SINNELOOSHEID ONS REDDING

'n Mens kry al ‘n al meer opgewonde gevoel as mens lees van die sinnelose uitsprake en dade van die huidige regime; hierdie keer alweer minister Patel. As dit nie die ban op die verkoop van warm voedsel is nie, is dit voorskrifte oor watter klere verkoop mag word maar die ergste is hoe dit gedra moet word! Ja, nie soos jy wil nie anders mag jy dit nie koop nie. Dis reg, die persoon by die kasregister gaan mos weet hoe jy dit dra en dan vir jou sê: “Nee, jy mag nie hierdie T-hemp koop nie want ek weet jy gaan dit nie onder ‘n langmou baadjie dra nie”. En vir jou vriendin gaan sy sê: “Ja, jy mag hierdie stywe langbroek koop want ek weet mos jy sal dit saam met winterstewels en langkouse dra.” En onthou, as jy nie toegesluit wil word nie, sorg dat jy nie in jou plakkies of sandale gaan inkopies doen nie; trek aan jou toe skoene!

Laat ons net eers die betekenis van ‘sinneloos’ duidelik onderskei van die begrip ‘sinloos’. Laasgenoemde beteken dat iets nie sin het nie, dat dit nie die moeitewerd is om aan te pak te nie, iets wat sinloos is, kan net sowel gelos word want dit mors tyd. Maar...

‘Sinneloos’: die bekende uitdrukking lui: is jy by jou volle sinne? Of as jy nie by jou volle sinne is nie, dan is jy van jou sinne beroof; dit beteken jy is nie by jou volle verstand nie menende dat jy dinge kan doen of kwytraak wat grens aan kranksinnigheid. Maar dit daargelaat...

Kom ons keer terug na die blydskap waarmee 'n mens hierdie sinnelose aankondigings aanhoor:

Daar is geen land in die wêreld waar sulke sinnelose wetgewing uitgevaardig word nie; dis net in Suid-Afrika. Dit gaan veroorsaak dat baie dinge hier anders gaan uitspeel as in oorsese lande waar die Geldmag net so besig is om beheer oor ekonomieë te verkry maar waar owerhede met veel meer ‘sinne’ weet hoe om hulle bevolkings te mislei.

Ons moet nie uit die oog verloor nie dat die virus-sage net ‘n front is (ja die virus bestaan, maar is net so swak of sterk soos enige griepvirus) om mense paniekerig te maak sodat hulle in totale onderdanigheid hulle owerhede sal gehoorsaam. Die uiteindelike doel daarvan is die volkome beheer van alle lande onder ‘n Een-Wêreldregering waar die Supergeldmag sal regeer met Satan as opperbevelvoerder. Hierdie beheer gaan verkry word met die inentingstof teen die virus met sy sogenaamde mutasies. Daardie entstof gaan die mikro-skyfie bevat waarteen Openbaring die Here se kinders waarsku dat hulle daarmee ‘n kontrak met Satan teken en die ewige lewe saam met God kwyt sal wees.

So, die saak is baie ernstig, seker die ernstigste waarmee enige Christen nog te doene gekry het. Daarom kan ons bly wees as hierdie regime sinneloos te werk gaan want dit kan nie standhoudend uitgevoer word nie. Dit sal, en glo dit gerus, opwerk tot by die punt waar nie die blankes nie, maar die swartes, in so ‘n mate teen die ANC in opstand gaan kom dat dit op ‘n burgeroorlog gaan uitloop. Maar hoe wreed dit ookal sal afloop, dit sal Suid-Afrika die geleentheid gee om te distansieer van die res van die wêreld se sataniese bestel; dit sal ons die geleentheid gee om te veg tot ons weer ons vryheid sal kry, kom wat wil!

Wees gereed, sorg dat u uself beveilig en paraat maak. Hierdie woorde is al so baie kere gesê dat dit nie meer indruk maak nie maar wanneer u dit die minste verwag, gaan hierdie hele bestel omgekeer word tot groot anargie en chaos, moord en doodslag, brandstigting en nogmaals brandstigting. En dit kom al nader...