Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Al leef gelowiges ook hoe vroom, is hulle steeds sondaars. Deur die bekering word ons van slegs die bindende mag en uiteindelike oordeel van sonde verlos. Dit as sodanig waarborg ons hemelse erfenis wat ons as dankbare, verloste mense met ’n innige begeerte om nie te sondig nie, laat leef.
PEDOFILIE SAL GEWETTIG WORD
As u ‘n konserwatiewe mens en veral ‘n kind van die ware God van hemel en aarde is, moet u maar liewer sit voor u hierdie artikel begin lees. Die satan is absoluut losgelaat in hierdie tyd en loop soos ‘n brullende leeu rond om te kyk wat hy kan verskeur.
Almal het seker reeds kennis geneem van die seksvoorkeure van mense wat sonder God leef. Homoseksualisme was een van die eerste afwykings waarvan ons gehoor het; selfs in die Woord van God word daarteen gewaarsku. Lev.18 bevat ʼn lys van sedelike grense wat nie oorgesteek mag word nie:
“Met ’n manspersoon mag jy ook geen gemeenskap hê soos ’n mens met ’n vrou het nie. Dit is ’n gruwel” (:22).
Wie dit beoefen het, kon met die dood gestraf word:
“En as ’n man met ’n manspersoon gemeenskap het soos ’n mens met ’n vrou het, het hulle al twee iets gruwelik gedoen. Hulle moet sekerlik gedood word....” (Lev.20:13):
God asook sy voorskrifte het nog nooit verander nie en dit sal ook nooit. Wat in die Bybel vir ons geskryf is sal in der ewigheid dieselfde bly. Maar die sekulêre wêreld het God afgeskryf en nou is daar by hulle geen grense nie. Daarom kon dit ook nie by homoseksualisme bly nie.
Die siek spulletjie wat hulself tot hierdie klassifikasie gevoeg het, het intussen met die satan se aanmoediging besef dat hulle in verskeie kategorieë meer plesier uit die situasie kan kry en is daar nagenoeg 56 transgeslagtelike klassifikasies. In Amerika, voorloper op die Nuwe Wêreldordepad, word daaroor so sterk gevoel dat jy tronkstraf opgelê kan word indien jy iemand 'verkeerd' aanspreek; as die ‘meneer’ dink hy is nie ‘n meneer nie maar enigeen van die ander 56 geslagte word jy swaarder gestraf as wanneer jy ‘n moord gepleeg het. Geen wonder nie daar is ‘n WhatsApp-grappie wat rondgestuur word waarin twee gorillas hieroor praat; op die een se vraag antwoord die ander een waarom hy al die transgeslagtelikes as “asshole” aanspreek. Die antwoord is voor die handliggend…
En nou is die volgende “seksvoorkeur” besig om gewettig te word: pedofilie. Daar word nou in komitees en vergaderings gepleit vir wettiging daarvan. Deel van die regverdiging daarvoor is dat die “arme siel van die pedofiel so vereensaam omdat hy nie vir die wêreld hiervan mag vertel nie”. Die simpatie moet dus by die misdadiger wees, nie by die slagoffer nie.
Nog ‘n regverdigingspunt om pedofilie gewettig te kry is die onderskeid wat hulle maak tussen kindermolestering en pedofilie. Pedofiele sien hulself bloot as ‘n groep met net nog ‘n seksvoorkeur wat glo nie dieselfde is as kindermolestering nie. "Child molesters are defined by their acts; pedophiles are defined by their desires", asof die kind die verskil sal insien! Hieruit kan ons sien hoe versteurd hierdie mense werklik is. Hulle gaan so ver soos om hulself in kinders se ouderdomskategorieë te groepeer vanaf “infantdophile” op tot kinders van ongeveer 14 jaar oud – die satan alleen weet wat elke groep genoem word! Daar is ook verskillende benaminge vir diegene wat net tot seuns of net tot dogters, of tot albei geslagte aangetrokke is.
Tot dusver is hierdie toestand as ‘n geestelike afwyking gesien maar dit sal nie lank wees voordat dit in die VSA gewettig word nie. Daarvoor sal voorstanders van die NWO sorg aangesien hulself hierdie praktyk beoefen. Van die pous tot presidente, konings en koninginne, die hele Hollywood en al die superrykes vermaak hulself hiermee. Dit is ook nie waar dit stop nie. Talle van die kinders se bloed word later gedrink oor dit kwansuis ewige jeugdigheid bring. Die praktyk het saam met die covid-19-sage in 2020 meer bekend geraak waar die kind hoogs angstig gemaak word sodat daar groot hoeveelhede adrenalien in die bloed afgeskei word wat ‘n chemikalië naamlik adrenochrome meebring voordat die bloed getap word. Daar word natuurlik volgehou dat dit ook ‘n samesweringsteorie is maar daar was reeds genoeg bewyse dat dit die waarheid is waaronder ‘n program van dr Phil waarin hy ‘n onderhoud voer met ‘n ma wie dogter ontvoer en vir ure lank so gemartel is. Talle Hollywoodakteurs het ook met hulle betrokkenheid daarby gespog.
Soos ons almal weet waai al die onheile van die VSA ook na Suid-Afrika, net soos homoseksualiteit sy beurt gekry het. Dit is net ‘n kwessie van tyd voor pedofilie in al sy vorme sy verskyning hier sal maak. Die vraag is of kerke en christene dit net so geredelik sal aanvaar as wat hulle homoseksualisme in al sy vorme aanvaar het?