Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Daar is 'n egte manier om jou rykdom te meet: moet dit nie meet aan wat jy besit nie maar meet dit aan dié dinge wat jy nooit vir geld sal verruil nie.
DIÉ WAARHEID ‘N TRAGIESE IRONIE
Wat kan goed wees aan wêreldhonger? Baie, volgens 'n artikel geskryf deur die nou afgetrede professor in politieke wetenskap van die Universiteit van Hawaii, George Kent. Die artikel is die eerste keer in 2008 bekend gestel en het vir meer as 'n dekade grootliks ongemerk gebly, al is dit, vreemd genoeg, op die Verenigde Nasies se webwerf gepubliseer.
Dit was eers toe die artikel weer op Twitter verskyn het dat dit viraal geraak het – en dit is toe onmiddellik deur die VN verwyder. In reaksie hierop het die UN Chronicle getwiet:
“Hierdie artikel het 14 jaar gelede in die UN Chronicle verskyn as poging tot ‘n satire en was nooit bedoel om letterlik opgeneem te word nie. Ons is bewus gemaak van die mislukking daarvan, selfs as ‘n satire, en het dit van ons webwerf verwyder.”
Kent, wat nou die adjunkredakteur van die tydskrif World Nutrition is, het egter aan Newsbusters gesê dit is nie die geval nie. "Ek het dit nooit as ‘n satire bedoel nie. My hoofpunt was en is steeds dat sommige mense by die bestaan van honger in die wêreld baat. Dit help om te verduidelik waarom honger op baie plekke so aanhoudend voorkom.”
‘Niemand werk harder as honger mense nie’
Die kern van Kent se artikel – satire of te nie – is dat die elite-klas 'n duidelike motivering het om nie 'n einde te maak aan wêreldhonger nie, want as almal goed gevoed is, is daar dalk niemand wat bereid is om goedkoop arbeid en slawewerk te verrig by sommige van die mees fisies veeleisende en onaangename werke op die planeet nie. “Honger het groot positiewe waarde vir baie mense. Dit is inderdaad fundamenteel tot die werking van die wêreld se ekonomie. Honger mense is die produktiefste mense, veral waar daar 'n behoefte aan handearbeid is,” het Kent geskryf en bygevoeg:
“... Vir diegene wat afhanklik is van die beskikbaarheid van goedkoop arbeid, is honger die grondslag van hul rykdom … Baie van die hongerliteratuur praat oor hoe belangrik dit is om te verseker dat mense goed gevoed word sodat hulle meer produktief kan wees. Dit is onsin. Niemand werk harder as honger mense nie. Ja, mense wat goed gevoed is, het groter kapasiteit vir produktiewe fisieke aktiwiteit, maar goed gevoede mense is baie minder gewillig om daardie werk te doen.”
Kent skryf in 2008 dat die NRO Free the Slaves skat dat 27 miljoen mense in die moderne wêreld as slawe gedefinieer kan word, wat beteken dat hulle nie van hul werk kan wegstap nie. In 2022 verklaar Free the Slaves dat 40 miljoen mans, vroue en kinders gedwing word om teen hul wil te werk, wat jaarliks $150 miljard se wins vir handelaars genereer.
Onder hulle is sowat 50%, of 21 miljoen, vasgevang in dwangarbeid-slawerny in nywerhede wat afhanklik is van hande-arbeid, soos boerderye, houtkapperye, mynbou, visvang en baksteenmakerye, asook diensbedrywe soos skottelgoedwassers, oppassers, tuiniers en bediendes. Hierdie syfers sluit egter nie mense in wat "slawe van die honger is nie," merk Kent op, wat miskien op enige van ons van toepassing kan wees:
“Hulle sluit nie mense in wat beskryf kan word as slawe van die honger nie, dit wil sê diegene wat vry is om van hul werk af weg te loop, maar niks beter het om na te gaan nie.” Miskien is die meeste mense wat werk slawe van die honger?
Vir diegene aan die hoër kant van die sosiale leer, sou die beëindiging van honger wêreldwyd 'n ramp wees. As daar geen honger in die wêreld was nie, wie sou die lande ploeg? Wie sou die groente oes? Wie sou in die leweringsaanlegte werk? Wie sal toilette skoonmaak? “Ek sou beweer dat die aantal slawe eintlik eksponensieel hoër is as gevolg van skuld. Dit is veral waar vir die meeste dokters wat in die afgelope tien jaar gegradueer het. Hulle is tot hul ore toe in die skuld van studielenings en werk in een of ander groot kliniek waar hulle geen beheer het nie.”
Die ironie is dat hierdie beginsel die waarheid is. Mens sou as ‘n Christen wou sê dat almal goed gevoed behoort te wees sodat elkeen sy dagtaak met grasie kan vervul. Die waarheid is egter andersom veral waar dit by sekere volke kom. Sommige volke het genoeg selfrespek om selfs met goeie voeding en veral as gevolg van goeie voeding elke dag sy take te voltooi terwyl ander volke werklik tot honger gedwing moet word voordat hulle ‘n vinger se werk verrig. Wat ‘n tragedie dat selftrots nie oral die bo-toon kan voer nie!