Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die uitdeel van geskenke tydens 25 Desember word geregverdig deur te sê dat die wyse manne mos ook geskenke gegee het. Maar, hulle het nie vir mekaar geskenke gegee nie, net vir die Here Jesus. Dalk moet ons begin dink wat ons vir Hom kan gee...
DAAR íS GEEN KLIMAATSVERANDERING!
Nog een van die talle leuens van die Wêreldgeldmag is dat daar ‘n gevaarlike klimaatsverandering besig is om plaas te vind wat rampspoedige gevolge sal hê. Daarom is baie mense wêreldwyd bekommerd oor die sogenaamde klimaatsverandering en glo werklik daar is 'n klimaatsnood. Vir dekades is ons deur die Verenigde Nasies vertel dat koolstofdioksied (CO2) vrystellings as gevolg van menslike aktiwiteite die “rampspoedige klimaatsverandering” veroorsaak. In 2018 het 'n VN IPCC-verslag selfs gewaarsku dat “ons 12 jaar het om die aarde te red”, wat miljoene mense wêreldwyd in 'n staat van histerie gelaat het.
Vyf-en-dertig jaar gelede het die Verenigde Nasies se Omgewingsprogram (UNEP) en die (Wêreld Meteorologiese Organisasie) WMO die Intergouvernementele Paneel oor Klimaatsverandering (IPCC) gestig om wetenskaplike advies oor die komplekse onderwerp van klimaatsverandering te verskaf. Die paneel is gevra om, gebaseer op beskikbare wetenskaplike inligting, 'n verslag op te stel oor alle aspekte wat relevant is tot klimaatsverandering en die impak daarvan en om realistiese reaksiestrategieë te formuleer. Die eerste assesseringsverslag van die IPCC het gedien as die basis vir die onderhandeling van die Verenigde Nasies se Raamwerkkonvensie oor Klimaatsverandering (UNFCCC). Regerings wêreldwyd het hierdie konvensie onderteken en daardeur 'n aansienlike impak op die lewens van die wêreldbevolking gehad.
Baie wetenskaplikes betwis openlik die VN-bevorderde mensgemaakte klimaatveranderingsteorie, en baie mense wêreldwyd is verward deur die onderwerp, of is onbewus van die volle feite.
Baie min mense delf werklik in die data, hulle aanvaar bloot die VN IPPC verslae. Tog het baie hoogs gerespekteerde en vooraanstaande wetenskaplikes presies dit gedoen en gevind dat die VN-bevorderde mensgemaakte klimaatsveranderingteorie ernstig gebrekkig is. Is jy bewus daarvan dat 1500 van die wêreld se voorste klimaatwetenskaplikes en professionele persone in meer as 30 lande 'n verklaring onderteken het dat daar geen klimaatsnood is nie en die Verenigde Nasies se aansprake met betrekking tot mensgemaakte klimaatsverandering weerlê het? Kyk hier:
Mark Keenan, voormalige wetenskaplike, het ook hierdie verklaring onderteken. Hy het ondervinding in die veld as wetenskaplike by die Departement van Energie en Klimaatsverandering in die Britse regering. Hy is ook ‘n voormalige personeellid by die Verenigde Nasies se Omgewingsafdeling, waar hy verantwoordelik was vir die diens van die Besoedelingsvrystelling en -oordragregisterprotokol, 'n multinasionale omgewingsooreenkoms wat die monitering van besoedelingstowwe na grond, lug en water wêreldwyd behels. Hy beweer dat werklike besoedeling bestaan, maar dat die probleem nie CO2 is nie. Industriële globalisering het baie stowwe geproduseer wat as besoedelstowwe geregistreer is, insluitend duisende nuwe mensgemaakte chemiese verbindings, gifstowwe, nanopartikels en geneties gemodifiseerde organismes (GMO's) wat in stryd is met die wetenskaplike voorsorgbeginsel.
'n Boek wat hy onlangs gepubliseer het, verskaf ook genoegsame bewyse en getuienis van bekende wetenskaplikes dat daar geen klimaatsnood is nie. Die boek met die titel 'Transcending the Climate Change Deception Toward Real Sustainability' is beskikbaar op amazon.
Ook die Irish Climate Science Forum (ICSF) is 'n waardevolle hulpbron wat deur Jim O'Brien gestig is. Hulle doen uitstekende werk om die wetenskaplike gebreke in die VN-klimaatvertelling uit te lig. Die ICSF bied 'n omvattende lesingreeks van bekende internasionale wetenskaplikes wat baie bewyse, ontledings en data verskaf wat die VN-bewerings weerspreek.
Die ICSF-wetenskaplike siening stem ooreen met dié van die Climate Intelligence (CLINTEL)-stigting wat op die gebied van klimaatsverandering en klimaatbeleid werksaam is. CLINTEL is in 2019 deur emeritus professor in geofisika, Guus Berkhout en wetenskapjoernalis Marcel Crok, gestig. 20 Ierse wetenskaplikes en verskeie ICSF-lede het saam met die Climate Intelligence-stigting ‘n Wêreldklimaatverklaring opgestel. Hier volg ‘n uittreksel:
“Daar is geen klimaatsnood nie. Daarom is daar geen rede tot paniek en alarm nie. Natuurlike sowel as antropogeniese faktore veroorsaak verwarming: Die geologiese argief onthul dat die aarde se klimaat gewissel het so lank as wat die planeet bestaan het, met natuurlike koue en warm fases. Die Klein Ystydperk het so onlangs as 1850 geëindig. Daarom is dit geen verrassing dat ons nou 'n tydperk van opwarming beleef nie. Opwarming is baie stadiger as wat voorspel is: Die wêreld het aansienlik minder opgewarm as wat deur IPCC voorspel is op grond van gemodelleerde antropogeniese forsering. Die gaping tussen die werklike wêreld en die gemodelleerde wêreld sê vir ons dat ons nog lank nie klimaatsverandering verstaan nie.”
Die realiteit is dat die klimaat natuurlik en stadig in sy eie siklus verander, en sonaktiwiteit is die dominante faktor in klimaat en nie Co2 nie. Ons kan tot die gevolgtrekking kom dat koolstofvrystellings of metaan van vee, soos koeie, nie die dominante faktore in klimaatsverandering is nie. In wese het die onophoudelike VN-, regering- en korporatiewe media-geproduseerde klimaathisterie met betrekking tot koolstofvrystellings en metaan van koeie dus geen wetenskaplike basis nie.
Let daarop dat die VN nie fokus op die duisende werklike besoedelende stowwe wat korporatiewe industriële globalisering skep nie. Dus weet ons dat hulle nie werklik omgee vir besoedeling nie maar ‘n afleidende bohaai maak met ‘n verskuilde agenda wat alles moet meewerk tot ‘n Eenwêreldregering waarin die wêreldbevolking tot slawe gedwing word.
Moenie alles glo wat u deur die media hoor nie. Inderwaarheid, in hierdie dae behoort u heeltemal niks te glo wat daar berig word nie. Doen u eie navorsing uit geloofbare bronne wat geskool is in hul vak en weet waarvan hulle praat!