Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Vasgevang in jou eie klein wêreld van nuttelose dinge? Stop dit! Net jy kan. Doen iets wat slegs tot eer van die HERE se naam strek, daar is so baie te doen; en sien hoe jou lewe betekenis en vreugde kry.
DIE KOUE OORLOG IN NUWE GEDAANTE?
Dr Danie Theron
Winston Churchill het by geleentheid opgemerk:
“Don’t ask me about Russia. It’s a riddle wrapped inside a mystery inside an enigma.”
Ek is bevrees, as ek so na sekere mense se opmerkings oor die huidige Russiese konflik in die Ukraïne kyk, weet hulle nog minder van Rusland as die eertydse Britse eerste minister!
Wat bekendgestaan het as die Koue Oorlog, ‘n tydperk van gestremde verhoudings tussen die Ooste en die Weste en wat gestrek het vanaf die mid-1950’s tot 1991, is aan meeste van ons bekend. Die Russe was vasgevang binne die Joodsdaargestelde Bolsjevisme in ‘n kommunistiese staat bekend as die USSR. Met die val van die Berlynse Muur in Oos-Duitsland het state, die een na die ander, hulleself van Kommunisme bevry. So ook Rusland.
Vir bykans 10 jaar moes Rusland sien hoe hy geplunder word terwyl sy onbevoegde en dikwels besope president, Boris Jeltsin, toegelaat het dat sekere individue en veral die Amerikaners die land plunder. In die jaar 2000 het Vladimir Putin aan bewind gekom. Jeltsin het, dalk in ‘n helder oomblik, in Putin ‘n leierskap gesien, wat selfs die Amerikaanse plunderaars van destyds, goedgekeur het. Maar o wee, het hulle hulle nie misgis nie. Hierdie oud-kolonel in die Oos-Duitse KGB, het ander besondere kwaliteite gehad; iets wat in meeste Russe te bespeur is (vra my, ek was daar!) En in ‘n ommesientjie het die VSA se houding oor Putin verander en is ‘n volgende fase van die Koue Oorlog ingelui waar hoofsaaklik Putin die man in die visier was.
Die huidige konflik in die Ukraïne is maar net ‘n voortsetting van daardie eertydse oorlog wat teen Rusland gevoer word. Ukraïne (as proksie van die VSA) het aan die VSA die geleentheid gegee om deur middel van druk op Westerse state (wat van die VSA-dollar afhanklik is vir hulle eie oorlewing), sanksies teen Rusland in te stel met die hoop dat dit Rusland op sy knieë gaan dwing.
Rusland is ryk aan hulpbronne, dalk die rykste ter wêreld. Juis daarom was dit vir die VSA ‘n teiken deur al die jare. Die VSA se verskoning, destyds en nou, was en is “national security”. Dit ondanks die feit dat Rusland nog nooit ‘n bedreiging vir die VSA ingehou het nie. Maar dit het nog altyd verkoop in Amerika; dink maar aan Vietnam, Korea, Irak, Afghanistan. Dat al hierdie gevalle niks daarmee te doene gehad het nie, is later besef, maar sonder dat enige van die rolspelers wat die leuen verkondig het, aan die man gebring is.
Nou moet ons hoor dat die “Christene van Ukraïne” vermoor word. Hoe lagwekkend is hierdie selektiewe moraliteit nie. Die Christene van Sirië tel klaarblyklik nie vir die moraliste nie en blykbaar mag state aangeval word wat nie aan die Westerse definisie van “Christelikheid” voldoen nie. Dink maar aan Jemen.
In die laaste sowat 20 jaar het die VSA deur middel van sy prostituut-media soos CNN, SkyNews en andere, die man op straat gekondisioneer om soos Pavlov se honde te kwyl as hulle die naam Putin hoor. En nou kan die honde nie ophou kwyl nie en is hulle boonop so gebreinspoel dat ‘n komediant-president en pion van Amerika met die van Zelensky nou hulle “Mandela” geword het. Dat hy ‘n Satanis is, sal hulle nie glo nie, dat hy pervers is in sy doen en late, nog minder. Nee, CNN sal nie jok nie, hy is ‘n patriot van Ukraïne en boonop baie dapper! Kyk dan al die foto’s. Foeitog, as mense se soeke na die waarheid gesetel is in ‘n flitsberig van die NWO se prostituut-media, dan het mens werklik min geloof dat redding te vinde is. Dit sou lagwekkend gewees het as dit nie so tragies is nie.
Dat Putin self Russies-Ortodoks is, deur sy ma in die geheim in kommunistiese Rusland gedoop is, eredienste op Sondae bywoon en deur die Russiese skrywer Alexander Solshenitsyn aangeprys is vir wat hy gedoen het in Rusland, wil niemand hoor nie. Nee, hy is mal, ‘n oorlogsmisdadiger (sonder ‘n verhoor natuurlik!) en alles wat sleg is. Hoekom? Want CNN sê so. Bid jou dit aan! Dieselfde Weste praat graag van “due process of the law”, “audi alteram partem” en “menseregte”, maar word dit goedskiks oorboord gegooi as hulle die naam Putin hoor.
Geen moeite word gedoen om die saak dieper te ontleed nie. Prof John Mearsheimer (van die VSA...) waarsku al vir 8 jaar (sedert 2014) dat die VSA se doen en late in die Ukraïne Rusland gaan dwing om oorlog te maak. Nou moet ons hoor daar is geen regverdiging vir die Russiese optrede nie! Ek het ook ‘n regsontleding oor die regverdiging van die Russiese inval geskryf na aanleiding van die uistekende bespreking daarvan deur Christopher Black, ‘n kenner van die internasionale reg en advokaat wat in strafsake opgetree het in die internasionale tribunale oor volksmoord.
Wat was Putin se doel van meet af? Om Rusland (na die slawerny van Kommunisme) selfversorgend te maak en ‘n waarlik onafhanklike staat daar te stel. Dit wou Amerika met mag en mening keer. Enige leier met selfrespek en wat waarlik ‘n patriot is, sal dit begeer, eerder as om deur Amerika voorgeskryf te word.
Toe Mikhail Gorbachev, die laaste leier van die USSR in 1991 Kommunisme wou “rehabiliteer” het hy van die Weste die versekering gevra dat NAVO nie sou uitbrei nie en hy is die versekering gegee dat NAVO nie verder as “’n duim” van Berlyn sou strek nie. So is Oos- en Wes-Duitsland weer verenig, maar die VSA het nie by sy onderneming gehou nie.
NAVO het intussen van 16 state in 1997 tot 30 vandag uitgebrei, onder die dekmantel dat dit die veiligheid van Europa sou waarborg. So is baie voormalige Oos-blok (“Warskou-verdragslande) lande nou ook deel van NAVO. Dat NAVO hom sedertdien in konflikte begewe wat met Europa se veiligheid niks te doene het nie, skeel Westerse ontleders klaarblyklik min. Dink maar aan die inval in Joegoeslawië en Libië, om maar twee op te noem.
Hierdie uitbreiding van NAVO en die “insluk” van Ukraïne as minstens ‘n de-facto staat van NAVO het Rusland warm onder die kraag gemaak. Boonop, soos nou blyk, is Ukraïne gebruik deur onder meer Biden en sy seun vir hulle onreëlmatige bedrwywighede en het die Russe die bio-wapen laboratoriums wat deur die VSA bedryf is, nou aan die kaak gestel.
Ukraïne het boonop in sy grondwet geskryf dat hy homself ten doel stel om lid van NAVO te word. So ongeag die de jure situasie dat hy nie lid van NAVO is nie, het die afgelope twee maande se gebeure getoon dat die VSA basies met ‘n omsingeling van Rusland besig was.
Vir die laaste 10-15 jaar en veral sedert die Maidan-staatsgreep op 22 Februarie 2014 het die VSA en NAVO die Ukraïne met biljoene dollars se wapentuig voorsien, waaronder hoë presisie missiele, waarvan meeste in die VSA vervaardig is. Dus, Ukraïne is de facto ‘n NAVO-lid!
Putin het gewaarsku dat die “rooilyn” oorgesteek word, maar is uitgelag. Dalk het die VSA gedink hy bluf net; dalk het hulle hom uitgelok; punt is, nou het hy gewys hy sal daad by die woord voeg. En nou word ‘n toatale oorlog teen Rusland gevoer waar selfs Rusland se katte dit moet ontgeld. Maar beste van alles, Rusland het die dollar die rug gekeer. En in die internasionale arena is dit heiligskennis. Jy mag nie van die dollar afsien nie, maar Putin het. Daarom is hy mal en ‘n oorlogsmisdadiger vir geen ander logiese rede nie.
Die Minsk-akkoord van 2014 het gou geblyk nie die papier werd te wees waarop dit geskryf was nie. Putin was daar teenwoordig, Biden en Trump nie. Die destydse president van Ukraïne, Petro Poroshenko en Duitsland se Angela Merkel, die Franse president François Hollande, en die verteenwoordigers van die twee Donbas provinsies was ook teenwoordig; naamlik Alexander Zakharchenko van die Donetsk People’s Republic (DPR) en Igor Plotnitsky van die Luhansk People’s Republic (LPR). Ukraïne het dit vir 8 jaar geminag sonder dat die Weste ‘n vinger verroer het.
Waarop is in 2014 ooreengekom? ‘n Skietstilstand, onttrekking van oorlogstuig, die vrylating van oorlogsgevangenes, konstitusionele hervorming in die Ukraïne, die verlening van selfregering in die Donbas en die herstel van beheer van kontrole van die grense aan die regering van Ukraïne.
Die Ukraïne het onder Amerikaanse druk nie gehoor gegee aan enigiets hiervan nie en die ander state hierbo genoem, insluitend die res van die Weste, het hulle ook nie daaraan gesteur nie. So het die Nieu-Nazi Azov Battalion, vir 8 jaar lank sedert 2014 die mense van Donbas gebombardeer en ‘n terreur-bewind daar gevoer. Hulle het 14 000 burgerlikes gedood, insluitend tussen 3000 en 4000 kinders. Niks hiervan sal jy in die Westerse media lees of sien nie. Maar ons moet elke dag huil oor die “Christene” van Ukraïne wat nou onder Rusland se krimineel, Putin, ly.
Ukraïne, wat histories deel van Rusland was en waarin baie etniese Russe woon, is gewoon deur die VSA gebruik vir sy eie gewin en boonop bewapen met as doelwit, die insypeling en uiteindelike oorrompeling van Rusland. Watter belang van die VSA was hier ter sprake anders as Amerikaanse ekspansionisme?
Putin het deurentyd geëis dat Ukraïne neutraal moet wees, maar die VSA-pionne, waarvan Zelensky die beste voorbeeld is, het arrogant daardie versoek van die hand gewys.
Nou weet ons dat daar tussen 25 en 30 biologiese oorloglaboratoriums in die Ukraïne was, deur die VSA daargestel, en eers ontken, en nou deur die onder-sekretaris van die VSA-regering , Victoria Nuland, op 9 Maart 2022 erken tydens ‘n vergadering van die VSA-senaat. Nou eis sy dat dit vernietig moet word omdat dit in Russiese hande geval het!
En, as jy die politiek enigsins verstaan, moes daar ‘n “false flag” operasie wees. Bucha het aan die naïewe publiek daardie spektakel voorsien. Vier volle dae nadat Russiese magte Bucha verlaat het moet ons nou lees en sien dat die Russe burgerlikes koelbloedig vermoor het. Waarom sou Rusland dit doen en so dom wees, moet enige regedenkende mens homself afvra. Tog word dit voor die voet aanvaar. Mag ‘n onafhanklike internasionale regbank tog die antwoord gee (en nie CNN nie)!
Die VSA se politici is omtrent deur die bank pionne van die Joodse geldmagte. Hulle is daargestel omdat hulle omgekoop is, hulle het geen opinie van hulle eie nie. Boonop is die president in ‘n gevorderde stadium van dementia, totaal ontoerekeningsvatbaar! Hy het nie eers meer beheer oor sy organe nie, ‘n groot verleentheid vir die sogenaamde Weste! Maar nee, Putin is mal. Ek het nie meer raad vir mense wat waaragtig nie kan insien wat om ons gebeur nie!
Mag Rusland slaag om die Ukraïne tot neutraliteit te dwing en ook om ‘n ewewig daar te stel in ‘n wêreld wat deur Amerika vertrap word in hulle eie (en veral hulle magnate) se belang!