Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Daar is min dinge so onaangenaam as ‘n nare lewensondervinding wat jou die dood in die oë laat staar het; ‘n motorongeluk, 'n roof of 'n frats-ongeluk. Jy kon gesterf het, maar God was jou genadig en het jou die lewe laat behou. Maar wat is die héél slegste ding wat ‘n mens kan oorkom? Wanneer jou naam nie in die Boek van die Lewe opgeskryf staan nie!
RUSLAND ONTTREK AAN RAAD VAN EUROPA
Rusland het hom amptelik aan die Raad van Europa onttrek en dit uit vrye wil. Dit laat mens dink aan dr H.F. Verwoerd wat Suid-Afrika in 1961 uit die Britse Statebond “in die belang van Suid-Afrika se eer en waardigheid” onttrek het. Suid-Afrikaners het toe nie besef hoe ‘n ontsaglike groot guns dr Verwoerd die land gedoen het nie maar waarvoor Suid-Afrika later dankbaar sou word vir die voorspoed en veiligheid onder ‘n leier van formaat!
Onttrekking aan die Raad van Europa is die wetlike en politieke proses waardeur 'n lidstaat van die Raad van Europa die Statuut van die Raad van Europa onttrek. Die betrokke land hou dus op om 'n lid van die raad te wees. Dit word gedoen onder Artikels 7 & 8 in Hoofstuk II van die Statuut wat lidmaatskap noem. Dit bepaal dat enige land wat wil onttrek, 'n kennisgewing aan die Raad van Europa se sekretaris-generaal moet stuur, en die land se lidmaatskap sal dan teen die einde van die jaar herroep word.
Voor Maart 2022 was daar een land wat die Raad van Europa formeel verlaat het. Die was Griekeland op 12 Desember 1969. Hy het egter op 28 November 1974 weer by die raad aangesluit. ‘n Dreigende onttrekking is Rusland wat die eerste keer gedreig het om aan die Raad te onttrek nadat die land se lidmaatskap van die Parlementêre Vergadering in 2014 herroep is. Dit was as gevolg van die inval en anneksasie van die Oekraïense outonome streek van die Krim. Nou het Rusland die Raad formeel in kennis gestel van sy onttrekking op 15 Maart 2022 nadat die land die Oekraïne binnegeval het.
Waarom? Want Poetin het moeg geword vir die leuens, korrupsie en ondermyning van die kollektiewe Weste. Dit is reeds baie jare wat hy waarskuwings daaroor uitstuur. Die Russiese ministerie van Buitelandse Sake het jare gelede gesê dat Moskou dit nie sal duld dat die Weste die internasionale reg wat die VSA en sy satelliete vertrap het, vervang met 'n reëlsgebaseerde bevel nie. Nou het Moskou al die NAVO-lande die skuld gegee vir die verbreking in dialoog.
Daarop het Rusland die afgelope week die Raad van Europa amptelik in kennis gestel van sy onttrekking aan die organisasie. 'n Brief van die Minister van Buitelandse Sake is aan die sekretaris-generaal van die organisasie oorhandig waarin Poetin duidelik stel dat die NAVO-lande die oorsaak is dat daar nie meer gesprek gevoer kan word nie. Poetin is met reg uitgesproke oor NAVO se misbruik van menseregte om eerstens hul eie geopolitieke belange te vervul en tweedens vir die aanvalle op Rusland.
Daarby het Poetin ‘n raak hou geslaan deur te weier om verder die jaarlikse fooi aan die Raad van Europa te betaal. Hy gee weer eens die skuld vir NAVO-lande weens hulle politieke druk en sankies teen Rusland. Mens sou hoop dat dit die onttrekking van ‘n ‘stuiwer in die armbeurs’ sou wees maar met die internasionale biljoene in omloop blyk die weerhouding van die Russiese jaarfooi net ‘n standpunt te wees, maar wel ‘n duidelike een!
Iets wat bygedra het tot Poetin se deurdagte en vrywillige besluit om die Raad van Europa te verlaat, is ‘n anti-Russiese bespreking in PACE wat sekerlik gaan lei tot verdere leuens en bedrieglike feite wat die haat vir Rusland sal vergroot. Hierdie besprekings is weer eens gebaseer op spekulasies en ook groot moedswilligheid wat niks met die werklikheid te doen het nie. Dít nogal terwyl die organisasie se gedragskode insluit dat almal met respek en waardigheid behandel moet word, ongeag militêre status ens. Diskriminasie of teistering van enige aard sal glo nie geduld word nie.
Die verklaring van Rusland se Ministerie van Buitelandse Sake sê menseregte en vryhede wat deur die Russiese Grondwet gewaarborg word is nie minderwaardiger as die bepalings van die Europese Konvensie oor Menseregte nie. Rusland bly ook 'n ondertekenaar van die belangrikste internasionale menseregteverdrae. Ook die uitsprake deur die Europese Hof vir Menseregte sal voortaan vir Rusland geld tensy dit die land se grondwet weerspreek.
Dit is duidelik dat Poetin op hierdie punt dieselfde as dr HF Verwoerd wil bereik naamlik dat Rusland in sy eie belang “tot eer en waardigheid” aan die Raad van Europa onttrek. En geen mens durf hom hieroor verkwalik nie!