Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Charles Dickens het gesê: “Geluk is goeie vriende, en ook goeie boeke en die vermoë om die lelike dinge van die verlede te begrawe en te vergeet”.
DIE ANTICHRIS SE VOETSTAPPE (2)
Lees reeks by Die Antichris se voetstappe
Ds AE vd Berg
DIE VERDRAE
"Volksnasionalisme moet met internasionalisme vervang word! Die EU moedig lidlande onbeskaamd aan om hul volksnasionalisme op die agtergrond te skuif en hul eerder vir ʼn federale staat en grondwet te beywer. Dis hoe ryksburgers gekweek word! "
1. Die Verdrag van Maastricht (1992)
Met die Verdrag van Maastricht is ʼn algemene Europese burgerskap geskep wat die grondslag vir samewerking op die gebied van buitelandse sake, landsveiligheid en regspleging gelê het. Daarbenewens het dit die Ekonomiese Monitêre Unie (EMU) tot stand laat kom wat onder andere toesien dat die Schengen Ooreenkoms eerbiedig word.
2. Die Verdrag van Amsterdam (1997)
Die Verdrag van Amsterdam het oor basiese besluitneming gegaan en die EU se buitelandse en veiligheidsbeleid duideliker uiteengesit. Daarbene-wens het dit riglyne teen ongebreidelde kapitalisme neergelê wat werkloosheid en openbare diensverlening insluit. Hierdie verdrag het egter een swakheid gehad – dit het die EU se buitelandse beleid deur ʼn horde van uitsonderings, verklarings en protokolle uitgehol.
3. Die Verdrag van Nice (2001)
Die Verdrag van Nice het die Verdrag van Maastricht (oor Europese eenheid) en die Verdrag van Rome (oor Europese gemeenskappe) gewysig. Dit was baie sterk op skikkings ingestel. Duitsland het bv. geëis om, op grond van haar groter bevolking, ʼn groter stem in die EU te hê, iets waarmee Frankryk nie gediend was nie. Die Europese Parlement is egter wel tot 734 lede vergroot; heelwat meer as die beperking wat die Verdrag van Amsterdam (1997) daarop geplaas het.Die Verdrag van Nice het vir nuwe reëls en beter samewerking as diè van Amsterdam gesorg omdat dit nie altyd prakties uitvoerbaar was nie. Die nuwe verdrag het ook met die finansiële gevolge van die verstryking van die EGSS (Verdrag van Parys) gehandel. Daarbenewens het dit die spelreëls vir die toetreding van nuwe lidlande vergemaklik en talle onnodige hindernisse verwyder.
Die Verdrag van Nice is egter nie sonder teenkanting aanvaar nie. Die Iere het in ʼn eerste referendum daarteen gestem omdat hulle bang was dat die EU ʼn militêre unie kon word. Dit sou met Ierland se neutrale beleid bots. Nadat die Iere gerusstellende waarborge gegee is, het hulle diè verdrag na ʼn tweede referendum aanvaar.
4. Die Verdrag van Lissabon (2007)
Die Verdrag van Lissabon is in Desember 2007 onderteken. Dit het wel enkele paaie vergemaklik, maar in werklikheid geen nuwe horisonne daargestel nie. Baie van die Europeërs was verontrus oor die grondwetlike patriotisme van die vorige verdrag wat in die nuwe een voortgesit is.
Grondwetlike patriotisme is uiters gevaarlik! Dis ʼn filosofie wat deur Karl Jaspers en Dolf Sternberger, twee Duitse filosowe, ontwerp is om Nasionale Sosialisme mee te vervang. Volksnasionalisme moet met internasionalisme vervang word! Die EU moedig lidlande onbeskaamd aan om hul volksnasionalisme op die agtergrond te skuif en hul eerder vir ʼn federale staat en grondwet te beywer. Dis hoe ryksburgers gekweek word! Nasionale strewes word uitgedoof en met federale strewes vervang. Geen wonder dat die Iere hierteen wal probeer gooi het nie!
Die grootste gevaar is egter die verdrag se verandering aan die EU se besluitnemingsproses. Dit laat die rooi ligte brand! In plaas van lidlande se gebruiklike eenparige besluite, gaan die EU se beleid vanaf 2014 deur ʼn meerderheidstem bepaal word. Daarbenewens verander die gebruiklike ses maande wisseling van die EU se presidentskap na ʼn 30 maande termyn en die president voortaan by wyse van ʼn meerderheid-stem gekies word. Daarmee is die goddelose aap uit die vrome mou gelaat – Europa gaan ʼn ryk word!
5. Spanning
Die Verdrag van Lissabon veroorsaak baie spanning. Sommige lidlande wil hê dat die status quo gehandhaaf moet word - een lidland een stem. Ander staan weer ʼn meerderheidstem voor omdat dit glo Europese eenheid sal bespoedig. Die nadeel is dat dit lidlande se regeermag in gevaar gaan stel en knoeiery kan veroorsaak. Duitsland, Italië en België in ten gunste van meerderheidsbeslissings. Frankryk en Euro-skeptiese lande soos Denemarke en Brittanje staan dit weer fel teen.