Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
HERE, dis nie dat ek U probeer verstaan sodat ek in U kan glo nie; ek glo HERE, sodat ek kan verstaan. En ek glo ook dat ek nooit sal verstaan as ek nie glo nie.
BIDEN EN SY HEKS
Johan Hack
Laat ons begin deur te vra wie werklik in beheer is van Amerika? Die Amerikaanse meerderheid is al so geindoktrineer deur die Nuwe Wêreldorde dat hulle nie besef hoe hulle meedoen aan die vordering van die antichris en sy strewe na wêreldoorheersing nie.
In die 1960’s het ‘n sogenaamde christelike groep ontstaan wat bekend was as Children Of God (COD). Hierdie groep se leier, David Berg, het aanklank gevind by jong mense in die tydperk wat as die “hippie” -era bekend gestaan het. David Berg se ouers was evangeliste en hy self was op sy jong dae n pastoor vir ongeveer twee jaar. Hy het egter die woord van God heeltemal begin verdraai. Hy het beweer dat die Here se liefde waarvan ons in die Bybel lees so ver gevat moet word dat losbandigheid en egbreek geen sonde is nie solank dit in “liefde” geskied.
Hierdie groep van David Berg het later hul naam verander en bekend gestaan as “The Family”. In hierdie valse christelike groep kon enige man met ‘n ander man se vrou gemeenskap hêom sy seksuele drange te bevredig sou hy eensaam voel. Dit het baie gebeur wanneer manne rondgetoer het vir besigheidsdoeleindes en mans het hul vrouens met ander gedeel want hulle was almal mos lede van die sogenaamde familie.
David Berg het sy Bybelse beginsel van liefde so ver geneem dat hy sy eie dogters gemolesteer en selfs verkrag het. (lees meer hieroor in “CULTS,NEW RELIGIOUS MOVEMENTS AND YOUR FAMILY” deur Richard Abanes.
Hierdie einste groep het in 1992 met sang opgetree by President George Bush se amptelike opening van die Wit Huis se Kersfeesvieringe.
Nou kom ons by Lady Gaga. Verskeie artikels is al gepubliseer oor Lady Gaga se betrokkenheid by satanisme. Sy het erken dat sy haar siel verkoop het aan Satan vir beroemdheid. Sy het ook erken dat sy deel is van die Illuminati, hierdie einste beweging wat streef na ‘n eenwêreld regering onder leiding van die antichris. Haar musiekvideos spreek vanself oor haar donker siel. Bokkoppe wat Baphomet, die god van hekse voorstel, word gesien. Haar gereelde toemaak van die een oog wat die “oog van Horus” simboliseer en vele meer. Sy het haarself dus as ‘n heks van Satan ontbloot.
Amerika word deur die wêreldmedia uitgebeeld as die land wat die Christengeloof hoog op prys stel, maar weer eens moet sy mense wakker word en besef hulle word aan hul neuse rondgelei.
Die nuutverkose President Joe Biden se inhuldigingseremonie het plaasgevind op 20 Januarie 2021. Lady Gaga het by sy inhuldiging opgetree en die Amerikaanse Nasionale Volkslied gesing. Weet die gewone mense dan nie wie en wat sy is nie? Besef hulle nie dat Biden hier ‘n regte heks betrek het by sy inhuldiging nie? Wat natuurlik beteken dat hy ook ‘n satanis is, maar dit weet ons al lankal. Net soos wat sy swart vise-president nie haar hand op die Bybel geplaas het tydens die inswering nie maar op haar klein boekesakkie wat sy stilletjies bo-op die Bybel geplaas het, het Biden duidelik nie sy hand op die Bybel geplaas nie maar lyk dit op die sigbare afstand eerder of dit die sataniese bybel is.
Gaga se kleredrag by die inhuldiging waaroor so ‘n bohaai gemaak word is ook iets om in ag te neem. Haar rok was swart en rooi. In sataniese kringe het dit ‘n belangrike betekenis. Swart simboliseer finaliteit, dood en absorbering van negatiewe energie. (Is dit dalk gemik op Trump?) Rooi simboliseer woede,bloed en begeerte en selfs leierskap. (Biden se oorwinning en begeerte na mag?)
Vir die wat nie weet nie, Biden is deur sy hele politieke loopbaan betrokke by Afrika en ‘n ondersteuner van geweld. Hy het die terroriste in Rhodesia in die 70’s ondersteun en in Suid-Afrika ons Afrikaners as afskuwelik en afstootlik bestempel in 1986 en sover gegaan as om die swartes aan te hits tot geweld teen ons.
Wat lê vir ons voor? Moeilike donker tye. Die satan met sy Nuwe Wêreldorde , handlangers en hulle hekse spook steeds voort, al probleem is, hulle moet nog wakker word en besef hulle koffie is lankal yskoud, want ons Here Jesus het reeds die oorwinning behaal.