamp, stikstofoksiede, koolstofmonoksied, metaan en verskeie vorme van deeltjies met Co2 minder as 5% daarvan.
Met wetenskaplike toetse uitgevoer oor die samestelling van die boonste atmosfeer, is bevind dat mensgemaakte Co2 'n bydrae van net 0,04% van natuurlike atmosferiese Co2 lewer.
Kan dit wees dat al tweeduisend 'wetenskaplikes' in diens van die Internasionale Kommissie vir Klimaatsverandering (IPCC) nie daarin geslaag het om biologie op hoërskool deur te kom nie – en toe emeritus-kundiges oor klimaatsverandering geword het?
Die feit is dat 'Net Zero' vir ons sê dat 'ons, die mense' uitgewis gaan word, saam met die flora en fauna van die planeet, terwyl die elite-kabaal wat hierdie leuenprojek bestuur, hul eie unieke Co2-ondergrondse berging-ekosfeer geskep het van florerende plante, suiwer water en al die voedingstowwe wat nodig is om soos voorheen voort te gaan.
Gekyk vanuit die perspektief van ‘n psigopaat, sou een van die eerste dinge wat gedoen moet word om 'die planeet te red', wees om 'n oortuigende rede te vind om ontslae te raak van die antropogeniese (menslike) oorsaaklike faktor agter die 'vernietiging van die planeet'.
Maar intussen wil Herr Schwab en sy aspirant-span handlangers hê dat ons “gelukkig moet wees”, en het dit daarom goed gevind om al ons private eiendom en rykdom te verwyder en dit vir hulself te hou – sodra die ontvolkingsproses goed genoeg gevorder het en mits daar min of geen weerstand teen hul slenter kom nie.
Jesus Christus sê: “Dit is makliker vir 'n kameel om deur die oog van 'n naald te gaan as vir 'n ryk man om in die Koninkryk van die Hemel in te gaan.” Kan dat wees dat Schwab en sy hoofadviseur Noah Yuval Harari, die Bybel bestudeer en kennis geneem het van dié woorde van Jesus? Hulle wil dus vriendelik die verwydering van die rykdom vir ons doen, ons bevry van ons private rykdom en ons dus bevry van die materiële bande wat ons verhoed om die Koninkryk in te gaan... ’n Mens kan aan Schwab se neerbuigende houding teenoor sy handuitgesoekte diktators sien dat hy trots daarop is dat hy so ’n gerieflike manier gevind het om die hemel se poorte vir die mensdom oop te maak en daardeur terselfdertyd “die wêreld van aardverwarming te red”.
Dit alles is net die voorloper vir ons 'nie-psigopate' om opgegradeer te word bekend as “Transhumans”. En om hierdie een te verkoop is dalk nie so moeilik nie, want die verkoopslagspreuk sal wees ‘Laat ons jou denke vir jou doen.’ En aangesien 'n taamlik beduidende deel van die mensdom grootliks onbekwaam lyk tot sinvolle denke, kan dit redelik maklik wees om aan hulle die bykomende gerief te verkoop dmv 'n stukkie tegnologie om 'n mens se breinselle te aktiveer. Teen 2050 sal hierdie Transmense benodig word as slawe in die psigopate se ondergrondse paleise.
Dié psigopate het reeds 'n groot persentasie mense laat sterf deur middel van gewapende “entstowwe” en 'n oorvloed van spesiale laboratorium-ontwerpte siektes. Hierdie hele proses kom neer op ‘n soort 'eugenika van mens en natuur'. Maar God laat nie toe dat die satan God se skepping ontdaan maak nie en Hy sal op sy eie tyd hierdie bose planne in die wiele kom ry!