Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ons mag ook op God staat maak dat Hy ons liggame beskerm - Dawid sê God is vir hom alles, sy Erfenis, Onderhouer van sy hele toekoms, en hy weet dat God sy siel nooit aan die doderyk sal oorgee nie, daarom skuil hy by Hom, en, sê Dawid, "...ook sal my vlees in veiligheid woon."
DIANA EN DIE NUWE WÊRELDORDE
Wat sou Diana en die NWO met mekaar te doen hê?
Die dood van die koningin van Engeland laat ‘n mens weer aan haar lewe en dinge waarby sy betrokke was dink. Een daarvan is natuurlik die dood van Diana wat 25 jaar gelede plaasgevind het en nie ‘n ongeluk was nie maar in opdrag van die koningshuis deur MI-6 uitgevoer is.
‘n Onlangse transkripsie deur Alexandra Bruce op die “Verbode Kennis” TV-kanaal is deur Greg Reese bespreek waarin die verband tussen die Nuwe Wêreldorde (NWO) en die dood van Diana duidelik word. Nou moet mens ook weet dat die afgestorwe koningin ‘n belangrike lid van die NWO was. En dit is nie om dowe neute dat Charles nou as koning met die hef in die hand, die hele “Reset”-proses gaan versnel nie. Die hele koningshuis is lede en leiers in die NWO, dus 'n belangrike deel van die internasionale Geldmag.
Kom ons kyk waar hierdie mense vandaan kom.
Die koninklike familie, oorspronklik bekend as die Saxe-Coburg Gotha-bloedlyn, het hul van na Windsor verander om meer Brits te klink. Hul “ingeteelde” familie word teruggevoer na Vlad die Impaler, andersins bekend as "Dracula" en het verskeie trotse Nazi's in die familie, insluitend prins Philip.
Die noukeurige beplanning van koninklike bloedlyne was die rede vir die huwelik tussen Diana en Charles – as gevolg van Diana se Merovingiese adelike herkoms.
Die koninklike familie is behep met heidense rituele en okkultiese bedrywighede. Rituele is bedoel om aanskou te word en die dood van Diana is deurtrek met sataniese ritueel. Maar voordat ons na haar dood kyk, laat ons eers die rituele tydens haar lewe verduidelik.
Diana en Charles is getroud in die St Paul's Katedraal wat deur die koninklike familie besit word en gebou is op die terrein van 'n tempel wat aan die godin, Diana, gewy is. Volgens okkultiese oortuigings was godin Diana, Lucifer se metgesel en op 13 Augustus 1313 het hulle 'n magiese dogter met die naam Aradia voortgebring. In Vrymesselary staan hierdie selfde trio bekend as Osiris, Isis en Horus.
Ná die geboorte van prins William het Diana 'n bedreiging vir die gesin geword. Sy het groot invloed gehad en dit gebruik om die familie se “kragtige belange” te ontbloot. Sy het besef haar lewe is in gevaar en het aan verskeie vriende gesê die familie gaan haar laat doodmaak.
Minder as 'n maand voor haar dood het Diana ‘n familievriend, Dodi Fayed, begin sien.
31 Augustus is die sataniese rituele offerdatum vir die godin Diana, dus is hierdie dag gekies om Diana van Wallis uit die pad te kry. Die Pont de l'Alma-tonnel in Parys, Frankryk, is ook toegewy aan die godin Diana. Reg onder hierdie tonnel is ‘n ondergrondse kamer vir die rituele bloedofferaanbidding aan die godin Diana. Volgens getuies het 'n groep motorfietse met 'n wit Fiat Uno saamgewerk om die motor waarin Diana was in die tonnel te laat bots; eerstens, deur middel van verblindende ligflitse, gevolg deur 'n ontploffing teen die voorband van die Mercedes. Die hoofstroommedia het valslik berig dat dit paparazzi was wat haar gejaag het.
Binne die tonnel het Diana se Mercedes in die 13de pilaar vasgery. Haar minnaar, Dodi Fayed, is saam met die bestuurder by impak dood.
Die amptelike storie is dat hulle haar dooie liggaam uit die motor bevry het, maar verskeie getuies sê dat Diana by haar bewussyn was.
Foto's wys dat die agtersitplek van die motor waar sy gesit het onbeskadig was. Getuies het by die polisie gepleit om die deur oop te maak en haar te help. Dit het sowat 40 minute geneem om haar uit die motor en in die ambulans te kry.
Toe hulle eindelik in die ambulans is, het dit ongeveer nog 40 minute geneem om 'n hospitaal te kies en toe hulle uiteindelik vertrek, het die ambulans teen 'n slakkepas gery en verskeie plekke gestop. Dit het ongeveer 40 minute geneem om minder as 4 myl te ry.
Op die ongelukstoneel is dokters weggewys. Getuies is deursoek. Daar is beslag gelê op kameras. Geen bewyse is ingesamel nie. Geen bloedmonsters is geneem nie. En teen 03:00 is die hele toneel met hoëdruk waterslange afgespuit.
Mercedes self wou die wrak bestudeer om te sien waarom dit verongeluk het, maar hulle is dit geweier.
Al 17 kameras op die roete van die ongeluk was geheimsinnig afgeskakel en daar is gevind dat alle radiopolisie se frekwensies afgeskakel is.
Getuies is aangerand, gedreig en gedwing om te verdwyn sodat daar geen ondersoek moes plaasvind nie – tot die geregtelike doodsondersoek 10 jaar later waartydens die eerste keer verneem is dat Diana reeds in 1996 'n nota geskryf het wat sê dat iemand haar in 'n motorongeluk gaan laat sterf. Hierdie nota was vir ses jaar weggesteek.
Tydens die geregtelike doodsondersoek het 'n voormalige MI-6-agent beskryf hoe hy in 1992 dieselfde moordplan vir 'n moontlike MI-6-sluipmoord op Slobodon Milosevic aan MI-6 aangebied het. Hy was oortuig dit was MI-6 wat Diana vermoor het.
By die geregtelike doodsondersoek het kenners saamgestem dat Diana sou oorleef het as hulle haar reguit na 'n hospitaal gebring het maar hierdie uitspraak is ook onder die mat ingevee.
Die saak is afgehandel toe die hof besluit het dit was ‘n militante groep wat haar laat vermoor het, en natuurlik is daar nooit ‘n ondersoek gedoen om die groep op te spoor nie.
Diana se liggaam is eers na die koninklike familie geneem, wat haar voortplantingsorgane verwyder het [met die hulp van Michael Burgess, die adjunk-lykskouer van die koningin se huishouding] voordat haar oorskot begrawe is.
Die hele gebeure klink soos ‘n voorbladverhaal – dit wil sê as jy nie besef dat die hele ding 'n sataniese ritueel was nie.
Uit Diana se storie besef mens weer hoe omvangryk die werke en die vermoëns van die NWO is. Hulle laat niks in hulle pad staan nie – dit het ons nou weer met die gifinspuiting gesien: miljoene mense het reeds as gevolg daarvan gesterf, en baie miljoene gaan nog daarvan sterf maar hierdie sataniese spul rykes kan gekeer word as ons gewone mense weier om meegesleep te word.
Hoe lank gaan ons dan nog swyg as ons Christelike norme afgetakel word? Moet ons swyg as ons vermoor word; moet ons oor alles swyg omdat ons bang is? Nee, ons durf nie verder swyg nie. Al word dit lewensgevaarlik om die waarheid te praat, is dit noodsaaklik dat volksgenote dit moet hoor en die satan teenstaan!