Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Omdat die HERE jou gemaak het ken Hy jou deur en deur, of jy dit nou wil weet of nie. Daarom het Hy medelye met jou swakhede en verdelg jou nie oor jou sonde nie maar vergewe jou in liefde en verwyder jou oortredinge dan so ver as die ooste van die weste verwyderd is. En dán word die jeug binne jou so nuut soos 'n arend, sê Dawid in Ps 103.
WAT HET HIERDIE LANDE IN GEMEEN?
Daar word tans ‘n gerug rondgestuur dat Tunisië in Noord-Afrika, Kenia in Oos-Afrika en Nigierië in Wes-Afrika, ook op Maandag 20 Maart 2023 in beplande opstande teen hulle regerings gaan protesteer, net soos Suid-Afrika in die suide van Afrika se klaarblyklike plan is. Dit klink na ‘n te groot toeval want alhoewel almal Afrika-lande, is dié lande in die vier windrigtings, ver uitmekaar en gesamentlike beplanning baie onwaarskynlik. Ons sal natuurlik nie voor die tyd weet of enigiets daarvan waar is nie maar dit laat ‘n mens dink aan nog ‘n gesig wat Siener gesien het, dat wanneer ons eindelik die 2e oorlog in ons land teen die geldmag gevoer en hulle uit die land verdryf het, ons ‘n baie groter land gaan terugkry as waar ons oorspronklike grense getrek was. Dit is nie onmoontlik nie dat lande wat wel aan Suid-Afrika strek, deur selfvernietiging vorentoe by ons ingelyf kan word. Maar die tyd sal ons leer hoe hierdie gesig tot realiteit sal kom.
Dit bly egter interessant om te weet waarom hierdie lande wel probleme met hulle regerings het. Dit mag dalk vir ons baie na Suid-Afrika lyk...
Kom ons kyk eers na die onrus in Tunisië. Hulle het die afgelope tyd aansienlike agteruitgang in vryheid van uitdrukking en die pers ervaar. Die owerhede het aktiviste, joernaliste, politieke teenstanders en sosialemediagebruikers geteister, gearresteer en vervolg vir spraakoortredings, insluitend vir kritiek op president Saied, die veiligheidsmagte en die weermag. Daar is tans ‘n gewelddadige verhouding tussen die jeug en die veiligheidsmagte.
In 2021 is ‘n nuwe grondwet opgestel in die proses van “demokrasie” (ons hier in SA sal weet waaroor dit werklik gaan). Daar was presidensiële maatreëls om die parlement te skors en die vorige regering af te dank. Sedertdien het die spanning gegroei, sosio-ekonomiese toestande aanhou versleg, en die risiko's van onrus het toegeneem (anders as in SA toe die vorige regering sonder weerstand die land aan terroriste oorgegee en die liberaliste gejuig het oor die “vredevolle nuwe reënboognasie wat nou in liefde gaan saamleef – mens wonder wat hulle tans te sê het want dis maar bietjie stil daaikant...)
Terug by Tunisië: toe spring USIP in – “The U.S. Institute of Peace”. “USIP werk direk met die Tunisiese regering en die burgerlike samelewing om bestuur te verbeter, konflik te bestuur, veiligheidsektorhervormings te implementeer, vertroue tussen burgers en die staat te herbou, en om toestande te help skep wat meer bevorderlik is vir 'n demokratiese oorgang.” Enigiemand wat die internasionale geldmag se werkswyses ken sal verstaan wat hier gebeur het. Laat ons verduidelik:
Gedurende die koloniale tydperk, toe Tunisië 'n protektoraat van Frankryk was, was mynbou 'n groot deel van die ekonomie, veral in landelike gebiede. Gendarmes (paramilitêre polisie-offisiere) is deur die koloniale polisiemag gevorm en is gebruik om arbeidsonrus te onderdruk, veral tydens die Groot Depressie. Dit het gelei tot werkloosheid in die mynbedryf.
Werksgeleenthede in mynbou het gedurende die 1970's in Tunisië verder begin afneem. Ná die Tunisiese Rewolusie van 2010 waarin president Zine El Abidine Ben Ali afgesit is, het mynbou in Tunisië ernstig afgeneem. Dit is gevolg deur landwye arbeidsgeskille en stakings.Teenstand teen die huurpraktyke by die myne van die Compagnie des phosphates de Gafsa in Gafsa het gelei tot 'n betoging wat meer as ses maande geduur het. In 2011 het verdere betogings vir meer as drie jaar by die myne in Moularès en Redeyef voortgeduur, wat gelei het tot versperde paaie en die staking van mynbedrywighede – wat alles daarop dui dat daar ‘n politieke agenda daaragter was. En as die VSA in die vorm van USIP tans so nou betrokke is met die Tunisiese regering vir sogenaamde vrede terwyl die politieke- en ander protesoptogte al meer word, weet ons dat Amerika sy oog op Tunisië se ondergrondse rykdomme het. Tunisië is wel ‘n baie klein landjie met ‘n bevolking van net oor die 12 miljoen – maar oënskynlik ‘n begeerlike plek vir die geldmag van die wêreld.
’n Jaar nadat Tunisiese president Kais Saied begin het met ’n reeks skuiwe wat presidensiële magte uitgebrei het, is daardie nuwe grondwet wat die presidensie verder bemagtig deur middel van ’n referendum waaraan slegs 30 persent Tunisiërs deelgeneem het goedgekeur. Eens aangekondig as die enigste demokratiese sukses van die Arabiese opstande, is Tunisië se demokratiese toekomsbaan nou meer onseker as ooit ná dié grondwetlike referendum.
Ons kyk volgende keer na die twee ander lande; waarom daar ook groot opstand teen die regerings plaasvind.