Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Mens, jy is meer werd as jou geld. Jou waarde is nie te meet in terme van geld en goed nie. Met geld alleen is jy nie 'n sent werd nie...
STAKINGS, OORLOË EN ‘N WONDERWERK
Oorlog, opstand en stakings het huishoudelike woorde geword. Tans dreig die grootste staking wat Suid-Afrika nog ooit beleef het. Selfs mediese personeel gaan heel moontlik daaraan deelneem. Dit kan begin as klein groepe wat sal uitbrei tot ‘n massiewe landswye staking waar noodsaaklike lewensmiddele en selfs geen brandstof beskikbaar sal wees nie.
Let ook op die plaaslike en internasionale nuusberigte – toenemende anargie; een van die kenmerkende eindtekens van die naderende wederkoms van Jesus Christus.
Siener van Rensburg en Johanna Brandt het ‘n honderd jaar gelede albei voorspel dat daar nog ’n bloedige stryd, groot rampe, pessiektes en ellende vir Suid-Afrika in die verre toekoms voorlê. Dit sou begin met ’n reeks stakings hier plaaslik wat een van die grootstes denkbaar sou wees, en dan volg’n oorlog in Europa. “En julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë. Pas op, moenie verskrik word nie….Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander…En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel…” (Mt.24:6,7 en 12).
Ook groot natuurrampe sal wêreldwyd voorkom.
Ons het reeds gehoor hoeveel aardskuddings talle lande, veral Japan, die afgelope tyd getref het. In beide Siener en Johanna se visioene is daar fyn beskrywings van strafgerigte wat Engeland gaan tref en wat tot sy finale ondergang sal lei; Amerika sal sy aansien en mag as Westerse leier verloor; en wanneer hierdie laaste Groot Oorlog verby is, sal Duitsland as die nuwe wêreldheerser en bondgenoot van die Derde Boererepubliek te voorskyn tree.
Oor die swartmense in ons land het Johanna Brandt gesê: “Hulle moet weet dat dit die Hand van die Heer is wat oor Suid-Afrika gaan,en dat daar ’n sware oordeel oor hulle sal kom as hulle dink om uit die algemene verwarring wat in die land sal heers, voordeel te trek. Wee die inboorlinge as hulle dink om te moor en te plunder en te verkrag, as die Hand van die Regter oor die witmense in strafgerig gaan!” Tog sou deel van die blanke se beproewing en lyding deur eeue juis wees as gevolg van die swartes se opstand en wraaklus. Vandag sien ons dit duideliker as ooit, die wreedaardige plaasmoorde, die talle kapings, verkragtings, en hulle begeerte om die witman uit die land te kry. Reeds in 1914 het Siener op sy eie besondere manier gesê dit sal so donker word in die toekoms wanneer swart binnelandse geweld uitbreek dat hy nie sy hand voor sy oë kon sien nie. En as daar onder hulle is wat brandstigting in dié tyd beplan sal Suid-Afrika soos ’n magasyn wees wat net daardie vonk nodig het om hom van die een end tot die ander te laat brandslaan. Baie ander rampe sal in daardie tyd tot uitbarsting kom, maar van almal is hierdie een, die landswye brandstigting, die vernaamste, het Johanna bygevoeg. En ons weet hoe graag swartes brand stig, die Kaapstadse Universiteit en Tafelberg is onlangse voorbeelde. Dus moet ons weet, wanneer hulle op die kruin van stakings is, gaan die land brand!
In die wêreld-smeltkroes waarin ons tans verkeer, en op die vooraand van ’n politieke omwenteling in ons eie land, wat nie meer gekeer kan word nie, tref ook die algemene verdeeldheid van die Afrikanervolk ons. 0ns sien dit onder die volke, in die kerke, regerings, organisasies en ook huisgesinne — daardie gees van tweedrag onder eie vlees en bloed. Oppervlakkig beskou, is dit die wapen van die satan self, en waar ons dit vind, kan ons seker wees dat dit die sluipende verteenwoordigers van die ryk van duistemis is wat aan die werk is. Terwyl daar vrede geroep word, moet ons weet dit sal vorentoe net vererger: Verdeeldheid, tweedrag, ontrou, verraad, almal woorde wat min of meer dieselfde betekenis het – tot die dag waar ons in ons grootste nood sal besef dat ons mekaar nodig het en die kleinlikheid oorkom.
Die lang en bloedige wêreldstryd wat kom, is die reinigingsproses ter voorbereiding van die Wederkoms van Christus. In daardie tyd, voorspel Siener en Johanna, sal materialistiese lektuur versprei word waarin die Christelike geloof as ’n reusagtige fabel, ’n monster-bedrog voorgehou word. En daar sal geskryf word dat daar geen God is nie, geen ewigheid, geen onsterflike siel. Die Skepping was ’n natuurverskynsel (evolusieleer); en die verstand die hoogste gawe van die mens waardeur hy vir homself kon sorg en die beste uit die lewe kon verkry (humanisme). Al hierdie dinge het reeds begin gebeur en ver gevorder!
Suid-Afrika sal nie gespaar word nie want voor die uitbreek van daardie laaste Groot Oorlog sal geweld soos ’n vernietigende storm deur Suid-Afrika trek, en dit sal wees: bloedvergieting, haat, chaos, mense wat vlug en agternagesit word — ‘n golf van verwoesting wat voortduur totdat God uiteindelik self ingryp. Ons moet daardeur kom want as Suid-Afrika dit gespaar moet word, kan hy geen deel hê aan die heerlikheid wat ná hierdie dinge volg nie. Want daar wag uitkoms!
Weet ook dat Suid-Afrika die laaste sal wees om die Groot Oorlog in te gaan, en die eerste om daaruit te kom, en sterk jou met die versekering dat God self jou Leidsman sal wees oor die dal van doodskaduwee.
Vir die lyding van sy voorgeslagte; vir die morele moed van sy rebelle, vir die reinheid van sy geskiedenis, onbevlek met mensebloed (hy het nog nooit ’n ander nasie eerste aangeval nie, anders as Engeland met 55 heerssugtige oorloë op sy kerfstok), onbesoedel met hebsugtige geweld, vir die wonderskoonheid van sy natuur, vir al die onbegrensde skatte verborge in sy grond, omrede van al hierdie dinge en nog veel meer wat later openbaar gemaak sal word, is Suid-Afrika uitverkore bo alle ander dele van die wêreld.
Siener het ook gesê: “...ek sien ’n ongelooflike wonderwerk wat sal plaasvind. En toe ek dit sien, het ek geweet: eers dan sal dit waama my volk nog altyd strewe (’n eie republiek) volbring wees, en dan sal die tyd van my visioene ook verby wees...”. “Suid-Afrika sal dan nie net die mees begenadigde volk op aarde wees nie, maar ook vir die res van die beskaafde wêreld uitermate groot seën bring... ” het Johanna bevestig.
Suid-Afrika is die hoop van die wêreId. Suid Afrika is die land van belofte, die land van vryheid, en uiteindelik die land van bevryding. Hier sal ons sien hoe ons volksgenote en ander christene in strepe hiernatoe vlug omdat christene wêreldwyd vervolg sal word. Hou dus moed, wees geestelik en fisiek paraat, en bid dat Siener en Johanna reg was oor God se wonderwerk vir ons sodat ons kinders en hulle nageslagte ‘n toekoms hier tegemoet sal gaan waar hulle los van die Wêreldgeldmag, los van al satan se bose planne en los van ons volksvyande, veilig in sekerlik die enigste christenland ter wêreld sal kan woon met ‘n teokratiese regering aan bewind wat nooit weer van God se volmaakte plan vir Suid-Afrika sal afwyk nie!