NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons leef vandag in 'n immorele, wanordelike, vuil en korrupte bestel in ons land. Die hele wêreld is min of meer so want owerhede self stel die bepalings in. Uniek dat God self vir Israel hul Teokratiese bepalings gegee het (Levítikus); toe was daar higiëne, hoë morele waardes, en alle sosiale misstappe is deur God-voorgeskrewe prosedure hanteer en daarom het dit nie in chaos ontaard nie.

DIE ANTICHRIS SE VOETSTAPPE (4)

Lees reeks by Die Antichris se voetstappe

Ds AE vd Berg

GEBIEDENDE MAG

1.    Rampokkery
Talle lidlande is onder druk geplaas om by die EU aan te sluit en daarna by dinge ingeboelie wat hulle vrede erg versteur het.    Denemarke het bv. in twee referendums teen die Verdrag van Maastricht gestem.   Ierland het teen die Verdrag van Nice en daarna ook diè van Lissabon gestem.   Switserland is gedwing om vyf referendums te hou ten einde die EU sy sin te gee.   Dis wat in Engels shotgun marriages genoem word - politieke rampokkery!

2.   Die stryd teen Amerika
Die EU dwing gedurig sy standaarde deur nuwe wette en regulasies op die wêreld af.  Die EU se opspraakwekkende oorwinning oor Microsoft ‘n paar jaar gelede het die verhoog vir ʼn verenigde Europa begin regskuif.    Benewens die magsvertoon op die wêreldverhoog, was dit ook ‘n bedekte oorlogverklaring teen Amerika!

Die EU en Amerika is van meet af aan in ʼn stryd om wêreldbeheer gewikkel.   In Maart 2004 het die EU Microsoft ʼn reuse boete van 497 miljoen Euro vir die vermeende misbruik van sy plek op die wêreldmark opgelê.    In Junie 2006 is ʼn verdere 280 miljoen Euro opgelê net omdat Microsoft hul nie by die EU se bevinding berus het nie, maar daarteen geappelleer het.

In Februarie 2008 is Microsoft ʼn derde keer beboet; diè keer met 899 miljoen Euro.     Dit was egter nie die einde nie.    In Mei 2009 is Intel, die grootste mikrorekenaar-skyfievervaardiger in Amerika, ʼn boete van $1,45 biljoen opgelê!

Microsoft is een van die groot Amerikaanse ondernemings wat Brussel se kanonvuur gereeld op hom trek.   Toe dit in Oktober 2007 na die eerste EU boete die witvlag gehys het, was dit neusie verby vir Amerika en kon die EU die reëls vir die besigheidswêreld begin voorskryf.    Microsoft se oorgawe en Amerika se onvermoë om iets aan die saak te doen, het vir besighede wat in Europa besigheid doen ʼn duidelike boodskap uitgespel:  Gehoorsaam of kry julle ry!

Die EU het nie alleenlik gelyke speelveld gesoek nie, maar ook die geleentheid om aan groot internasionale besigheidsondernemings voor te skryf.     Daarbenewens veroorloof hy hom die rol van ‘n skeidsregter wat links en regs strafskoppe uitdeel.   Spelers wat hom nie geval nie, word met ‘n geelkaart van die veld gestuur, soos Intel en Microsoft tot hulle ontsteltenis uitgevind het.    Net sekere spelers word toegelaat om op die veld te verskyn.  (Sien Die Handelaars in Hoofstuk 9)

3.   Die Kaliforniese model
Kalifornië is een van die rykste state in Amerika en skryf as’t ware die nasionale handelsbeleid voor.   Dit het sy eie reëls en regulasies en dwing ondernemings om daarby in te val as hulle in diè staat besigheid wil doen.   Omdat groot ondernemings dit nie kan bekostig om hierdie mark te verloor nie, val hulle noodgedwonge daarby in.   Die EU gaan op soortgelyke wyse te werk.   Wie met Europa besigheid wil doen, moet sy reëls en regulasies gehoorsaam of gaan.

4.   In eie reg
Die EU tree toenemend in eie reg op, iets waaroor die Iere baie besorg is.   Toe hulle ʼn paar jaar gelede tydens ʼn referendum teen die Verdrag van Lissabon gestem het, het die EU sy propaganda-masjien behoorlik op al die silinders laat vuur en die Ierse pers oordonder.  Die EU het nie nee vir ʼn antwoord gevat nie en die Iere se demokratiese reg geminag.   Dit laat vaar geen doelwit net omdat ʼn lidland nie wil saamspeel nie.   Mense moet dink soos wat die EU dink!

The Times berig in 2010 dat ʼn voorstel by die Europese Parlement ingedien gaan word dat een lidland ʼn ander lidland van onreëlmatighede kan beskuldig en laat veroordeel sonder dat diè by die verhoor teenwoordig is.    Veroordelings in absentia druis teen ʼn basiese regsbeginsel in - ʼn beskuldigde moet die geleentheid kry om homself te verdedig anders is dit diktatoriaal!

5.   Ryksvorming
In propaganda word daar graag van metafore gebruik gemaak.  Die Europese huis is ‘n metafoor wat toenemend gebruik word om Europeërs by internasionale politieke debatte te betrek.   Europa word as ʼn huis voorgestel wat gebou en voltooi moet word.   Die Duitsers het die voortou geneem en die eerste verdieping gebou.  Ander lidlande moet nou volg.   Daarna sal buitelanders maar tevrede moet wees om uit Europa se asblik te leef.   Die probleem is dat hierdie huis op Duitse bodem staan.   Al bou ander nog verdere verdiepings, bly dit Duits!

In Julie 2007 het Josè Manuel Barosso, president van die EU Kommissie, openlik erken dat die EU met ryksvorming besig is.   Hy het egter voorgegee dat dit van al die vorige ryke gaan verskil.   Waar ander ryke met dwang onder ʼn sentrale regering tot stand gekom het, sal die EU die eerste nie-imperiale ryk wees.

Dis nie waar nie!   Die EU druk duidelik sy wil op ander af!    Lidlande wat teen die aanvaarding van verdrae stem, word geboelie om dit te aanvaar.   Daarbenewens is baie van die verdrae onduidelik en die opstellers vaag.   Desondanks verwag die EU blindelingse vertoue.

In September 2009 het Barroso selfs so ver gegaan en Europa voor ʼn keuse gestel; werk saam met die EU of beland op die kantlyn.  Baie van die lidlande besef dat Europa voor die deur van ʼn nuwe orde met ʼn vernietigende politieke- en ekonomiese suigkrag staan.   Sodra die ryk gevorm is, gaan baie Europeërs tot hulle skok ontdek dat daar nie meer ʼn Frankryk, Nederland of Poland is nie, maar slegs ʼn Duits georkestreerde HHR.   Daarom raak Brittanje al hoe minder by die EU betrokke.

In die verlede was Frankryk en Brittanje die twee groot kanonne wat Duitsland in toom kon hou en die skaal kon swaai.   Nie meer vandag nie.   Beide se betreklik swak vertonings op die internasionale verhoog het die pad vir Duitsland oopgemaak om die septer van die wêreld te swaai.

Die EU is in werklikheid teen die vryemarkstelsel ingestel en poog om Amerika as wêreldmarkleier te vervang.  Vir diegene wat die geskiedenis van die na-oorlogse Europa ken, is dit geen verrassing nie.   Dis niks anders as die uitslag van die agenda wat sekere invloedryke Europeërs baie jare gelede opgestel het nie.

Die EU is die mees ondemokraties politieke en ekonomiese organisasie ter wêreld.   Hul huigelary skreeu ten hemel.    Diegene wat oor die EU se verkwisting van reuse geldbedrae alarm maak, word summier afgedank.   Desondanks skreeu die EU moord as vrye ondernemings ʼn staanplek in die arena van die wêreldekonomie soek!

Die EU wil die wêreldhandel in die hande kry.  Die politieke middelpunt moet in Berlyn, die burokrasie in Brussel en die godsdienshoofkwartier in Rome wees.   Dis ‘n strategie so oud soos die HRR self en kan selfs na Babilon teruggespeur word toe die Bondsvolk deur die Babiloniërs onderwerp is.

6.   Die Europese Monitêre Unie
Die Europese Monitêre Unie (EMU) help die EU met sy ryksvorming.   Dis gestig nadat lidlande tot ʼn vrywillige, eenvormige geldeenheid en geldelike sisteem ingestem het.    Dit moes nie net ekonomiese en sosiale eenheid bevorder nie, maar ook aan Europa aansien in die internasionale gemeenskap besorg.

Margaret Thatcher het die EMU by geleentheid baie sterk veroordeel omdat sy iets van George Orwell se befaamde Nineteen Eighty Four (1984) daarin raakgesien het; selfs die ideologiese brabbeltaal.   Sy het lidlande gewaarsku om te besin en hul regeermag te beskerm anders gaan hulle in ‘n groter geheel verdwyn.

7.   ʼn Gemeenskaplike mark
Die EU verplig lidlande om binne hul begrotings te bly.   Slegs 3% afwyking word toegelaat.   Min kom dit egter na.   Die Europese Kommissie moes in Oktober 2009 twintig van die lidlande vir onaanvaar-bare begrotingstekorte aanspreek.   Griekeland het ʼn skokkende tekort van 10-12% gehad; drie keer meer as wat toegelaat word.   Duitsland het op daardie stadium self ʼn 3,7% tekort gehad en Frankryk 8,2%.

Tydens ʼn konferensie oor banksake in Oktober 2009 te Brussel, het Joseph Stiglitz, ʼn eertydse Nobelpryswenner vir Ekonomie, die EU aangeraai om ʼn gesamentlike Europese mark te skep.   Indien dit gebeur, sal die EU volle beheer oor lidlande en daarna oor die wêreld hê.  Dit sal die ganse mensdom aan die bose mag van die Antichris uitlewer (Openb.13:16-17).

8.   Nazi invloed
Die Nazi’s het in werklikheid nooit van die toneel verdwyn nie, maar na die Tweede Wêreldoorlog ondergronds gegaan.   Hulle het met verloop van tyd ʼn wêreldwye netwerk van oënskynlike wettige besigheidsfronte op die been gebring wat deur Suid-Amerika, Spanje en Nazi-selle in Amerika befonds is.

Baie daarvan is van staafgoud en kontant verkry wat in Switserland bewaar en later deur die Vatikaan vir die Wirtenshaftswunder opgevra is; die benaming vir die ekonomiese wonder wat van Duitsland weer die ekonomiese kragsentrale van Europa gemaak het.   Besonderhede hiervan is o.a. in Adam LeBor se Hitler’s Secret Bankers en Sigrid Schultz se Germany will try again te lees.   LeBor wys op die opvallende ooreenkoms tussen die EU se doen en late en die Nazi’s se doelwit om Duitsland as oppergesaghebber in Europa te vestig.

Brittanje en Amerika kan die EU se opmars nie meer keer nie.    Hulle is sedelik te verdorwe om sinvolle weerstand te kan bied.   Die EU stort egter geen traan oor die agteruitgang van die Brits-Amerikaanse ekonomieë nie en buit dit eerder tot sy  eie voordeel uit.   Europa het lank genoeg sake op ʼn Brits-Amerikaanse wyse gedoen.   Nou is dit Europa se beurt.   En sy laat haar teenwoordigheid baie duidelik voel met die reuse boetes wat Amerikaanse ondernemings gereeld opgelê word!

9.   Finansiële beheer
Die Financial Stability Board (FSB) is vir alle praktiese redes ʼn kloning van die EU.   Twintig van die wêreld se grootste ekonomieë het al die beheer oor hul vernaamste bank- en handelsondernemings aan die FSB oorhandig.   Laasgenoemde is al geruime tyd besig om ʼn modus operandi vir die finansiële beheer van die hele wêreld uit te werk.   Die vervulling van een van die mees gevreesde profesieë in die Bybel is voor die deur – dat ons geld waardeloos gaan wees indien ons nie die merk van die dier ontvang nie.   En dis nie ‘n mikroskyfie nie, maar ‘n internasionale ekonomiese sisteem!

Die FSB is glo gestig om finansiële standvastigheid in die wêreld te bring.  Dis in die Bank for International Settlements (BIS) in Basel gevestig.   Hierdie 18 verdieping gebou lyk soos ʼn reuse stewel en word spottenderwys die toring van Basel genoem.  George Orwell skryf in sy boek 1984 van ʼn allesoorheersende staat wat soos ʼn stewel in mense se gesigte gaan trap!

BIS is ʼn sisteem van wêreldgeldbeheer.  Wie ʼn land se geld beheer, beheer die land.    BIS maak van ʼn leenstelsel gebruik ten einde volle beheer oor die sentrale banke van die wêreld te verkry.   Dis niks anders as ‘n herlewing van die ou feodale stelsel nie. In 2009 is die FSB aan BIS gekoppel nadat die G20 leiers in Londen ingestem het om die magte van die Financial Stability Forum (FSF) na die FSB uit te brei.

 

Die FSF is in 1999 gestig om die G7 lande (groep van sewe Ministers van Finansies van die grootste handelsvolke) raad oor internasionale geldstelsels te gee.   Die FSB is later uitgebrei om al G20 lede (19 lande en die EU) in te sluit.    So anders as die FSF het die FSB lelike tande en kan selfs verpligtings op lidlande lê.    Die FSB  moniteer alle moontlike finansiële risiko’s en werk saam met die omstrede IMF, ʼn internasionale bankstigting wat derdewêreldlande gereeld in die slagyster van internasionale skuld laat beland.   Bankrot lande word gedwing om van hulle volksbates aan privaatkopers te verkoop ten einde skuld te delg.

Niks verhoed sentrale banke om saam te span en ‘n sekere land vir ondergang te teiken nie.   Hulle kan selfs resessies orkestreer om wanhoop te saai en munt daaruit te slaan.  In die FSB het elke land net een stem.  Die grote Amerika het dieselfde stem as die kleine Luxemburg.   Dit gee aan die EU voldoende mag oor die FSB.

Die EU se toenemende mag om handelsregulasies te bepaal, is veront-rustend.  Die EU is ʼn wêreldmag in wording.    Sy parlement is bv. groter as die Amerikaanse Kongres.  Daarbenewens het sy bruto binnelandse produk (BBP) diè van Amerika alreeds in 2005 verbygesteek.

Met die uitsondering van Australië, is die EU tans die grootste handels-vennoot van elke vasteland ter wêreld.   Al hoe meer lande sien na Brussel op.   Amerika het jare lank die wêreldhandel oorheers en lande gedwing om na haar pype te dans.  Nou skryf die EU aan die wêreld voor!   Wie die wêreldekonomie beheer, regeer die wêreld.  Gevolglik is die mensdom is op die rand van ingrypende wêreldveranderinge.   Al wat ontbreek, is ʼn wêreldkrisis.  Daarna sal almal die Nuwe Wêreldorde aanvaar.

10.  Amerika gaan ten gronde
Die Engelse wêreld oorheers sedert die 19de eeu die internasionale politiek.   Dit het pas na die vyfde herlewing van die HRR met die val van Napoleon (1815) begin en vroeg in die 20ste eeu die grootste ryk in die mensegeskiedenis geword.

Alle reuse kom egter tot ʼn val.   Na die Tweede Wêreldoorlog het die Britse ryk begin taan.   Na die val van die pond-sterling as die wêreld se sterkste geldeenheid, het Amerika na die wêreldkroon gesteek.    Die Sowjetunie was die enigste mag wat haar kon teenstaan.    Die spanning tussen laasgenoemdes (Koue Oorlog) is eers in 1991 met die val van die Sowjetunie beëindig.

Met verloop van tyd het ʼn paar kleiner lande op die kantlyn verskyn.  Hulle kon egter nooit met Amerika meeding nie.   Gevolglik was die enigste sonlig wat hulle op internasionale handelsvlak ontvang het, dit wat Amerika hulle toegelaat het.   As die Amerikaanse ekonomie opgebloei het, het die wêreldekonomie opgebloei en as dit getaan het, het die ander ekonomieë ook merkbaar afgeneem.

Die Amerikaanse reus het egter ook tot ‘n val gekom om vir  ʼn ander reus plek  te maak – die EU.  Amerika beland al hoe meer op die kantlyn.   In die wedywering vir die hoogste plek op die handel-rostrum, het China selfs vir Amerika afgestamp.

Die EU spog tans met die wêreld se sterkste ekonomie - $14.78 triljoen teenoor Amerika se $13.45 triljoen (2007).   Dit is ʼn EU-foria!   “Dump a dollar; buy an Euro” word gesê.

Amerika het baie van haar krag en aansien verloor.  Haar probleme met veglustige Islamiete, buitelandse brandstofvoorsiening, die sterk Euro en die EU se opkomende verdedigingsmagte (wat selfs NAVO oorskadu), dra alles daartoe by.   Daarom kyk lande wat sterk bande met Amerika gehad het vandag na ander handelsverbintenisse.   Daarbenewens verberg die EU nie sy motief om Amerika te troef nie.

11.   Afrika word leeggetap
Omdat Europa vir byna die helfte van haar energiebehoeftes van invoere afhanklik is, is Afrika vir haar belangrik.    Dit moet die stoorkamer vir haar basiese grondstowwe word.   Daarvoor moet sy met China meeding.   China is besig om Afrika leeg te tap.   Benewens die reuse hoeveelhede grondstowwe wat gereeld in die Ooste beland, koop China ook guns deur reuse, kommervrye lenings aan Afrika toe te staan.  Alles met ‘n doel!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1838 gaste aanlyn