AS GIF VIR MEDISYNE AANGESIEN WORD

Alan Paton en Nadine Gordimer

Ds. AE van den Berg

Alan Paton

Suid-Afrika het talle volksvyandige skrywers gehad wat die volksiel met hul onkruidskrywes vergiftig het.Alan Paton (1903-1988) en Nadine Gordimer (1923-2014) was twee van hulle. Paton was jare lank hoof van ʼn swart verbeteringskool naby Johannesburg en het talle boeke geskryf waarvan Cry, The Beloved Country (1948) die meeste skade aan rasseverhoudings aangedoen het.

Dis ʼn fiktiewe verhaal van rasse-onreg waarmee Paton gif teen die eertydse apartheidbeleid gesaai het ten einde internasionale steun vir sy staatkundige hersenskimme te verkry. Die hoë misdaadsyfer, blankes wat deur swartes aangeval word en die paniek wat dit veroorsaak, is prominente temas in die skrywe. Hy skryf dit aan die verstedeliking en ontstamming van swartes asook die blanke politieke monopolie toe.

Swak infrastrukture vir en lae besoldiging van swart arbeid het syns insiens tot armoede gelei en swartes sonder morele of sosiale bedinging gelaat. Paswette het hul vryheid van beweging beperk en jeugdiges tot misdaad gedryf. Paton skryf dat almal in die land in vrees lewe, maar eindig die verhaal met hoop dat dinge in die toekoms wel gunstig vir almal sou verander.

Sy visie van een enkele nie-rassige gemeenskap was ʼn lugspieëling in die woestyn van politieke onkunde wat van niks na nêrens geleihet. Paton is blind vir die onomstootlike feit dat rasseverskille diepgewortelde mensverskille is wat nooit oorbrug kan word nie.

Nadine Gordimer

Nadine Gordimer is in 1923 in Springs gebore waar haar pa ʼn Joodse juwelier was. Sy was van jongs af negrofilisties wat ʼn verdraaide idee van geregtigheid by haar laat posvat het. In haar eerste boek The Lying Days (1953) kom haar medelye met swartes sonder politieke bedingingsmag sterk na vore. So ook haar weersin in die eertydse blanke minderheidsregering.

Talle van haar boeke is plaaslik verban maar elders wyd geleeswaarvoor sy menige buitelandse toekennings ontvang het. Gordimer het, bedwelm deur die gifgasse van vrysinnigheid, in 1990 by die ANC aangesluit en was een van die eerste persone wat Mandela na sy vrylating wou ontmoet. Sy is in 2014 oorlede.

Beide hierdie skrywers was sosialiste. Sosialisme is ʼn dwase staatkundige beleid en die filosofie van mislukking wat rasseverskille as klasseverskille opdis. Oral waar dit staatkundige oorhand verkry het, loop lande onder korrupsie deur. Dit ontwrig elke droom van geregtigheid en plaas net ellende in ʼn hoër rat.

Om pen op papier te sit, steek soms meer vure as vuurhoutjies aan die brand. As beide van hierdie skrywers uit die dood kon terugkeer, sien wat met Suid-Afrika gebeur het en ʼn laaste boek kon skryf, sou Cry, The Disrupted Counrty en The Dying Days dalk die gepaste titels wees.