Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
As 'n trein deur 'n tonnel gaan en dit donker om jou word, gooi jy nie die treinkaartjie weg en spring van die trein af nie. Jy sit stil en vertrou die ingenieur.
DIE ANTICHRIS SE VOETSTAPPE (7)
Lees reeks by Die Antichris se voetstappe
Ds AE vd Berg
VERDEDIGING
1. Strewe
Die EU het na die Kosovo-oorlog (1999) in alle erns met die beplanning van ʼn eie weermag begin. Verskeie EU vredesmagte het reeds suksesvolle vredesendings in Afrika, die Midde-Ooste en die eertydse Oos-blok uitgevoer. Hulle suksesvolle optredes in Afghanistan het ook bewys dat Europa militêr kan saamwerk.
Franco Frattini, Italië se minister van Buitelandse Sake, het in November 2009 in ʼn onderhoud met The Times gesê dat die Verdrag van Lissabon dit vir die EU makliker gemaak het om ʼn eie weermag op die been te bring. Benewens die koste wat gedeel word, sal ʼn gesamentlike weermag Europa gouer verenig. ‘n Lidland sal egter die voortou moet neem waarna die ander sal volg.
Frattini is nie die eerste politikus wat ten gunste van ʼn eie Europese weermag is nie. Angela Merkel, Frank-Walter Steinmeier, Nicolas Sarkozy en John Hutton (Brittanje se verdedigingsekretaris) het ook al hulle stem laat hoor. In Februarie 2008 het Sarkozy voorgestel dat die EU met ʼn eksperimentele weermag moet begin. Dit moet uit 10,000 soldate bestaan wat onmiddellik ontplooi kon word. ʼn Verdere 60,000 moes binne 60 dae ontplooi kon word indien nodig. Hierdie weermag moet, totdat die reëls vir samewerking bepaal is, uit ses lidlande saamgestel word, te wete Duitsland, Frankryk, Italië, Spanje, Brittanje en Poland. Daarna moet ander lidlande genader word.
2. Befondsing
Duitsland het onlangs voorgestel dat die EU moet toesien dat lidlande minstens 2% van hul bruto binnelandse inkomste aan verdediging bestee ten einde ʼn gesamentlike verdedigingsbegroting van $232 biljoen te kan befonds. Amerika bestee tans 3,7% van elke belasbare dollar aan militêre verdediging. Die meeste EU lidlande spandeer minder as 2% van hul bruto binnelandse inkomste aan verdediging.
Jacques Chirac het jare gelede gesê dat Europa se grootste leemte ʼn gebrek aan militêre slaankrag is. Niks sal haar meer aansien as ʼn eie weermag gee nie. Pogings om haar militêr weerbaar te maak, sal uiteraard die EU meer vaartbelyn maak. Die EU het al die moontlikheid om binne afsienbare tyd ʼn eie weermag te vestig. Britse en Franse kern-arsenale kan ʼn groot rol hierin speel.
3. Ondersteuning
Die EU het in November 2008 sy eerste vlootoefening onder bevel van ʼn Britse vise-admiraal naby Somalië gehou en dit Operasie Atalanta genoem. Net hierna het 12 van die EU se Ministers van Verdediging die European Air Transport Fleet (EATF) gestig.
Omdat die EU toenemend by vrede- en noodverligting sendings betrokke raak en langafstandvervoer benodig, was EATF die oplossing. Dit voorsien vliegtuie, helikopters en skepe. Brittanje het egter nie hierby betrokke geraak nie omdat dit NAVO sou ondermyn. Laasgenoemde blyk egter nie meer doeltreffend te wees nie. Gevolglik kan Brittanje op die kantlyn beland.
4. Reklame
ʼn EU weermag kan egter nie sonder ʼn goedgekeurde grondwet op die been gebring word nie. Dit moet die nodige gesag daaraan verleen. Die EU steur hom egter nie veel hieraan nie. Die meeste Europeërs (76%) is ten gunste van ʼn gemeenskaplike verdediging- en veiligheidbeleid. In 2007 was dit selfs so hoog as 79% gewees.
In 2003 was dit slegs 70% omdat die Europese veiligheidstrategie nog nie in plek was nie. In 2009 was die onderskeidelike steun vir ʼn gemeenskaplike verdedigings- en veiligheidsbeleid as volg: Ciprus 94%, België 89% en Duitsland 88%. Die neutrale lande van die EU was minder geesdriftig: Finland 65%, Swede 62%, Oostenryk 61%, Ierland 60% en Brittanje die laagste met 56%.