Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Wie nie gely het nie, het nie gelewe nie; wie net gelag het, het net bestaan.
STOP HIERDIE WAANSIN!
Liewe lesers, lees asb hierdie en ander artikels oor hierdie onderwerp en stuur die boodskap per WA of SMS aan al u kontakte sodat hierdie waansin kan ophou voordat ons hele land onherstelbaar ineen stort. Die sukses daarin sal afhang van wydverspreide inligting.
In 1989 het die Berlynse Muur geval. Dit was die begin van die einde van Kommunisme. En in die herfs, op 17 November 1989 op Studentedag in Tjeggoslowakye het miljoene mense op die Wenceslas en Letnapleine in Praag byeengekom. Vreedsaam. Maar die boodskap was duidelik. Hulle het ook genoeg gehad. In wat later as die Velvet Revolution (weens die vreedsame wyse waarop daardie revolusie voltrek is), bekend sou staan, is Kommunisme ook daar tot ‘n val gebring. Die wêreld het dramaties verander in daardie jaar – 1989.
Nou, te midde van die grootste krisis dalk ooit in die wêreld, doen die geleentheid hom voor vir die mensdom om weer op te staan teen dit wat in Kommunisme se plek gekom het, naamlik globalisme. Globalisme wat net ‘n nuwer vorm van verslawing is en nou sy finale hou wil slaan en absolute onderdanigheid van elke staat wil afdwing.
Die WEF (Wêreld Ekonomiese Forum) voorspel vir ‘n land soos ons die volgende:
Die finansiële ineenstorting wat die sg pandemie vir talle veroorsaak het sal verseker na baie meer selfmoorde lei. So ook sal geestelike versteurings en fisieke gesondheidsprobleme met rasse skrede toeneem in veral lande sonder gesosialiseerde medikasie
Hongersnood sak op die mensdom toe, onrus en geweld bars reeds oral uit, voedseltekorte is oral te bespeur – dog die mensdom word verhoed om iets aan hulle eie heil te doen. Hulle mag nie werk nie, hulle mag nie self iets aan hulle honger doen nie, hulle mag ook nie daaroor protesteer nie. Hulle is tot stilswye gedoem. Waar selfs kerke in kommunistiese state normaalweg funksioneer, is die deure van kerke nou toe. Absoluut verstommend!
In ons land word al gepraat van September-maand as die datum waar alles dalk na “normaal” kan terugkeer.
In ander state word selfs van 2021 gepraat. Kyk byvoorbeeld na hierdie berig:
New York City Mayor Bill de Blasio joined Bill Hemmer today on FOX News Channel.
The mayor told Hemmer he does not expect New York City to open until July or August.
L.A. Mayor Eric Garcetti appears to be on the exact same page, and he has already pretty much ruled out all large gatherings in his city “until 2021”…
Los Angeles Mayor Eric Garcetti said Wednesday that large gatherings like sporting events and concerts are unlikely to occur until 2021 due to the coronavirus pandemic, a major blow for one of the world’s major sports and entertainment capitals.
Over in Australia, Prime Minister Scott Morrison is seriously considering extending his nation’s social distancing measures for many months to come…
Australian public life could be constrained for another year because of the coronavirus pandemic, Prime Minister Scott Morrison warned on Friday, as the country’s most populous state mulled sending children to school in shifts.
En die wêreld kan maar vergaan intussen?
Stemme van rede gaan egter nou orals op. Kyk wat skryf Lew Rockwell:
“The shutdown of businesses now has been going on for more than a month. How many of the dwindling small businesses left in our casino economy have already closed down forever? How many mid-sized ones will ever be able to reopen? How many millions will be furloughed, laid off, fired- however they word it- because of this draconian reaction? How can an economy based on commerce exist without commerce?”
“The Locked Down World”, Donald Jeffries, Lew Rockwell
MedicineNet wys op die meer nugter benadering wat Swede en Singapoer volg:
Anders Tengall, the (Sweden’s} chief epidemiologist, is making a grim wager. The hypothesis is there will not be significantly more Swedes dead at the end of the pandemic than if the country had initiated stricter distancing protocols, but the looser approach will keep the number of cases from spiking when lockdowns are lifted.
Tengall’s and the rest of the Swedish government’s bet is this approach is more sustainable, and can help prevent some of those other bad health outcomes that accompany economic depression.”
“Sweden and Singapore: The COVID-19 ‘Soft’ Approach vs. Techno-Surveillance”, MedicineNet
Indien Swede, wat ‘n baie meer nugter benadering volg as ander state, met daardie state vergelyk word, dan word die volgende gesien:
Swede (Geen grendel):
CovidSterftesyfer13.69 Sterftes / 100,000 Bevolking
JaarlikseSterftesyfer 916.5 Sterftes / 100,000 Bevolking
Italië (Grendel):
CovidSterftesyfer 37.69 Sterftes / 100,000 Bevolking
JaarlikseSterftesyfer 1056.6 Sterftes / 100,000 Bevolking
Spanje (Grendel):
CovidSterftesyfer 41.50 Sterftes / 100,000 Bevolking
JaarlikseSterftesyfer 911.5 Sterftes / 100,000 Bevolking
Brazilië (Geen grendel):
CovidSterftesyfer 0.99 Sterftes / 100,000 Bevolking
JaarlikseSterftesyfer 650.3 Sterftes / 100,000 Bevolking
VSA: (Grendel):
CovidSterftesyfer 11.29 Sterftes / 100,000 Bevolking
JaarlikseSterftesyfer 878.2 Sterftes / 100,000 Bevolking
Dus, daar is eenvoudig nie bewyse dat die grendel enigsins bydra om die sterftesyfer te verlaag nie.
Maar praat alleen gaan nou nie meer help nie.
Die owerhede vrees die dag wat die mensdom gaan sê: Dis genoeg! In Amerika is daar reeds protesoptogte wat die lockdowns aldaar eenvoudig ignoreer. U sien, daar is mos baie dinge wat in hierdie “ledige” tyd bedink kan word…
Wat ons bitter gou sal moet besef is dat elke nuwe dag in hierdie toestand ons bestaansmiddele uitwis en dat dit moeilik vervang sal word. En daarby ons geesteskrag. Alles word verwoes in die naam van ‘n dodelike virus terwyl daar kennelik nie een leier is wat bereid is om op te staan en hierdie dwaasheid tot orde te roep nie.
Miskien moet ons, soos die betogers in Praag,.ons sleutels begin skud (“jingle”) met boodskappe van foon tot foon, van facebook tot facebook sodat die boodskap begin versprei en duidelik word. Tyds berekening gaan van kardinale belang wees vir die owerhede èn vir die protesterende menigtes. Mag die boodskap dan tydig duidelik word. Genoeg is genoeg. In Roemenië het die hardkoppige Nicolae Ceausescu nie die skrif aan die muur gesien nie. Hy is deur ‘n vuurpeloton tereggestel op 25 Desember 1989.
Feit is ons kan nie verder toelaat dat hierdie tragedie oor ons voltrek word nie. As produksie stop soos nou is daar niks van ‘n ekonomie oor nie. Nog nie een staat kon aantoon dat hy deur sy bose lockdown nie sy ekonomie onherstelbare skade aangedoen het nie. Dit is gewoon misdadig wat elke staat nou aan sy inwoners doen.
Steek die vlammetjie dan nou aan! Vreedsaam. Terwyl daar nog fut en vuurhoutjies is…