NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die beste wapen teen hartseer is dankbaarheid.  Dankbaarheid bring blydskap.  Blydskap is weer ‘n vrug van die Heilige Gees.  As jy God dus wil behaag, moet jy leer om verdriet uit jou lewe te weer.

DIE ANTICHRIS SE VOETSTAPPE (8)

Lees reeks by Die Antichris se voetstappe

Ds AE vd Berg

DIE ROOMSE GEVAAR

1.   ʼn Bedenklike geskiedenis
Die mensdom het al baie bloedvergieting aanskou, veral gedurende oorloë.   Niks het egter soveel bloedvergieting veroorsaak soos die ydele strewe om die mensdom aan die mag van een kerk en een heerser te onderwerp nie.   Hier span Rome die kroon.  Geen kerk het ʼn bedenkliker geskiedenis as die Roomse Kerk (RK) nie!

Die geskiedenis leer dat geen regeerder al ooit by ʼn samewerking met die RK gebaat het nie. Talle het selfs hul mag verloor!    Tydens die berugte Inkwisisie het die RK mense se vryheid onbeskaamd aan bande gelê.  God het egter talle hervormers in die 16de eeu gebruik om gelowiges se oë te open en die RK as ʼn magsbehepte knoeier te ontmasker.   Sy het menige oorlog geveg net om aardse mag te bekom of te behou; iets wat geensins met die Bybel rym nie: “Jesus antwoord:  My koninkryk is nie van hierdie wêreld nie; as my koninkryk van hierdie wêreld was, sou my dienaars geveg het...” (Joh.18:36).

2.   Die HRR herleef
Die sewe heuwels van Rome versinnebeeld die sewe herlewings van die Heilige Romeinse Ryk (HRR).    Die eerste herlewing was tydens die bewind van keiser Justinianus toe hy onder andere Rome in 554nC herbou het.   Dis ryksherbou genoem.   Hy het geglo dat godsdiensverdeeldheid sy regeermag geskaad het en dringend aandag daaraan gegee.  Daarna het hy die sinkretisme (godsdiensvermenging) waarmee Konstantyn die Grote twee eeue tevore begin het, verder voortgesit.

Justinianus het homself as ʼn agent van God beskou wat geroepe was om kettery uit te roei.   Die RK het dit verwelkom omdat dit haar die kans gegee het om ʼn vastrapplek in tradisioneel heiden gebiede te verkry.   Daarna was die RK eeue lank die mag agter die skerms en die keisers marionette aan ʼn lyntjie.   Niemand kon sonder RK steun regeer nie.

Die tweede herlewing van die HRR het onder Karel die Grote (800nC), die derde onder Otto die Grote (962nC) en die vierde onder Karel V met die aanvang van die Habsburg koningshuis (1530) plaasgevind.

Die vyfde herlewing was onder Napoleon wat homself in 1804 as keiser gekroon het.

Hitler en Mussolini se skrikbewind was die sesde en voorlaaste herlewing van die HRR.   Mussolini wou die HRR vir Rome in al sy glorie herstel sodat sy weer die wêreld kon regeer.   Nadat hy Ethiopië, Somalië, Eritrea en Libië in die aanloop tot die Tweede Wêreldoorlog verower het, het hy dit amptelik die Romeinse Ryk genoem.   Die sewende en finale herlewing van die HRR is voor die deur en sal uit ‘n unie van 10 volksstate bestaan.

3.    ‘n Samebindende ideologie
Die mensdom is op die vooraand van ‘n verenigde Europa onder Roomse beheer.  Dit gaan tot die grootste vervolging en bloedvergieting in menseheugenis lei.  Al wat tans ontbreek, is ‘n samebindende ideologie.   En dit sal nie Naziïsme wees nie.   Dit het Duitsland nie die mag besorg wat sy wou hê nie.   Daar gaan van ‘n ander beproefde resep gebruik gemaak word; dit wat in die verlede aan heersers ongekende mag besorg het - Roomse Katolisisme!

Die RK was tot op hede vir alle herlewings van die HRR verantwoordelik.   Karel die Grote het 1200 jaar gelede ‘n skrikbewind gevoer toe hy die RK met Duitse strewes verbind het.   Dit gaan aan die einde van die tyd weer gebeur.  Dis die ryk van die Antichris waarvan die Bybel praat!

Roomse Katolisisme wen ontstellend baie veld en is weereens besig om die Duitse nasionale gees aan die brand te steek.   Daarom sal dit geen verrassing wees indien ʼn Roomsgesinde Duitser die voortou neem om die EU se masjinerie vir ʼn sewende herlewing van die HRR aan die werk kry nie!

Let gerus daarop dat almal wat Europa in die verlede staatkundig wou verenig, Roomsgesind was.  Van Karel die Grote tot by die Franse Rewolusie en van Napoleon tot by Bismarck.   Otto von Habsburg, ʼn vurige voorstander van Europese eenheid, het jare gelede die herlewing van die tradisionele Christendom (Roomse Katolisisme) in Europa voorsien.

Europa is slaggereed vir verandering.   Menige onheilige plan is al agter die skerms van die Vatikaan bekook.   Dis weer die geval.  Pous Benediktus XVI is nie toevallig ʼn Duitser nie.  Alle invloedryke posisies in die EU word deur Roomsgesindes beklee.   Dis die grondslag vir ʼn Roomse ryk.   Al wat ontbreek, is ʼn groot krisis.   En daarvoor sal die Vatikaan sorg waarna miljoene mense, ook ontspoorde Protestante, die knie voor Rome gaan buig!

4.    Die invloed van die pous
Die invloed van die pous op wêreldsake is enorm.  Die Belgiese sosialis dr. Paul-Henri Spaak het by geleentheid gesê dat Europa net ‘n baie sterk leier kort.   Hy moet so invloedryk wees, dat hy almal se steun sal geniet, ongeag of hy ‘n engel of ‘n duiwel is!   Hierdie leier sal nie ‘n politieke leier wees nie, maar ‘n godsdiensleier.   Pous Benediktus XVI is die aangewese persoon!

In November 2003 het pous Johannes Paulus II die EU gewaarsku en gesê dat ‘n samelewing wat sy verlede vergeet, die hede nie sinvol kan hanteer nie en ‘n slagoffer van die toekoms sal word.   Hy het toe alreeds druk op die EU begin uitgeoefen om Roomse Katolisisme as die staatsgodsdiens van Europa te erken.

Die Vatikaan meng gedurig met politieke sake in ten einde haar afgodery op die mensdom af te druk.   Ongelukkig besef mense nie watter bittere gevolge dit vir die ganse mensdom gaan inhou nie!   Die Vatikaan maak ruimskoots van woorde soos God en Christendom gebruik.   Vir leke klink dit goed op die oor.  Dis egter ‘n berekende poging van die Satan om Protestantisme te vernietig!

Die RK wen baie veld in Europa.  Pous Benediktus XVI het selfs sy eie TV netwerk waarmee hy Europeërs oproep om na hulle sg. oorspronklike wortels van Europese godsdiens terug te keer.   Die EU het die RK nodig om die los stukke aanmekaar te werk.  Daarsonder sal die EU uitmekaar val.   Die pous weet dit al te goed.   Daarom dring hy gedurig daarop aan dat Europa na Rome moet terugkeer om die geestelike lont aan te steek.    Gelowiges sidder om te dink wat met die mensdom gaan gebeur as daardie lont aangesteek word!

5.  Brittanje buig die knie
Brittanje se geskiedenis wemel van skermutselings tussen koningshuise en pouse.  Desondanks het sy haar rug daarop gedraai en die knie voor Rome gebuig.    In 1534 het Hendrik VIII bv. van die RK weggebreek en die Anglikaanse kerk gestig waarna die Britse monarg ampshalwe die hoof daarvan geword het.    Om onduidelikheid te voorkom, het die English Bill of Rights (1689) bepaal dat ‘n Roomsgesinde nooit op die Britse troon mag sit nie en deur The Act of Settlement (1701) herbeklemtoon.

In November 2009 het die gewese Britse premier, Gordon Brown, gesê dat diè 300 jaar oue wet geskrap kan word.    Die koningshuis het hom nie aangespreek nie omdat duisende Anglikane jaarliks by die RK aansluit omdat sy voorgee om kerklik konserwatief te wees.  Daarbenewens het die Roomse georkestreerde ekumeniese beweging talle Protestantse kerke met ‘n slap riem gevang om Roomse kerklui as andersdenkende broeders te beskou.  (Meer hieroor in my boek Die Laaste Pous).

6.    Knoeiery
Italië gee voor om geen bepaalde staatsgodsdiens te hê nie.   Dis ‘n leuen!  Sy dans van meet af aan na die Vatikaan se pype wat die staat misbruik om die EU kerklik te beïnvloed.   Daarom kom die RK se vingerafdrukke oral op die EU voor.   Elke tree wat die Vatikaan gee, is vir die mensdom gevaarlik!

Die RK het ongelooflik baie mag.    Dit het ‘n paar jaar gelede gesorg dat Romano Prodi weens sy liberale sienings as premier van Italië onthef word.   In Frankryk het die pous mnr. Sarkozy sterk aangemoedig om van sekularisme ontslae te raak en Frankryk te ver-Rooms.   In Spanje staan die RK die plaaslike regering weens sy aborsiebeleid en vrysinnigheid baie sterk teen.

Invloedryke Europese leiers word herhaaldelik opgeroep om na hul geestelike wortels van oorsprong terug te keer.    Ongelukkig het die meeste van hulle hul geskiedenis vergeet en onthou skynbaar nie meer die bloedige grond waarin hierdie geestelike wortels staan nie – moord, verdrukking, marteling en onderwerping!

Die RK se oproep tot geestelike herstel klink vir baie mense goed.  In werklikheid word die Satan vir die duiwel verruil!    Sodra die RK wêreldmag bekom, gaan alle Protestantse kerke gedwing word om Roomse Katolisisme as staatsgodsdiens te aanvaar of die dood in die gesig te staar.   Die geskiedenis herhaal homself!

Min mense besef dat die RK besig is om Europa se donker eeue te laat herleef.   Die Vatikaan dwing haar wil al meer af.    Daarvoor word Vatican Radio asook ‘n TV kanaal wat sedert 2008 in sewe tale uitsaai, gebruik.   Die EU se EUROPARL TV wat in 20 tale uitsaai, is deurtrek van Roomse Katolisisme!

Die RK is verreweg die sterkste gerat om die mensdom se gedagtegang te beheer en die wêreld se kommunikasienetwerke te oorheers.   Krisisse het al dikwels kerk en staat vir ‘n wyle laat saamwerk.  Dit het egter nooit tot gelukkige verbintenisse gelei nie.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 4085 gaste aanlyn