Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Is jy ook stukkend, soos almal van ons? Bid dan saam:
My God, ek is so stukkend, daar is soveel gate in my lewe en ek wil só graag weer héél wees.
Weet jy wat die HERE se antwoord is? :
"My kind, as daar nie gate in jou lewe was nie, wáárdeur sou my LIG dan kon skyn?"
Dankie Here, dat U elkeen van ons aanvaar net soos ons is, of ons slim of ryk of oulik of gewild of heeltemal niks is nie!
HIER KOM ‘N STAATSGREEP!
Dié van u wat buitelandse nuus volg hou moontlik met groot opgewondenheid die gebeure dop wat in Berlyn, Duitsland afspeel. Daar is geruime tyd reeds ‘n stygende weerstand teen die “demokraties sosialistiese” Merckel-regime wat besig is om van Duitsland ‘n Derdewêreldland te maak deur haar gulhartige ontvangs van al wat ‘n onwettige immigrant is. Sy het pas weer gedreig dat sy haar nie sal laat keer om nog ‘n miljoen in die land toe te laat nie. Intussen is duisende Duitsers werkloos as gevolg van Merckel se immigrasie-beleid en het sy daarmee van Duitsland ‘n land van gruwelike misdaad gemaak. Ook vroue en kinders word daagliks aangerand en verkrag vandat die land deur miljoene immigrant-‘vlugtelinge’ toegesak is.
Die AFD, die Alternative für Deutschland, is ‘n verregse politieke party in Duitsland wat in April 2013 sy ontstaan gehad het toe hulle met slegs 5% die sitreg in die Bundestag (letterlik "Bondsdag") tydens die 2013-verkiesing verbeur het. Die Bundestag is 'n konstitusionele en wetgewende liggaam in Duitsland. Die feit dat hierdie party met sy stigting reeds so goed gevaar het is bewys van die groeiende weerstand teen die sosialistiese party van Merckel. In die AFD se Manifesto vir Duitsland spreek hulle hul sterk uit vir die herstel en behoud van die Duitse kultuur. Die weerstand teen die versosialisering en Islamitisering van Duitsland is direk uit hierdie party gebore en sê lede prontuit dat hulle hul vir ‘n staatsgreep beywer.
Die neo-Nazi-politiek in Duitsland het sedert die afbreek van die Berlynse muur in 1988 'n Duitse werklikheid geword wat geo-politieke analiste periodiek as belangrik uitlig. Hierdie politieke groep het veral sterk steun in die Duitse weermag en in die Duitse sakewêreld. Deesdae het selfs die polisie ‘n duidelik toegewende houding jeens hulle. Daar is beslis ook groot geld agter hierdie politieke groep. Dit opsigself kan die werklikheid van 'n Duitse staatgreep in die nabye toekoms verhoog.
Die Covid-19-sage was maar net ‘n toevoeging tot die Duitse bevolking se weerstand teen hulle omstandighede. Dit word egter nou as rede aangevoer vir grootse protesoptogte soos vandag, 29 Augustus 2020, om hulle vryheid te probeer bewerk. Die regering besef egter baie goed dat daar meer in steek as protes teen die virus-inperking en dra van maskers. Die reaksie van die regering deur middel van infame leuens oor hierdie groep word deur die Duitse liberale media uitbasuin maar klink so bietjie meer na benoudheid as bravade.
Die groep, Querdenken 711 onder leiding van organiseerder Michael Ballweg, wat vandag hulle vreedsame "Vryheidsmars" tot by die Brandenburghek voltooi het, word deur die media as ‘n skrale 18,000 – 30,000 optoggangers bestempel maar daar is duidelike tekens dat daar eerder van miljoene sprake was, soos selfs deur sekere media gefluister is. Die ekstra 12,000 busse wat optoggangers uit verskeie ander stede aangery het spreek ook daarvan.
Te midde van slagspreuke soos “Dink vir jouself! Moenie maskers dra nie!”, “Korona: vals alarm!”, “Ons is beroof van ons vryheid!” en “Natuurlike weerstand, geen inentings!” het hulle gedissiplineerd gestap soos net blankes, en veral die Duitse volk kan doen! Hierdie is hulle tweede optog nadat hulle op 1 Augustus ‘n groot optog gehou het voordat dit deur die regime stopgesit is, hulle daarna hulle saak in die hof gestel het, en die hof hulle basiese reg tot vryheid erken het en daar geen beletsel op vandag se optog gevind kon word nie.
Hou die AFD-party en die dapper Duitsers dop – hier kom ‘n staatsgreep, so seker as die son bedags skyn. Hoe lank dit nog sal neem sal die tyd ons leer. En hou styf duimvas daarvoor want dit gaan ‘n bepalende uitwerking op Suid-Afrika meebring...