NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die dag as u weer kan lag sal genesing van u gees en u liggaam vinnig intree. Humor dra mense deur die woestyn van die lewe en sorg dat hulle nie ten gronde gaan van louter pyn en lyding nie.

DIE VERNIETIGING VAN JERUSALEM

"Vir sover dit die Afrikanervolk betref, het meeste reeds afgedwaal; is daar dalk aan sommige geen keer meer nie. Hulle is op hulle eie missie. Vir die res van ons in hierdie heidenland is trek dalk nou onmoontlik, maar daar mag dalk ‘n dag aanbreek dat trek nie net noodsaaklik sal wees nie, maar die enigste opsie soos dit was vir die gelowiges van Jerusalem. "

“... en Jerusalem sal vertrap word deur die nasies totdat die tye van die nasies vervul is.” (Lukas 21:24)

Die profesie oor die vernietiging van Jerusalem word in die Bybel in besonderhede beskryf. Ons lees daarvan in talle OuTestamentiese boeke (dus deur God voorspel), en dan in besonderhede in drie van die Evangelies (deur Jesus voorspel). Dit is ‘n gebeurtenis wat die Christen aangryp, veral as die gebeure, soos deur die Joodse geskiedskrywer (Flavius) Josefus in detail in “War of the Jews” opgeteken, gelees word. Dis eers by die lees van presies wat in 70 n.C. gebeur het dat mens opnuut besef Jesus het, soos elke keer as Hy gepraat het, geen rede vir twyfel gelaat nie. Hy het bedoel wat Hy gesê het. Dit was ‘n inderdaad ‘n algehele verwoesting.

Wat met Jerusalem gebeur het is dat God as’t ware die stad verlaat het – aan homself oorgegee het. Daarom gee Jesus opdrag dat wanneer die tyd aanbreek en die stad aan God se strafgerigte oorgegee word, gelowiges die stad moet verlaat. Daardie tydstip sou wees wanneer die stad deur die leërs omsingel is (Luk 21:20). Lukas se beskrywing van die verwoesting is duideliker as die ander twee Evangelies, aangesien Jesus se voorspelling tydens die profetiese rede ook na die eindoordeel verwys het.

Die gruwel van verwoesting is die beeld van die heidense, vyandige magte wat die Heilige Land sal binnetrek en die stad sal bedreig. Dan moet die gelowiges vlug. So het Christene dan reeds na Pella gevlug in 67 n.C. toe die eerste Romeinse leërmagte die land betrek het. In die Ou Testament is die Joodse volk herhaaldelik en ondubbelsinnig gewaarsku dat as hulle die verlossing uit God (die Messias) verwerp, hulle meedoënloos gestraf sou word (Deut 28:49-57; 1 Kon 9: 6-9).

Alhoewel teoloë verskil oor die betekenis van die woorde “totdat die tye van die nasies vervul is”, is ek van mening dat dit eintlik voor die hand liggend is; Jerusalem sal nie weer deur die Jode beheer word tot aan die einde van die dae nie. Die “Jode” wat vandag deel van Jerusalem beheer, is nie afstammelinge van die Jode van 2000 jaar gelede nie en beheer in elk geval nie die hele stadnie.

Maar terug by die verwoesting van die stad. Daar is baie bewyse vir die almag en die heerlikheid van God in die Bybel en in die geskiedenis. Hierdie profesie en die vervulling daarvan beklemtoon ook die goddelikheid van Jesus en sy sending na die wêreld. Die profesie het in so ‘n mate in vervulling gegaan dat mens by die oordenking daarvan, opnuut verwonderd staan.

Jerusalem was gebou op twee berge Drie mure het die stad van alle kante omring. Sodanig was die vakmanskap van hierdie mure, dat dit as ondeurdringbaar beskou was. Die eerste muur het 60 torings gehad. Die middelste muur het 14 torings gehad en die derde muur nie minder nie as 90 torings. Die bekende toring van Psephinos, voor wieTitus aanvanklik gekampeer het was op die derde muur opgerig. Mens kon sover as die Middellandse See sien vanaf hierdie toring. Drie ander bekende torings was die Hippocos, Phasael en die Mariamne. Al die torings is van wit marmer gebou. Jerusalem kon dus ook vanweë sy prag en praal bewonder word en nie net as die “heilige stad” nie. Die tempel was aan die oostelike kant van Jerusalem, direk oorkant die Olyfberg. Josefus beskryf die stad in besonderhede en die afleiding is dat dit menslik gesproke eintlik ondeurdringbaar was.

Die tempel was die ware vertoonvenster van Jerusalem met sy wit marmer en skittergoud. Daar was niks wat met die tempel vergelyk kon word nie. So word dit beskryf:

“The splendour of the interior parts of the temple corresponded with its external magnificence. It was decorated and enriched by everything, that was costly, elegant and superb… In short, the most valuable and sumptuous of whatever nature, or art, or opulence, could supply - was enclosed within the consecrated walls of this magnificent and venerable edifice”

(The Destruction of Jerusalem George Peter Holford, 1805)

Terwyl Jesus met sy in tog in Jerusalem begroet is as die “koning”, weet Hy alreeds wat met Jerusalem gaan gebeur en sê Hy:

“Kyk julle huis word vir julle woes gelaat!” (Matt 23:38).

Ja, Hy sal hom onttrek aan die stad. Maar in hulle sondige hoogmoed en arrogansie kon geen van sy teenstanders (ja, die ou Verbondsvolk) insien wat Hy werklik bedoel nie, en het hulle waarskynlik ook nie omgegee nie. Ja, selfs sy eie dissipels was verwonderd oor sy uitlatings. Hulle poog selfs om Hom attent te maak op die skoonheid en prag van die geboue toe Hy die tempel verlaat en Hy antwoord deur hulle daarop te wys dat elke klip afgebreek sal word, ‘n voorspelling wat tot die letter vervul is.

Josefus beskrywe hoe al die voorspellings van die gebeure bewaarheid is; die hongersnode, pessiektes, aardbewings en opstande van koninkryke teen mekaar. Dan, in 67 n.C.beweeg Vespasianus, vader van Titus, in Judea in en die slagting begin. Sowat 150 000 het in hierdie aanvanklike slagting omgekom. In hierdie tyd is Nero dood en moes die slagting tot op daardie stadium immers vir die Jode die teken gewees het om hulle te bekeer. Maar watwou! Faksies het in Joodse geledere ontstaan en was hulle diep verdeeld waarna ‘n slagting met grootskaalse bloedvergieting in eie geledere volg.

Holford beskryf dit soos volg:

“Death, indeed, was the penalty of the lightest and heaviest accusations, nor did any escape through the meanness of their birth, or their poverty. Such as fled were intercepted and slain: their carcasses lay in heaps on all the public roads: every symptom of pity seemed utterly extinguished, and with it, all respect for authority, both human and divine”.

Intussen is Judea ook in ‘n slagveld omskep, en dit nie deur die Romeine se toedoen nie, maar weens innerlike verdeeldheid van die Jode. So het hulle hulself verder verswak te midde van die dreigende Romeinse aanslag wat enige dag sou toeslaan. Die land was in vrees en bewing, ongeorganiseerd en geestelik op ‘n algehele laagtepunt. Hulle het trouens nou hulle hoop op die Romeine gevestig om hulle van hulle toestand te verlos. Toe Titus dan ook opdaag het die Jode gedink dat hy gekom het om hulle te red – min het hulle geweet wat sou wag! Die gelowiges het egter geweet (na aanleiding van Matt 23:15) dat dit die teken sou wees om te vlug. Titus omsingel Jerusalem dan ook tydens die Pasga, die herdenking van die Joodse moord op Jesus! Dit was dan ook die tyd van die jaar wat Jerusalem tot oorlopens toe vol was van besoekers.

Die koms en aanslag van Titus was volgens Josefus skielik “soos die weerlig uit die Ooste” (Matt 24:27). Die Romeine het gou beheer van twee van die drie mure gekry. Intussen kon die Jode nie besluit of hulle moes saamstaan en of hulle hulle binnegevegte moes voortsit nie. Met Jerusalem beleëd, het hongersnood uitgebreek daarbinne en moes die swakkeres, die vroue en kinders, dit ontgeld. SommigeJode het hulle tot die vyand gewend, net om daar deur die Romeine gekruisig te word!

600 000 Dooies is by die hekke van Jerusalem uitgedra. Titus het later, weens die omvang van die slagting, selfs sy hande na die hemel opgeslaan en vir God gesê dat hierdie doodslag nie deur sy toedoen was nie, maar weens die hardkoppigheid van die Jode. Die hongersnood het die Jode nou gedryf tot die eet van sandale, belde en rieme, en selfs gras. ‘n Jodin het selfs haar eie kind geslag en begin gaarmaak toe soldate op haar afgekom het.

Die Romeinse soldate se teiken het verskuif na die tempel en die tempel is aan die brand gesteek. Die Jode het (valslik) geglo dat as hulle die tempel kon red sou hulle ook gered wees. Titus wou, in aanskoue van die prag van die tempel, die vuur laat blus, maar die koelbloedigheid en geweld-bedwelmdheid van sy soldate het nou geen perke geken nie en die tempel is tot die fondamente verwoes.   

Titus het ná die vernietiging van die tempel aangebied om die res van die oorlewendes se lewens te spaar indien hulle sou oorgee. Hulle het geweier. Hy het voortgegaan en die res van die stad verwoes en die res om die lewe gebring. Die Jode het in die proses ‘n verdere 8 400 van hulle eie mense vermoor, die res wat hulle tot die vyand gewend het, is daar vermoor. Elke Jood is voor die voet vermoor. Eers op die 8e dag van die negende maand van die vierde maand, dus sowat 5 maande later, het die vernietiging tot ‘n einde gekom.

Titus het die verwoesting aan God se krag toegeskryf:

"Had not God himself (exclaimed he) aided out operations, and driven the Jews from their fortresses, it would have been absolutely impossible to have taken them; for what could men, and the force of engines, have done against such towers as these?"

Daarna het hy opdrag gegee dat die stad tot in sy fondamente afgebreek moes word en dat slegs die drie torings behoue moes bly as bewys van die vernietiging. Wat ook staande gebly het was ‘n deel van die Westelike Muur. Sommige Jode is gevange geneem om as gladiators op te tree in Rome, ander is verkoop as slawe. Die res is gedood.

Josefus se raming is dat een miljoen eenhonderd-duisend Jode in Jerusalem omgekom het. ‘n Stad van twee miljoen mense was vir alle praktiese doeleindes binne 5 maande met die grond gelyk gemaak. Die tempel se fondamente is ook uitgeruk en uitgeploeg sodat geen “stone upon another” agtergelaat is nie.

Josefus is van mening dat die woorde van Matt 24:21 letterlik in vervulling gegaan het, naamlik dat “daar groot verdrukking sal wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou nie gewees het nie en ook nooit sal wees nie”. Geen ander stad het (in elk geval tot op daardie stadium) so-iets beleef nie. Titus was egter nie klaar met die Jode nie. Nog Jode sou vermoor word en te Massada het 960 Jode selfmoord gepleeg eerder as om oor te gee. Die (heidense) Joodse volk het inderdaad by die einde van die pad gekom. Judea is as ‘n woestyn agtergelaat. Daarvan lees ons in Jesaja 6:11-12. In sy geheel gesien was dit ‘n katastrofe. Josefus, die Jood wat deur die Romeine gevang en in aanvanklik in kettings gehou is, het dit alles gade geslaan.

Omdat Josefus die inhoud van die Skrifte bestudeer en geken het, het hy ook die betekenis verstaan. Ongetwyfeld moes hierdie drie Evangelies se inhoud dusvoor 70 n.C.aan Josefus bekend gewees het en dus reeds opgeteken gewees het. Titus self was baie onwillig om die Jode aan ‘n slagting te onderwerp, maar hulle volgehoue ongehoorsaamheid, in stede van berou, het hulle die alleen-oorsaak gemaak waarom die profesie bewaarheid is. Die interessantheid van die saak is dat Jerusalem verwoes is nieteenstaande die feit dat Judea in elk geval onder Romeinse beheer was. Dit regverdig die afleiding dat die profesie bewaarheid moes word.

Jerusalem sou nie weer deur die Joodse volk van destyds (of hulle nasate) besit word nie, maar onder andere deur Romeine, Arabiere, Franke, Turke en nou gedeeltelik deur hoofsaaklik Azariese “Jode”. Die tempel is nog nooit herbou nie en selfs keiser Julianus in 363 n.C.kon nie daarin slaag nie. Enige tempel wat in elk geval daar sal herrys, sal ‘n heidense tempel wees.

Die Jode het van God vervreem geraak en toenemend vyandig en afvallig geword. Hulle sou vreemdelinge in hulle eie land word, vervreem van God en vervreem van mekaar.

Die hele Skrif is deur God ingegee. Vir die Jode het dit beteken dat die verwerping van die Nuwe Verbond, ‘n verwerping van hulle hele geloof was.

Wat maak ons vandag van hierdie gebeure?     

Die pragtige Messiah van George (Frideric) Händel is in 1741 gekomponeer. Aan die einde van die manuskrip het Händel geskryf "SDG"—Soli Deo Gloria, "Aan God alleen die eer". Hierdie inskripsie is aanduidend van ‘n Goddelike inspirasie– waar hy sy krag en musiek vir die Messiah gekry het, en soos gestel is, "...he saw all he aven before him". Händel was ‘n Christen en alhoewel botsende uitsprake oor die betekenis van die oratorio bestaan, word ook oortuigend aangevoer dat dit gekomponeer is om die vernietiging van Jerusalem te vier. Vier? Waarom sou mens dit wou vier? Vir die eenvoudige rede dat:

  1. 1.Die vernietiging dui op die betroubaarheid van God se Woord;
  2. 2.Dat Jesus werklik die Seun van God is waar Hy presies dieselfde voorspel;
  3. 3.Die versekering dat God ongeloof straf en dat net soos die vernietiging voorspel is, die Wederkoms trouens in dieselfde Skrifgedeeltes voorspel word;
  4. 4.Dat God Satan uiteindelik sal verslaan soos voorspel word in Openbaring;
  5. 5.Die vernietiging van Jerusalem is in sygruwel-besonderhede die waarskuwing dat die God van genade ‘n streep trek waar ‘n ongelowige volk nie tot inkeer wil kom nie. Daar sal ‘n dag aanbreek dat Hy Hom sal vergeld. Dit wat met Jerusalem gebeur het moet dus as waarskuwing dien vir alle tye.

Ons kan, net op sterkte van hierdie profesie en die vervulling daarvan, sonder enige twyfel aanvaar dat Jesus die Seun van God is. Net Hy was in staat om so-iets te kon voorspel omdat Hy deur God geïnspireer was. Daar is niks wat daarmee kan vergelyk nie. Daarom juig ons en sing ons“halleluja” as ons verseker word en is van God se regverdige oordeel.

Die eindoordeel word ook in volledige besonderhede in veral die Nuwe Testament beskryf. Dit is ook ineengevleg in die profesie oor die vernietiging van Jerusalem. Daardie dag sal veel erger wees. Op daardie dag sal daar nie meer genadetyd oor wees nie. Die genadetyd is nou. Daarom moet die vernietiging van Jerusalem vir ons die teken wees om werklik tot berou oor al ons sondes te kom.

Vir sover dit die Afrikanervolk betref, het meeste reeds afgedwaal; is daar dalk aan sommige geen keer meer nie. Hulle is op hulle eie missie. Vir die res van ons in hierdie heidenland is trek dalk nou onmoontlik, maar daar mag dalk ‘n dag aanbreek dat trek nie net noodsaaklik sal wees nie, maar die enigste opsie soos dit was vir die gelowiges van Jerusalem.

Maar as dit God se wil is dat Suid-Afrika gespaar word en as toevlugsoord vir al sy kinders wat nou verspreid is oor die wêreld sal dien wanneer Christene dáár nie meer geduld sal word nie, sal dit eerstens ‘n radikale skoonmaak en opruim van al die gruwelikhede in ons geledere verg. Dit kan alleen God doen en behoort ons dan ook te juig en sing omdat ons verseker is van God se regverdige oordeel maar ook sy liefdevolle barmhartigheid teenoor sy volkie wat dit nie kon verdien nie.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1850 gaste aanlyn