Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
‘n Wyse volksleier tree nie oorhaastig op nie, maar dink deeglik na alvorens hy reageer. Hy veronagsaam ook nie voor die handliggende feite nie. Wysheid is ‘n gawe van God. “En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid.... en dit sal aan hom gegee word” (Jak.1:5)
DIE ANTICHRIS SE VOETSTAPPE (9)
Lees reeks by Die Antichris se voetstappe
Ds AE vd Berg
PROFETIESE VERVULLING
"Openb.17 is baie na aan vervulling. Daar hoef nie na verborge betekenisse gesoek te word nie. Die vrou wat Johannes in hierdie gesig sien, is ‘n stad. Net een stad staan al eeue lank as die stad op sewe heuwels bekend - Rome. En meer spesifiek die Vatikaanstad, die bakermat van Roomse Katolisisme."
1. Tekens van die tyd
Hierdie opkomende Europese superstaat is die laaste herlewing van die HRR en sal nie lank duur nie: “Dan sal hulle julle aan verdrukking oorgee en julle doodmaak; en julle sal deur die nasies gehaat word ter wille van my Naam. En as daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes sal daardie dae verkort word” (Mt.24:9,22).
2. Groepering
Tien nasies uit die gebied van die ou Romeinse ryk gaan ‘n magsgroep vorm om die wêreld te onderwerp. Hulle kom uit EU geledere. Na die hereniging van Duitsland (1989) is EU lidlande begin boelie om by die Duitse agenda vir die sentralisering van Europese mag in te val.
Op die oomblik verhoed die vermenging van swak en sterk lidlande effektiewe mag. Die EU kan selfs vanweë sy eie gewig ineenstort indien ‘n oplossing nie gevind word nie. Die enigste uitweg is om te hergroepeer. Die Balkanlande kan bv. soos in die dae van genl. Tito deur een goewerneur verteenwoordig word. So ook kleinere lidlande. Die EU gaan uiteindelik uit 10 groepe bestaan – die 10 konings waarvan Johannes in Openb.17:12 skryf!
3. Versnelde samewerking
Die Verdrag van Maastricht wat as die verdrag van Europese eenheid gesien word, maak onder paragraaf 7 ‘n gevaarlike deur oop. Dit laat ‘n beperkte aantal lidlande, ‘n minimum van agt, toe om sonder die toestemming van die meerderheid te handel en versnelde samewerking genoem. Die EU Observer (24/3/2010) rapporteer dat 10 van die lidlande besig is om reëls vir ‘n versnelde samewerking op te stel!
Wat sit hieragter? Lidlande gaan gedwing word om by een van die 10 lande in te val sodra dit groepeer. Daarna sal die EU uit ‘n kerngroep van 10 lande bestaan waarby die ander lidlande sal moet inval of hul baadjie vat.
Versnelde samewerking maak dit vir enige agt lidlande moontlik om ‘n weg in te slaan wat nie in meerderheidsbelang is nie. Duitsland kan bv. in beheer van Europa se Sentrale Bank kom en saam met Frankryk al die topposisies in die EU se buitelandse diens beklee. Dit kan ook Italië se befaamde bankier, Romano Dragi, die hoof van die FSB maak. Italië, Duitsland en Frankryk kort net vyf lidlande se ondersteuning. Versnelde samewerking is die dun ent van die wig wat aan EU elite die groenlig gee om hul eie agendas mee te bevorder.
4. Die vrou
Openb.17 is baie na aan vervulling. Daar hoef nie na verborge betekenisse gesoek te word nie. Die vrou wat Johannes in hierdie gesig sien, is ‘n stad. Net een stad staan al eeue lank as die stad op sewe heuwels bekend - Rome. En meer spesifiek die Vatikaanstad, die bakermat van Roomse Katolisisme.
Roomse Katolisisme gaan net voor die wederkoms van Christus ‘n Sataniese houvas op die mensdom verkry en word as ‘n vrou versinnebeeld. Johannes sê in Openb.17 dat sy ‘n hoer met ongekende mag is (vers 1) en almal verlei en onderdruk (vers 2). Johannes versinnebeeld haar verleidingsmag met hoerery en dronkenskap. Almal is bedwelmd en magteloos voor haar.
Dis onrusbarend om daarop te let dat feitlik elke land in die wêreld nie alleen ‘n ambassadeur in Rome het nie, maar ook in die Vatikaanstad. Amerika het selfs van haar grondwet afgewyk en in Januarie.1984 ‘n ambassadeur in die Vatikaanstad aangestel.
Johannes sien dat die vrou op ‘n skarlakenrooi dier sit en oor groot rykdom beskik (vers 3 en 4). Skarlaken en rooi was die amptelike kleure van die eertydse Romeinse keisers en versinnebeeld derhalwe die regeermag waaroor diè vrou beskik. Die afvallige kerk is dus ‘n onheilige kerk-staat eenheid.
Dat die vrou van Openb.17 ‘n goue beker in die hand het, dui duidelik op die RK. Die Vatikaan besit letterlik duisende goue drinkbekers. Baie daarvan is tydens die Inkwisisie gebuit. Johannes sien dat hierdie beker met gruwels gevul is. Dit verwys na die RK se booshede waardeur sy skatte verkry het. Dis algemene kennis dat die RK die rykste instelling op aarde is. Hoe skreeu dit nie teen Christus en die dissipels se eenvoud en armoede nie!
Dat sy van bloed dronk is (vers 6), dui op vervolgsug. Johannes sien dat die bloed van gelowiges haar rasend van opgewondenheid maak Die RK het vir 1260 jaar oor Europa geheers (538-1798) en miljoene teenstanders gedood. Tydens die Inkwisisie is meer as 3 miljoen mense net in Spanje alleen vervolg waarvan nagenoeg 300,000 op brandstapels gesterf het. Die RK is soos ‘n duif met roofvoël instinkte!
Die RK het Hitler en Mussolini openlik gesteun en geen poging aangewend om die menseslagting van die Tweede Wêreldoorlog te keer nie. Gevolglik is die RK in werklikheid aan die dood van meer as 50 miljoen mense aandadig! Desondanks is die RK nooit soos die Nazi leiers by Nuremberg tot verantwoording geroep nie.
5. Die konings
Hoe meer ‘n mens van die RK en haar wrede geskiedenis kennis neem, hoe duideliker word Openb.17 en weet ons uit watter geledere die Antichris gaan kom: En die tien horings wat jy gesien het, is tien konings wat nog geen koningskap ontvang het nie, maar hulle ontvang mag soos konings een uur lank saam met die dier. Hulle het een gesindheid en sal hulle krag en mag oorgee aan die dier” (Openb.17:12,13).
Die EU kan nie veel langer sinvol saamwerk nie en sal van struktuur moet verander. Tien groepe gaan elkeen onder leiding van ‘n kommissaris staan. Alhoewel hulle nie konings met eie koninkryke gaan wees nie, sal hulle groot mag van die Antichris ontvang en die Inkwisisie laat herleef!
6. Die handelaars
Die Bybel maak van ʼn mag melding wat aan invloedryke enkelinge (handelaars) groot mag gaan verleen (Openb.18: 3, 11,15, 23). Dit gaan ‘n godsdiensleier wees wat na vore gaan kom sodra die EU die knie voor die Vatikaan buig. Die EU het nie toevallig in Rome (1957) ontstaan nie! Die EU is ‘n wegbereider vir die Antichris en sal alle nasionale regerings tot niet maak om die goddelose HRR vir die laaste keer in ‘n konfederasie van state te laat herleef.
Slotopmerking
Die voetstappe van die Antichris word al hoe duideliker gehoor. Duitsland is besig om al haar eertydse doelwitte vir wêreldmag te bereik. EU burokrate help haar daarmee. Dit lewer trouens baie beter resultate as oorlogvoering!
Twee dinge ontbreek egter – ‘n geskikte weermag en ‘n bindende ideologie wat alle lidlande kan saamvoeg. En dit kan enige tyd gebeur. Europa is tans meer geïntegreer as ooit tevore. Babel word herbou om een te kan wees (Gen.11).
Al lyk dit asof die EU met slakkepas beweeg, is dit besig om die grootste politieke mag ter wêreld te word. Die tyd is egter nie ryp vir Duitsland om die finale skuif te maak nie. Alle belangrike Europese instellings word deur Duitsers en Roomsgesindes beheer. Die RK het immers eeue se ondervinding van toutjies agter die skerms trek.
Haar slagspreuk Semper Eadem (altyd dieselfde) is ironies genoeg baie waar. Wat was, sal weer wees! Ons beleef alreeds iets van die onsigbare gees agter die oorlogsmasjien wat binnekort op die wêreldfront gaan verskyn (Openb,12:9 en 13:4). Ongelukkig sien die meeste mense nie die gevaar raak nie!