APARTHEID KOM TERUG! BLACK LIVES MATTER...

Jeanette Koekemoer

Daar word in die algemeen na lede van die Black Lives Matter-organisasie (BLM) gekyk as oproermakers en brandstigters, wat hulle ook is. En dit kan selfs waar wees dat BLM gestig is om die Republikeinse Party van Donald Trump die verkiesing te laat verloor. Maar dalk sal ons nie te ver in die toekoms nie, ook dankbaar teenoor die stigters van BLM wees oor die pad wat hulle vir ons Afrikanervolk voorberei het, hoe snaaks dit nou ook mag klink. Kom ons kyk wat tans in hulle geledere aan die ontwikkel is.

Soos ons weet ondersteun talle blankes in Amerika en ook Engeland en sommige ander lande, die BLM. In Amerika is dit deels te wyte aan die feit dat die Demokratiese Party van Joe Biden (uitgesproke Afrikanerhater vanaf sy jeugdae - en die Party waaroor ons netnou moet uitwei want die huidige situasie daarbinne is so verwarrend dat dit eintlik koddig is) wat vanselfsprekend uit ‘n meerderheid blankes bestaan, die BLM in hulle midde koester. Maar soos wat die naam Black Lives Matter impliseer, gaan dit oor swartes en kry die volgehoue oproere dit reg om swartes so op te sweep dat daar al minder ruimte vir blankes binne dié beweging oorbly. BLM dring al meer aan op algehele skeiding tussen wit en swart op alle gebiede van die samelewing.   Hulle wil nou selfs rasgeskeide slaapsale, oriëntasies en gradeplegtighede op alle universiteitskampusse in Amerika hê. In Suid-Afrikaanse terme sou ons dit apartheid noem, daardie stelsel waarin die swartes in Suid-Afrika hulle eie gebiede bewoon het en die blankes veilig in húlle woonbuurtes was. Daardie tyd vóór dr Verwoerd vermoor is, vóór Johan Vorster en sy bende ons aan die Wêreldgeldmag uitverkoop het, daardie tyd toe ons nie elke dag die ware betekenis van misdaad aanskou het nie.

Maar daar word nie in BLM van apartheid gepraat nie; daar word nuwe benamings aan ‘n ou geslaagde regeervorm gegee. Daar word gepraat van modernisme, post-modernisme, neo-gesegregeerde etno-tribalisme, en neo-tribalisme of moderne tribalisme, almal groot woorde met eenvoudige betekenisse. Neem nou maar die woord tribalisme; ‘n verklarende woordeboek stel dit so:  Die konsep van tribalisme is gebaseer op gemeenskaplikhede en die uitsluiting van buitestaanders. Neo beteken nuwe, en so weet ons ook dat segregasie skeiding, en etno ras beteken: in ander woorde, nuwe skeiding (apartheid) van rasse, uitsluiting van buitestanders, groepe mense wat bymekaar hoort omdat hulle dieselfde gemeenskaplikhede deel. Klink dit bekend?

Die BLM-aktiviste noem hulself post-moderniste. Anders as moderniste wat glo in massasamelewing, glo post-moderniste nie in 'n marxistiese of globalistiese politieke en ekonomiese stelsel nie. In plaas dáárvan gebruik post-moderniste die rol van kultuur en ras om bevolkings se persepsies oor die wêreld en die lewe te kweek. Die versoeking is groot om die Afrikanervolk dan as die mees post-modernistiese volk van alle volke te beskryf. Is ons nie dié volk wat in moderne tye die hardste en lankste vir segregasie geveg het sodat ons ras en kultuur behoue sou bly nie?

Waarom ons moontlik in die nabye toekoms dankbaar kan word oor die stigting en rigting van BLM, is dat ons daardeur ons eie staanplek in ons land deur nuwe oë kan sien en met hernude moed en ywer daarvoor sal veg. En wie weet, dalk eendag ook die wêreld se nuutgevonde begrip vir apartheid sal ervaar, ongeag wat hulle dit wil noem.

Om, soos beloof, terug te kom na die verwarring binne die Demokratiese Party in Amerika: Deur BLM in die hoogste geledere van hulle party in te nooi, het die Demokrate 'n Trojaanse perd verwelkom. Enersyds glo hulle dat die BLM-identiteitspolitiek hul kaartjie is vir politieke mag. Aan die ander kant val die post-moderne tribaliste en neo-segregasioniste van BLM die oorweldigende blanke Demokratiese leierskap openlik aan saam met die heilige koeie van die liberalisme. Nadat BLM-aktiviste die platform gegee is om hulle griewe te lug, is die Demokrate nou magteloos om hul nuwe opposisie stil te maak. Hiermee het die Demokrate hul eie ondergang onnadenkend bewerkstellig.

Nog bewyse van die deurmekaarspul in die Demokratiese Party is die verkiesbaarstel vir presidensiële verkiesing van die swart sanger, Kaneye West. Enkele dae nadat hy aangekondig het dat hy hom vir president verkiesbaar gaan stel, is die superberoemde Kaneye West in ‘n onderhoud deur Forbes gevra of hy bekommerd is oor hy swart kiesers van die Demokratiese Party gaan weglok. West se antwoord was veelbeduidend van wat in die Party aangaan:

“Dit is 'n vorm van rassisme van wit supremaciste om te sê dat alle swartmense demokraties moet wees en omdat ek deelneem, aan te neem dat ek die stemming sal verdeel ... Daar is vir my gesê dat as ek vir Trump sou stem, my musiekloopbaan verby sou wees. Ek is gedwing om in die party te wees ... Ek word as 'n swart man in die Demokratiese Party gedreig. Dit is wat die Demokrate emosioneel aan my mense doen. Deur hulle te dreig tot die punt waar hierdie witman vir 'n swartman kan sê as jy nie vir my stem nie, is jy nie swart nie.’” (Net terloops, ‘n regter het Vrydag beslis dat Kanye West nie meer kwalifiseer om by die presidensiële stemming in die slagveld van Wisconsin deel te neem nie nadat hy die sperdatum vir indiening van sy benoemingsdokumente misgeloop het...)

Eerstens is West se veroordeling van " wit supremaciste " tesame met sy verwysing na "my mense", sentimente wat volledig strook met die retoriek van Black Lives Matter (BLM) wat West openlik in die publieke oog steun. Tweedens het West in die onderhoud niks minagtend oor die Republikeinse Party gesê nie, en eerder sy toorn vir die Demokrate voorbehou. Inderdaad, mens kan sê dat West se kommentaar neerkom op 'n oorlogsverklaring aan die Demokratiese Party, ‘n party waarvan hy gedwing word om lid te wees veral agv sy betrokkenheid met BLM. Kanye West se anti-demokratiese sentimente word ook gedeel deur 'n hele aantal aktiviste in die BLM-beweging.

In dieselfde onderhoud het West die moderne linkses opgewonde gemaak met die aborsie-onderwerp. 'Beplande ouerskap deur wit supremacists is in plek geplaas om die duiwel se werk te doen.' West se kommentaar kom kort op die hakke van 'n ope brief wat onderteken is deur honderde personeellede van Planned Parenthood of Greater New York (‘n reeks gesondheidsentrums wat hulp verskaf met oa aborsies) waarin verklaar word dat die stigter van die organisasie, Margaret Sanger, ‘n rassistiese, blanke vrou is en dat die organisasie onder institusionele rassisme ly. Die soort aanval kom algemeen voor in die retoriek van die regterkant, maar dié storm van links is ongekend en as ons wil sien wat regtig aan die gang is in die Demokratiese Party en hul omhelsing van die BLM-beweging, is dit beter om te dink in terme van moderniteit en post-moderniteit.

Die 19de en 20ste eeu het die wêreld drie moontlikhede gegee vir 'n volledig modernistiese politieke en ekonomiese stelsel: Westerse liberale globalisme, Sowjet-kommunisme en die Duits-Nasionaal-Sosialisme. Met die nederlaag van laasgenoemde in die Tweede Wêreldoorlog en die val van die Sowjetunie op Kersdag 1991, het geleerdes soos Francis Fukuyama geglo dat die wêreld, volgens sy woorde, die 'einde van die geskiedenis' bereik het. Westerse liberale globalisme het die vaandeldraer geword vir 'n wêreldwye moderne samelewing.

Een van die belangrikste redes vir die wêreldwye opbouende sosiale kloof is egter die feit dat die meeste bevolkings die filosofiese aannames van moderniteit grotendeels verwerp het. In plaas daarvan het veral Westerse bevolkings post-modern geword. Soos reeds gesê glo post-moderniste nie in 'n marxistiese of globalistiese politieke en ekonomiese massasamelewingstelsel nie maar stel ras en kultuur voorop. Ons sal verbaas wees oor die nasionalistiese behoudendheid wat in die harte van die meeste volke heers te midde en ten spyte van hulle moderne globalistiese regerings wat massasamelewing afdwing. Daarvan is die grootse opstand van die ‘neo- Nazi’s’ teen die liberale regering van Angela Merckel in Duitsland die afgelope tyd ‘n uitstekende voorbeeld.

Dit is interessant dat dit blyk dat ‘kulturele’ Marxiste hierdie verskuiwing van moderniteit na post-moderniteit erken. In ooreenstemming met die post-moderne tyd, het hedendaagse Marxiste die kultuur weer begin gebruik as die primêre plek vir die proletariaatstryd soos ons hier in Suid-Afrika ook sien gebeur. Onder leiding van 'n groep pseudo-intellektuele, bekend as die Frankfurtskool, het Marxiste aangevoer dat dominante etniese kulture (behoudende blankes) in die Weste effektief omvergewerp kan word deur 'n koalisie van “onderdrukte” minderhede (swartes). Daarom het die ‘kulturele’ marxistiese demokrate in die VSA vir ‘n etniese minderheidsgroep soos BLM 'n tuiste in hul party geskep om politieke mag uit te oefen.

En hier is die sleutel tot die begrip van die geklike onsamehangendheid van die moderne linkses vandag: as Marxisme dan inherent modernisties is, en as die kulturele stam van BLM post-modernisties is, dan is die Demokrate se omhelsing van kulturele Marxisme 'n omhelsing van 'n post-moderne modernisme, en dit is so gek soos om oor vierkantige sirkels te praat!

Dit is juis hierdie teenstrydigheid wat die BLM-beweging vanuit die Demokratiese Party na vore bring. Post-moderne BLM-aktiviste verskuif die party van sy wit liberale sentrum na 'n meer neo-gesegregeerde etno-tribalisme – menende nuwe skeiding (apartheid) vir ‘n rasse-groep wat ander rasse uitsluit.

Om (met ‘n vonkel in die oog) mee af te sluit oor die verwardheid in Amerika oor links en regs, swart en wit, liberaal en konserwatief: tydens 'n onlangse saamtrek in Los Angeles het ‘n professor in Pan African Studies, Melina Abdullah, medestigter van Black Lives Matter LA, die stad Los Angeles beskuldig met wat sy 'liberale wit supremaciste' noem. Na aanleiding van wat een van die aangehoude betogers gesê het: 'F.. Donald Trump' , het Abdullah gesê: “Terwyl ons praat oor 'n blanke terroris soos Donald Trump, moet u onthou dat ons in 'n stad woon wat grotendeels uit liberale blanke supremaciste bestaan. As u dus 'F.. Donald Trump sê', maak seker dat u 'F.. Eric Garcetti' sê! " Eric Garcetti is die ultra-linkse burgemeester van Los Angeles wat onlangs $ 150 miljoen dollar aan die LA-polisiedepartement geskenk het ná die BLM-oproep om die polisie te verontagsaam. U sal egter agterkom dat die feit dat Abdullah en die burgemeester volgens haarself albei liberaal is, nie beteken dat hulle aan dieselfde politieke kant staan nie!

Inderdaad kan 'n wit liberaal nou gelykgestel word aan 'n vermeende wit supremacistiese terroris soos Donald Trump!