Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Soms wonder jy as kind van die HERE hoe jy aan ander mense rondom jou moet wys dat jy 'n bekeerde en gelowige is. Jy is dalk iemand wat sukkel om daaroor te praat. Die HERE leer ons ook om barmhartigheid aan mekaar te bewys. Wees dan goed vir jou medemens en wys hom só dat God jou eerste liefgehad het.
IS RUSLAND SE OORLOG GEREGVERDIG?
Deur Internasionale Juris
As mens die Westerse media lees of moet glo wat Biden, Johnson, Macron en andere vir jou vertel sal jy, soos meeste mense doen, Rusland veroordeel vir sy inval in die Oekraïne. Dat dit mense nie opgeval het dat die lotjie amper besete raak in die proses en dit daarom rooiligte moet laat flikker nie, verstom ‘n mens.
Kom ons gaan kyk wat is die posisie in die internasionale reg wat betref die soewereiniteit van ‘n staat en wat die regsposisie is met betrekking tot invalle in state. Uiteraard moet mens in die proses kyk wat ‘n staat soos die VSA doen as hulle van mening is dat ‘n ander staat ‘n bedreiging vir hom inhou.
Die reg op gebruik van geweld het twee aspekte en is gekodifiseer in die internasionale reg en uiteengesit in die Handves van die Verenigde Nasies. Dit staan ook algemeen bekend as die reg op selfverdediging.
Die VN-Handves is die primêre dokument wat die reg op die gebruik van geweld reguleer. Nasiestate het nie die reg op gebruik van geweld teenoor ander soewereine state nie behalwe in uitsonderlike gevalle.
Vóór die twee Wêreldoorloë was die situasie natuurlik anders, maar dis juis as gevolg van hierdie oorloë dat die situasie dramaties verander het en is aggressie teenoor state verbied.
Ná die Eerste Wêreldoorlog is die Volkerebond daargestel wat ondersteun is deur die Kellogg-Briand Verdrag van 1928, ‘n verdrag wat steeds van krag is, en waartydens die VSA en die Sowjet-Unie en al die ander state onderneem het om hulle nie tot oorlog te wend om politieke dispute op te los nie. Die Volkerebond het weliswaar sy regskrag verloor kort voor die Tweede Wêreldoorlog maar die Kellogg-Briand Verdrag is nooit herroep nie en is steeds van krag.
Gemelde verdrag is altyd verstaan om wel oorloë terselfverdediging toe te laat indien ‘n staat aangeval sou word of weens ‘n dreigende aanval. Dit geld ook vir die veiligheidstruktuur wat die VN en die VN-handves daargestel het wat betref die betrekkinge tussen soewereine state.
Volgens art 2(4) van die VN-handves is alle state verplig om hullet e weerhou van die gebruik van geweld teen die politieke en territoriale integriteit van ander state. Daar is egter twee belangrike uitsonderings op hierdie verpligting, die eerste synde die reg op individuele en kollektiewe selfverdediging in terme van art 51 en die kollektiewe afdwinging deur die Veiligheidsraad op die basis van Hoofstuk VII van die Handves wat handel oor selfverdediging met behulp van ander state vir sover die Veiligheidsraad nie stappe neem om internasionale vrede en veiligheid te verseker nie. Hierdie reg wat so geskep is, is dus ‘n reg van laaste uitweg vir ‘n staat.
Die Kellogg-Briand Verdrag was ‘n paradigmaskuif in oorlogvoering. Voor die verdrag is oorlog bloot gesien as die voortsetting van die politieke met ander middele, soos Clausewitz dit is sy beroemde boek, On War, gestel het en was dit aanvaarbaar.
Die VN Handves stel dit soos volg:
“Armed force shall not be used, save in the common interest. And Article 2(4) prohibits any threat or use of forces “inconsistent with the purposes of the United Nations”.
Die gemeenskaplike belang word bepaal deur die essensiële beginsel van die soewereiniteit van state wat uiteraard veronderstel dat daar ‘n weerhouding sal wees van die gebruik van geweld.
As gemeenskaplike belang ter sake is kan die Veiligheidsraad die Handves afdwing deur dwingende maatreëls soos vervat in die Handves. Artikel 42 van Hoofstuk VII gee magtiging aan die Veiligheidsraad om stappe te neem, waaronder die gebruik van geweld “to maintain or restore international peace and security.” Hierdie magtiging word uitgeoefen binne die struktuur van artikel 27(3) wat die permamente lede van die Veiligheidsraad die reg gee om enige besluit te veto, insluitend daardie gevalle waar die staat wat die besluit veto, dit die staat is wat die “geweld” pleeg. Die vetoreg in die VN het die VN feitlik verlam om op te tree soos die geskiedenis bewys het. Daarvan is die VSA seker die beste voorbeeld.
Dispute in die VN het ook gelei tot situasie waar die VSA die Veiligheidsraad gemanipuleer het om die gebruik van geweld te regverdig soos byvoorbeeld koalisies van gewillige state om geteikende state aan te val. Dit was niks anders nie as ‘n verbreking van die internasionale reg, maar nog het die groot moondhede eenvoudig sulke situasies “geratifiseer”. Die VSA en NATO het by herhaling geweld teen state gebruik as dit hulle gepas het sedert veral die Koreaanse Oorlog.
Hoe is dit dan moontlik vir Rusland om sy oorlog teen Oekraïne te regverdig? En hoe vergelyk dit met wat die VSA in die verlede gedoen het?
As gekyk word na byvoorbeeld die oorlog in Korea (wat die VSA aanvoer gewettig was), dan is dit eenvoudig so dat dit ‘n onwettige oorlog was waarin miljoene mense gesterf het. Daar was geen geldige goedkeuring deur die VN nie - die VSA het die stemming in die VN gemanipuleer toe die Russe nie teenwoordig was om hulle veto reg uit te oefen nie. Die VSA het nogtans deurgedruk met hulle besluit. Brittanje en Frankryk het natuurlik ten gunste van die VSA-aggressie besluit. Daar is dus ‘n besluit geneem sonder dat Rusland die kans gegee is om te stem. Almal weet wat Rusland sou gedoen het in 1950!
En die anderAmerikaanse oorloë? Almal was in stryd met art 2(4) van die Handves. Van Korea af na Viëtnam, van Kuba tot die Kongo, van Irak na Afghanstan, van Latyns-Amerika tot Joegoeslawië, van Siriëna Libanon. Die hele lot. Boonop is voorgegee dat dit in belang van demokrasie en wêreldvrede is, en dat dit in baie gevalle ‘n bedreiging vir die VSA was. Dit was ‘n leuen. Dis gedoen om die VSA se belange uit te brei en ten koste van hierdie state se mense. Grondstowwe is gepunder en slegs die VSA het hieruit voordeel getrek. Daar was toe nooit “wapens van massavernietiging in Irak” nie, en Osama Bin Laden het nie in Afghanistan geskuil nie. Nie een van die VSA se oorloë is gedoen uit selfverdediging nie. Inteenstelling daarmee het Rusland alle reg om tans te verklaar dat sy inval uit selfverdediging is. Reeds is talle biologiese-oorlogvoerinsg-laboratoriums vernietig en is NATO se basisse in die Oekraïne (wat aan Rusland grens), buite aksie gestel.
Rusland het in ooreenstemming met artikel 51 van die VN Handves opgetree vir die volgende redes:
Eerstens het die Kiëf-regime sedert 2014 begin om die Dobass-republieke te onderwerp aan onderdrukking, fisieseaanvalle, vernietiging van infrastruktuur en etniese suiwering.
Daar is ook gepoog om die leiers van die republieke om die lewe te bring. Die Veiligheidsraad se hande was afgekap en hulle het niks aan die saak gedoen nie.
Die republieke het Rusland se hulp ingeroep en Rusland het reageer.
Rusland self was onderwerp aan aanvalle van Oekraïnse magte. Saboteurs het die Krim (Crimea) ingesypel wat gepoog het om leiers te elimineer en infrastruktuur te vernietig. Daar is selfs gepoog om die Krim se watertoevoer af te sny, ‘n misdryf teen die mensdom. Rusland het die “reg van agtervolging” (die “Caroline-doktrine”) toegepas, iets waarvan Suid-Afrikaners baie bewus sal wees toe ons in die destydse Grensoorlog terroriste agtervolg en hulle basisse in Angola gaan verwoes het.
Die Caroline Doktrineis is in 1837 gevestig toe VSA-magte Kanada ingeval het om Kanada te hulp te snel teen rebelle aldaar.
As gevolg van daardie gebeure het die VSA en Brittanje besluit dat die reg op selfvedediging gebaseer is op twee faktore:
- Die gebruik van geweld moet noodsaaklik wees, dus die bedreiging moet “imminent” (baie naby) wees en om dan (in so ‘n geval) steeds vredevolle stappe te neem moet nie meer ‘n opsie wees nie;
- Die teenoptrede moet proporsioneel tot die bedreiging wees.
In Rusland se geval is sedert 2014 deur die VSA en NAVO begin om Oekraïne te gebruik om ‘n bedreiging teen Rusland te vorm. Dit het uitgebrei en was die eskalasie sodanig dat Rusland gewaarsku het dat hy nie verder sal kan wag nie. Daardie waarskuwings is in die wind geslaan. Die enigste reaksie wat oorgebly het was om die gevaar buite aksie te stel. Dis wat Rusland nou gedoen het.
Die verdere gevaar was die uitbreiding van NAVO (met as klaarblyklike oogmerk om Rusland as ‘n mag te elimineer en as ‘n staat). Watter rede op aarde bestaan daar vir NAVO om telkens nuwe (ouvoormalige Oosblok-state) te inkorporeer en feitlik te dwing om lid te word en basisse aan die grens van Rusland in die proses te vestig? Niks behalwe die verbeelding van Westerse media nie. Rusland het eenvoudig ‘n streep getrek nadat hy vir 8 jaar gewaarsku en gepleit het dat dit moet ophou.
NAVO-lande het in die afgelope maande militêre oefeninge gehou wat ingesluit het die moontlike gebruik van kernwapens teen Rusland. Die VSA het boonop ‘n beleid van “first strike nuclear war policy” wat hulle die reg gee om eerste te wees in die gebruik van kernwapens.
Rusland het gewaarsku en geëis dat hierdie stappe deur NAVO gestaak moes word, maar dit het op dowe ore geval. Oekraïne het boonop sover gegaan om te dreig dat hy kern wapens sou aanskaf en teen Rusland sou gebruik.
Die vraag is dus: Hoe lank moes Rusland nog wag, nog waarsku, nog dreig, nog soebat, nog diplomasie gebruik? En selfmoord pleeg in die prioses? So, toe Rusland nou optree het hy meer reg gehad as wat die VSA in al bogenoemde gevalle gehad het, en tog het die Westerse wêreld soos een man agter die VSA ingeval? Is dit hoe die internasionale reg moet lyk? Soos die VSA dit misbruik en toepas?
Soos Christopher Black, ‘n internasionale regsgeleerde van Kanada dit stel:
“We remember that during the Cuban Missile Crisis, in 1962, the Americans threatened to invade Cuba and to attack the USSR because nuclear missiles had been placed in Cuba to protect it against American aggression. President Kennedy established the precedent principle that when a nation feels its existence is at stake from nuclear weapons it has the right to use force to protect itself pre-emptively. Russia is acting on the same principle”.
Na aanleiding van die VSA se menigvuldige onwettige optredes het het daar ‘n sogenaamde nuwe internasionale regsbeginsel ontwikkel, bekend as die “responsibility to protect”. Dit word nou graag deur juriste wat die VSA-optredes steun, gebruik. Dit vind toepassing volgens hulle“for legitimate humanitarian reasons”. Hierdie selfde leerstuk ontplof nou in hulle gesig. Rusland gebruik dit ook om sy optrede ten gunste van die Donbass-republieke te regverdig.
Rusland se optrede teen ‘n buurstaat waar miljoen Russe hulle bevind is dus, gegewe die reg wat ontwikkel het in die afgelope veral 30 jaar, geregverdig. En terwyl Rusland veroordeel word is die VSA steeds besig met ‘n onwettige okkupasie van Irak, die bewapening van Saoedie-Arabië in sy aanvalle teen Jemen, die bewapening van ISIS teen Siriëen, en die internasionale gemeenskap swyg soos die graf.
Nou het ‘n Amerikaanse senator boonop gepleit dat ‘n Rus die moed aan die dag moet lê om Vladimir Poetin om die lewe te bring. Dis ‘n internasionale daad van aggressie. En alhoewel ander VSA senators die optrede veroordeel het, sou mens meer as dit verwag. Gestel ‘n Russiese parlementslid sou dieselfde gedoen het ten opsigte van Joe Biden? Dit sou seker vir jare weergalm het in die internasionale arena. Waar is die ewewig in die internasionale reg en politiek? Waar is die balans? Dit bestaan eenvoudig nie. Die VSA glo hy kan enige land dreig om dit in te val by sy arrogansie en aggressie. Die VSA dreig maatskappye, sportkodes, sportliggame, en selfs die internasionale kattevereniging. Ja dit het absurd geraak. Sy tentakels strek ver en wyd.
Hierdie optrede van Rusland, of dit geslaag gaan wees of nie, is vir ons ‘n “wake-up call”. Daar moet ewewig in die internasionale ordekom want die VSA doen niks in die belang van Jan en Alleman nie; alles geskied tot voordeel van homself en meer bepaald, die magte van geld agter die skerms.
Soos een kommentator dit stel:
“When one looks at the history of the USA, it is astonishing that the Americans and their loyal European allies could have the temerity to criticise Russia’s actions in Ukraine.”
Inderdaad. Die geskiedenis sal later oordeel. Intussen is ons uitgelewer aan die sensasie, die leuens en propaganda en ‘n bykans besetenheid wat so baie beetgepak het. Tot wie se voordeel?