Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Jou lewe is werklik wat jou gedagtes daarvan maak. Dink dan reg. Dink vrolik. Dink eerlik. Dink sonder vrees. Jou hele persoonlikheid word bepaal deur die dinge waaraan jy dink. As Christen moet jy ook dink aan jou geloof en jouself met jou denke hierin versterk.
GEHEIME HEERSERS
Klaus Dieter Vaqué
"Die wêreld word deur heeltemal ander vooraanstaande mense regeer as wat 'n mens dink, as jy nie agter die skerms kan inkyk nie." – Benjamin Disraeli, Britse staatsman (1804-1881)
Ongeveer 200 jaar gelede het die politieke strukture van die Westerse beskawing onder die invloed van liberale kragte begin vloeibaar raak en toe verander. Die resultaat van hierdie verandering was die sogenaamde demokratiese regeringsvorms, waarin (minstens teoreties) die mag moes uitgaan "van die volk."
'n Mens kan natuurlik oor die voor- en nadele van demokratiese regeringsvorms verskillende opinies daarop nahou, maar wat in elk geval vasstaan, is dat onvoorspelbare moontlikhede daardeur geskep is om draers van politieke beslissings, wat dikwels net enkele jare die mag in hande het, te beïnvloed en te kontroleer. Die deure is wyd oopgemaak vir die moontlikheid van korrupsie, afpersing, baantjies vir boeties en magsgierigheid.
Vir baie politici beteken demokrasie byna altyd ook gebruikmaking van 'n kort, kosbare tydjie by die middels tot magsuitoefening en by die staatsmiljoene van die belastingsbetalers. 'n Mens kry dan reise en spyse verniet, skenk "ontwikkelingshulp"-miljoene aan Swart despote en korrupte generaals, laat jou deur die massastroom meevoer en bied aan die volk so veel "brood en sirkusse" tot die staatskas leeg is. Die hoofsaak is dat jy weer die verkiesing wen.
Dit was invloedryke magte wat hierdie ontwikkeling met krag bevorder het. So is die politieke adel deur wetgewing sistematies verarm, in 'n slegte lig gestel en van sy invloed beroof; konings, keisers en tsaars, wat die welsyn en die onafhanklikheid van hulle volkere op die hart gedra het, is magteloos gemaak, selfs vermoor of slegs nog as versierselfigure van hulle staat toegelaat — 'n staat wat voortaan "demokraties" regeer sou word, d.w.s. deur die onkritiese, na eiebelang en lekkerkry strewende volksmassa.
Vir magte wat strewe na die politieke kontrole oor state, is die voordele van so 'n regeringsisteem voor-die-hand-liggend. 'n Monarg wat sy hele lewe lank regeer en outomaties deur sy seun opgevolg word, het noodwendig meer belang by die welsyn van sy land as 'n volksverteenwoordiger wat net vir 'n kort tyd gekies word. Aangesien hy nie weer gekies moet word nie, hoef hy nie na die guns van die volk te vry nie, maar kan inderdaad so regeer soos dit die gunstigste en voordeligste vir die geheel sou wees.
Grootdoenerige wêreldreise, belastingvrye onthaalgelde en magsbesit sou vir 'n monarg, wat deur sy geboorte aan bewind gekom het, geen lokmiddel wees om desnoods teen die belange van sy eie staat in op te tree nie soos wat vandag om verkiesingsredes dikweis gebeur! Dit is ook 'n bewustelik verspreide dwaalleer dat demokratiese regeringsvorms die staat en derhalwe die belastingbetaler minder kos as bv. 'n regerende monargie of 'n keiserhuis. Dit is doelbewuste waninligting om die volksmassa te beïnvloed. Die verkwisterige prag en praal waarmee verkose volksverteenwoordigers gedurende die kort tyd van hulle mag dikwels wil spog, oortref verreweg die hofhoudingskoste van 'n lewenslank regerende monarg.
Ons het so gewoond geraak aan 'n demokratiese ordening van die maatskappy dat ons dit deesdae as die laaste en hoogste gedagte vir 'n regeringsisteem beskou. Ons vergeet intussen die historiese ervaring, dat elke demokrasie nog altyd ook die kiem van selfvernietiging in homself gedra het. Ons kan maar net dink aan antieke Griekeland en aan die ondergang van die magtige Romeinse Ryk, waar "demokratiese" siekteverskynsels beslissend bygedra het tot vinniger venial van hierdie wêreldryke.
As ons dink aan die huidige sedeloosheid, kultuuragteruitgang en die God-verwerpende strewe na die materiële van die Westerse volkere met hulle Babilon (Amerika) op die voorpunt van degenerasie en perversie, kan 'n mens niks anders doen nie as om raak te sien dat ook hierdie beskawing lankal op die afdraand is.
Die "geheime heersers" van ons wêreld besit ook hierdie dieptekennis van ons tydsgewrig en maak gebruik — of liewer misbruik — van die moderne mensdorn se swakhede. Sedert eeue herbestudeer hulle al die wyse waarop die massas reageer en span hierdie kennis vir hulle planne in. Soos skape wat ter slagting gelei word, stoot en manipuleer hulle die massas van die wêreld in die rigting van die einddoel wat hulle alleen helder en duidelik in die oog het. Met duiwelse inspirasie en fanatieke ywer volg hulle hulle plan van geslag tot geslag. Van elke middel, hoe verkeerd ookal, maak hulle gebruik. Die vlamme van oorlog en rewolusie word telkens deur hulle aangesteek en aangeblaas; rniljoene menselewens is al geëis langs die pad van hulle magsgierigheid. Hulle god is die Mammon en Lucifer is hulle wegwyser. Wie in hulle pad gaan staan, word genadeloos vernietig.
Na buite doen hulle hulle voor as filantrope, as gelukverskaffers vir die mensdom wat met vrygewige geldgeskenke optree vir 'n nuwe, beter wêreld. Inderwaarheid wil hulle die mensdom "bevry" van elke greintjie vryheid wat daar nog vir hulle oorgebly het.
Rekenaars, kredietkaarte en kontantlose geldoordrag is belangrike onderdele van hulle apparatuur om die massas in hulle mag te kry. Hulle mikpunt is die totale mag en kontrole oor alle mense op ons planeet. Vir die meeste mense is hulle onsigbaar, maar tog beïnvloed en staan hulle agter alle belangrike regerings van die wêreld. 'n Totalitere wêreldorde, 'n wêreldregering en 'n gemonopoliseerde ekonomiese sisteem — dit is waarna hulle strewe, dit is wat hulle wil beheers en kontroleer. Met hulle geld en hulle goud wil hulle dit bereik.
Dit is die kliek van internasionale mega-bankiers — 'n klein groepie superryk familiedinastieë, die room van die room van die hiperrykes. Hulle is die geheime besitters van die sentrale banke, die verantwoordelikes van die Wêreldsionisme en die Kommunisme. Hulle program is gebaseer op Adam Weishaupt se eeuoue Illuminateplan en die uitbouings daarvan deur die berugte "Protokolle van die Wyses van Sion," 'n meesterplan, waarvan beweer word dat dit deur Jode opgestel is ter verowering van die wêreldheerskappy, maar waarvan die outentisiteit deur die Sionistiese organisasies driftig ontken word.
Hierdie dokumente het vir die eerste keer onder publieke aandag gekom toe daar in 1785 'n merkwaardige ongeluk plaasgevind het. Die geskiedenis vertel ons dat 'n berede koerier, ene mnr. Lanze, van Frankfurt na Parys gehaas het om vir die geheime Illuminatebond opdragte vir die beplande Franse rewolusie daarheen te bring. Die dokumente het gekom van die Illuminate in Duitsland en was bedoel vir die Grootmeester van die Grootlosie van Frankryk in Parys.
In Des Griffin se boek "Wer regiert die Welti71 (Engelse titel: "Descent into Slavery") is die "Protokolle" as 'n byvoegsel gedruk met die titel "Protokolle van die werelddiktatuur: die nuwe testament van Satan." In die boek word vertel wat daar gebeur het en wat daarop gevolg het:
"Die koerier is deur 'n weerligstraal getref. Al die papiere het in die hande van die polisie beland wat hulle aan die regering van Beiere oorhandig het. Hulle het beveel dat daar 'n klopjag gemaak moet word op die Illuminate-hoofkwartier wat verdere dokumente opgelewer het. So is daar ontdek dat die samesweerders wêreldwye mikpunte het. Al die sorgvuldig gedokumenteerde bewyse is aan die regerings van Engeland, Duitsland, Oostenryk, Frankryk, Pole en Rusland besorg maar geeneen van hierdie regerings het ag op die waarskuwings geslaan nie; die rede hiervoor is onbekend, maar waarskynlik was dit deur die invloed van Illuminate wat die regerings binnegedring het of van regeringsmense wat as Illuminate gewerf is. Vier jaar later het ‘n ontploffing gevolg: die Franse Rewolusie het uitgebreek wat orals in Europa veranderings aan die gang gesit het." (b1.245).
Alhoewel dit nie bewys kan word wie die outeurs was van die sogenaamde "Protokolle van die Wyses van Sion" nie is dit seker dat daar oor die egtheid van die dokumente geen twyfel kan wees nie. Die verloop van die wêreldgeskiedenis wat tot vandag toe so verbasend oreenkom met die uiteensetting in die dokumente, bring mee dat 'n mens geen ander gevolgtrekking kan maak nie. Die basiese idee van Weishaupt kom in die "Protokolle" altyd weer te voorskyn, naamlik die vernietiging van alle wettige regerings, godsdienste en nasies en die oprigting van 'n universele despotisme om die verslaafde massas met terreur en geweld te kan oorheers.
Die verbinding van die "Protokolle" met Joodse belangegroepe het sy oorsprong in 'n boek wat in 1905 uitgegee is deur 'n sekere professor Serge Nilus, 'n medewerker van die Moskouse Ministerie van Buitelandse Sake. 'n Kopie van hierdie boek is in die Britse Museum en die aanwinsstempel toon die datum 10 Augustus 1906.
Dis eienaardig dat dit nooit in sy geheel vertaal is nie. In 1920 is daar skielik een hoofstuk daarvan in Engels vertaal en dit het 'n onbeskryflike opskudding verwek, so skryf Douglas Reed in sy boek "The Controversy of Zion” wat in 1978 verskyn het.
Die een hoofstuk is in Engeland en Amerika gepubliseer onder die titel "The Protocols of the Learned Elders of Zion". Reed het nie daarin geslaag om vas te stel of hierdie titel in die oorspronklike boek gestaan het en of dit eers met die vertaling daaraan gegee is nie. Hy skryf (bl. 211): "Toe die "Protokolle" in Engels verskyn het, is daar aan die minder belangrike vraag wie die outeur was groot belangrikheid toegedig deur die woedende Jode in hulle aanvalle op die dokument. En tog was die beskuldiging dat die rewolusionêre sameswering deur Jode gelei is, glad niks nuuts nie; die leser het gesien dat Disraeli, Bakunin en baie ander dit al voorheen bevestig het. In hierdie geval was daar geen bewys vir die bewering dat daar 'n spesiale samekoms van Joodse samesweerders was nie en 'n mens sou dit maar kon geïgnoreer het ..."
Hy gaan voort: "Die reaksie van die amptelike Jodedom in 1920 was gerig op die hele inhoud van die "Protokolle"; hulle het nie net ontken dat daar 'n Joodse sameswering was nie, maar het ontken dat daar enige sameswering was. Dat dit nie waar was nie, was toe al bewys. Die bestaan van die sameswering was al opgemerk en bevestig deur 'n lang ketting van belangrike outoriteite beginnende by Edmund Burke, George Washington en Alexander Hamilton tot by Disraeli, Bakunin en baie ander. Wat meer is: toe die "Protokolle" in Engels veskyn het, was hulle inhoud deur die gebeurtenisse in Rusland alreeds bevestig. Daarom het die wyse waarop die Jode aangeval het, die publiek net nog meer laat twyfel; hulle het eenvoudig al te kwaai geprotesteer."
Reed is van mening dat hierdie Joodse aanval 'n herhaling was van dit wat al tydens die Franse Rewolusie gedoen is toe voorstanders van 'n openbare ondersoekkommissie tot swye gebring is, naamlik Robison, Barruel en Morse. Hierdie drie manne het nie eers 'n aanduiding gemaak van Joodse aandadigheid nie; hulle is net om een rede swartgesmeer, naamlik omdat hulle die aandag van die publiek daarop gevestig het dat die sameswering nog voortgaan en op die feit dat die Franse Rewolusie maar net die eerste uitbarsting van 'n voortgaande proses was.
"Die aanval op die "Protokolle" in 1920 bewys bo enigiets anders dat die bewerings daarin waar is," skryf Reed. "Dit toon dat die bestaande organisasie sy metodes van onderdrukking van openbare bespreking van die sameswering in die afgelope 120 jaar baie verbeter het. Nooit tevore in die geskiedenis is daar waarskynlik soveel moeite en geld bestee om 'n enkele dokument te onderdruk nie."(bl.212)
Vervolg...