WÊRELD SE NUWE CHRISTUS

“WHITE LIFES ALSO MATTERS”

Johan Hack

"Die ANC, SACP en Cosatu het selfs met president Ramaphosa se ondersteuning sover gegaan om ‘n “Black Friday”-aksie in werking te stel waar gevra is dat die publiek van nou af swart klere op ‘n Vrydag moet aantrek om sodoende solidariteit te toon met die Swart Amerikaners."

Op 25 Mei 2020 sterf ‘n swart man sterf weens hardhandige behandeling van die polisie in Amerika.

Wie sou kon dink dat die kettingreaksie op dié voorval sulke ernstige gevolge sou hê, nie net vir Amerikaners nie maar ook vir alle blanke gemeenskappe wat opnuut die teiken van rassehaat is.

Die liberale hoofstroom-media is net te bly om hierdie voorval uit te saai en al hoe meer ophef daarvan te maak want dit pas so in hulle kraal.

Slagspreuke soos “Black lives matter” verskyn nou as slagspreuke op hemde terwyl die ‘plunder en roof ‘-mentaliteit weereens sterk na vore kom tydens betogings.

 George Floyd het n geskiedenis van kriminele aktiwiteite waarvoor hy tronkstraf uitgedien het vir dwelmmisbruik en roof, iets wat hierdie einste liberale media nie oor wil berig nie. Twee nadoodse ondersoeke is gedoen en een het getoon dat daar tekens van dwelmgebruik in sy sisteem was op die tydstip wat hy gearresteer is. Dit laat mens net wonder hoeveel teenstand hy teenoor die polisie gebied het vóór die selfoon-opname waar hy so hardhandig behandel is.

In alle geval word die indruk nou geskep dat George Floyd vir sy swart medemens gely het. Die protes oor sy dood in meer as veertig lande laat hom as ‘n martelaar vir swart mense teen wit oorheersing uitbeeld. Kyk hoe word daar sonder uitsondering verwys na die WIT polisieman.

Meer belangrik, in óns land word daar nou op Sondag ‘n Stilbetoging met gebed gehou as ‘n protes oor swart sterftes onder die wetstoepassers soos die polisie. (Die indruk dat dit ‘n protes is oor magsmisbruik teen alle mense is maar net ‘n nagedagtenis). Hierdie Stilbetoging wat met gebed gepaard gaan op ‘n Sondag, gereel deur die Suid Afrikaanse Raad van Kerke word gelei deur die aartsbiskop Thabo Makgoba van die Anglikaanse kerk en ander geestelike leiers. (die Anglikaanse kerk is ook lid van die Wêreldraad van Kerke)

Het die fokus om eredienste op ‘n Sondag te hou waar God verheerlik moet word verskuif na die fokus op George Floyd? Word Jesus Christus die Onskuldige, sonder sonde, wat skuldig bevind en gekruisig is, nou vervang deur ‘n man met ‘n kriminele rekord? ‘n Man wat ‘n oortreding begaan het word nou as onskuldige slagoffer deur miljoene vereer?

Die ANC, SACP en Cosatu het selfs met president Ramaphosa se ondersteuning sover gegaan om ‘n “Black Friday”-aksie in werking te stel waar gevra is dat die publiek van nou af swart klere op ‘n Vrydag moet aantrek om sodoende solidariteit te toon met die Swart Amerikaners.

Wat van die Blanke boere wat gereeld gemartel en vermoor word terwyl die media dit nie as belangrik genoeg ag om eers daaroor te berig nie?

“White lives also matter”, ja, maar nie in so ‘n mate dat die fokus van die eer van Christus daardeur vervang moet word nie!