Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
'Groot' sondes kan ons maklik vermy: dit verg nie groot opoffering om nie moord, egbreuk, diefstal, ens , te pleeg nie; maar dit is die klein jakkalsies wat die wingerde verniel: ons woede-uitbarstings, stilstuipes, ons selfsug, vloek en twis, ens, waaraan ons meestal skuldig is – dus is daar nie werklik 'groot' en 'klein' sondes nie...
BOIKOT GOODYEAR – DAAR IS BETER BANDE!
“Boikot Goodyear! Daar is ander baie goeie bande wat baie minder kos”, sê Donald Trump
Wat is volgende, pedofiele?
Te midde van ondersteuners van krieket en rugby en selfs Grand Prix wat woedend is oor dié se kniebuig voor die Black Lives Matter-beweging, wie het ooit gedink ‘n bekende bandemaatskappy sou ‘n streng “Zero Tolerance Policy” aankonding waar “Black Lives Matter (BLM), Lesbian, Gay, Bisexual, Transgender Pride” toelaatbare assosiasies is, terwyl konnotasie met “Blue Lives Matter, All Lives Matter, White Lives Matter, MAGA Attire, Political Affiliated Slogans or Material” totaal verbied word?
Wel, die Goodyear Bande- en Rubbermaatskappy het homself so pas hiermee in die voet geskiet. Maar laat ons net eers duidelik maak waarvoor MAGA staan: dit is Donald Trump se slagspreuk en is ook so op sy pette geborduur: Make America Great Again. Dan wonder u ook oor die Blue Lives Matter . Dit is ‘n slagspreuk van diegene wat die Amerikaanse polisiemag steun aangesien die polisie deur swartes vermoor word, terwyl BLM weer te kenne gee dat die polisie daarop uit is om swartes te vermoor.
Goodyear moes dalk nie Trump se MAGA ingesluit het op die lys van verbode onderwerpe nie... sy teiken daarmee was Trump se verkiesingsveldtog en het Trump baie gou ‘n nasionale oproep tot ‘n boikot teen Goodyear gedoen. En die mense het geluister want binne een minuut ná Trump se boodskap op Twitter het Goodyear se beursaandele met 6% geval maar dit is nog net die begin. Dalk onthou u Gillette, die skeermesmaatskappy, se advertensieveldtog oor vroueverkragting waar veral die witman as die eintlike verkragter van vroue uitgebeeld word? Toe Gillette by die $6 miljard-verlies kom het hulle baie stil geword... En was dit Spur wat so ‘n groot finansiële verlies gely het ná hulle onregverdiglik ‘n swarte se kant in ‘n openbare rassekonflik gekies het? In alle geval, Goodyear gaan ook nou uitvind hoe dit voel om Get Woke? ...Go Broke! te voel – ‘n slagspreuk wat deur konserwatiewes vir die liberales gebruik word aangesien die liberales glo hulleself is wakker en oulik, niks ontgaan hulle glo nie, vandaar hul selfgekose uitdrukking Woke. As u google gebruik sal u sien dat ook Goodyear hulself as “woke” adverteer.
Waaroor van die werknemers van Goodyear meer ontsteld is, is die dubbelstandaarde wat daar gestel word. Een van die werknemers wat anoniem wil bly aangesien hulle met ‘n Geen-Tolleransie Gedragskode gekonfronteer is en hy summier afgedank kan word, meen dis suiwer diskriminasie dat werkers toegelaat word om ‘n BLM-T-hemp te dra terwyl ander politieke slagspreuke op klere verbode is. Daar het as teenvoeter vir die Black Lives Matter-beweging ‘n sterk beweging in Amerika ontstaan wat die slagspreuk White Lives Matter gebruik maar die vertoon daarvan, ook op T-hemde, word deur liberales soos Goodyear verbied.
Net na bekendmaking van die opleidingsinhoud het Goodyear ‘n verklaring uitgereik waarin hulle hulself verontskuldig oor die aangeleentheid. Maar toe ‘n klankvideo en foto’s op internet uitlek waar die opleidingsbeampte die nuwe gedragskode aan die werkers verduidelik, is Goodyear wyd en sy beskuldig dat hy in sy verklaring gelieg het. Want hy het.
Wat betref die homoseksuele, lesbiese, bi-seksuele en transgendergroepe op Goodyear se goedgekeurde lys: dit is ‘n sataniese aanslag op ons Christenskap. Hier kom ons direk te staan voor die keuse : VíR OF TééN GOD. As ons dan vír God is, kan ons nie bekostig om stil te sit sodat instansies soos Goodyear ongestoord kan voortgaan daarmee nie. En die enigste slaankrag wat ons het is soos Trump tereg sê: boikot Goodyear en koop ander baie goeie bande vir minder geld. Dit is al manier hoe liberales leer – slaan hom op die sak! As ons dit nie doen nie is daar geen keer aan diesulkes nie. Wat is volgende op Goodyear se goedgekeurde lys, pedofiele?