NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Vertel jou vreugdes aan die wêreld, maar bly stil oor jou beproewinge.  Moenie by jóu pyn en jóu lyding bly vashaak nie.  Fokus liewer op God se plan.  Dis hoe Jesus die pyn van die kruis verduur het.

VERDRAAGSAAM- HEID TOPPUNT VAN DWAASHEID

Want julle verdra graag die dwase, omdat julle so verstandig is!  Julle verdra dit mos as iemand knegte van julle maak...

2 Kor 11:19,20

Die menseslagting wat hom in die wêreld gaan afspeel weens die Covid-19 klug – dalk die grootste misdryf wat ooit teen die mensdom gepleeg gaan word – laat mens dink aan Paulus se teregwysing aan die gemeente in Korinte. Sonder verset is die dwaalleraars laat begaan omdat die gemeente gedink het dit is die verstandige ding om te doen. Hierdie verstandigheid was toe al die tyd liggelowigheid. So gesien was die verdraagsaamheid toe veel eerder ‘n bewys van hulle dwaasheid.

As mens sien hoe die Afrikaner die owerheid van die dag gedienstig napraat en selfs met hoë lof, terwyl hulle kennelik nie ‘n idee het wat op hulle wag nie, dan besef mens net weer dat dit ‘n tipiese geval is van tot lof van dwaasheid!

Ons beleef nou krygswet onder die valse voorwendsel dat dit die verspreiding van ‘n virus wat hoogs aansteeklik is sal help bekamp, en vir oues van dae, mense met swak immuniteit en onderliggende mediese toestande,  die dood kan beteken.

Patrick Henry het 245 jaar gelede in die Amerikaanse Vryheidsoorlog (teen Brittanje) die beroemde toespraak gehou waarin hy gesê het dat as hy nie vryheid kan kry nie, dan eerder die dood. Dit word nou nog gereken as een van die grootste toesprake in die Amerikaanse geskiedenis (hier onder aangeheg).

Wat het ons in die proses prysgegee? Ons vryheid. En dis nie net ‘n tydelike opoffering nie. Daardie stommerike van die media wat beweer dit is tydelik en in almal se belang, is erger as die zombies van World War Z. Hulle word redeloos beserk as iemand durf die “lofwaardige” stappe om ons te verslaaf bevraagteken. Want die “tydelike” inperking, volgens selfs die uitsprake van die “kenners” van die ekonomie, het verwoestende gevolge. Trouens so vernietigend dat ‘n totale nuwe orde na alles tot stand gaan kom. Mense gee nie net hulle vryheid prys nie, hulle werk gedienstig mee aan die permanente vernietiging van hulle eie werksekerheid, hulle besighede se bestaan en hulle kinders se toekoms!

Robert Barnes, ‘n konstitusionele reg-prokureur in die VSA skryf dan ook dat burgers se fundamentele regte in die spervuur is: 

Do we really think “it can’t happen here” in America? Could we quarantine the constitution? Are we doing it already?

Panics from pandemics unleash unchecked governmental power. The very premise of popular films like V for Vendetta reveal this: a group uses a virus to seize power and create a totalitarian society. 

Nou kan op jou gespioeneer word vir enige rede, jy kan tronkstraf kry as jy gaan stap of draf, maar jy mag in ‘n ry tussen tientalle gaan staan vir ‘n toiletrol! Jy word beboet as jy alleen met jou hond stap maar taxis word volgestop en in sekere buurte gaan die gepeupel aan asof niks gebeur het nie! Seker omdat sommige diere meer gelyk is as ander?

So word ons afgesper (ja onder kwarantyn geplaas) van ons regte, van ons mede-Afrikaners, en van ons bestaan.

Die data waarop hierdie verrykende stappe gegrond is, bewys niks wat die magte van onheil op ons afdwing graag wil bewys nie, maar almal sing in ‘n koor dat “die kurwe platgemaak moet word”. Die kurwe om ‘n tipe van die Corona-virus te bekamp? Kan ons nie meer vir onsself dink nie? Die bewyse is daar dat dit nou paniek is wat oorgeneem het en nie meer gesonde verstand nie. Mens voel teleurgestel in sommige Afrikaners van wie mens geglo het nog vir hulself kon dink maar wat ook deur die paniek, eerder as die virus, platgetrek is.

Die woord paniek is soos pandemie afkomstig van die Griekse god “Pan” wat as halfmens met bokpote voorgestel is. Dit wil voorkom of die paniek baie met die aanbidding van ‘n afgod te doen het, eerder as met rasionele geloof en denke. Want die woord het ‘n emosie ingebou en is ‘n wapen in sielkundige oorlogvoering – en ons word gebombardeer met syfers en dodetalle om ons juis in ‘n staat van paniek te hou!

Nou is ons vasgevang in huise en mag ons skaars beweeg. Vergeet die mooi stories van al die wonderlike dinge wat u in hierdie tyd kan doen. Wat gaan gebeur, gouer eerder as later, is dat die paniek en vrees groter gaan word want as dit nie na drie weke eindig nie, wanneer dan? Ons het dus totale beheer oor ons lewens verloor. ‘n Regering wat nie in staat is om enige krisis op enige vlak te kan oplos nie, word nou vertrou om ‘n lewenskrisis en oorlewingskrisis op te los! Hulle sal, omdat ook hulle beheer word, die beheer wat hulle nou verkry het, nie laat vaar nie.

Tragies dat in hierdie tye nie een Afrikanerleier na vore kom wat die bedrog en die misleiding en agenda agter die agenda uitwys nie. Hierdie krisis sal die VF Plus en Solidariteit uitwys vir wat hulle waarlik is – medewerkers van ons volk se verslawing! Dit is wat gebeur as jy, weens jou verknogtheid aan die bestel, die gawe van onderskeiding verloor.

Oordonder deur regeringspropaganda en geïndoktrineer as gevolg daarvan, het meeste eenvoudig geval vir die amptelike weergawe dat hierdie ‘n dodelike virus is wat dit regverdig dat jy, nadat die virus glo onder beheer gebring is, dankbaar moet wees dat die regering jou lewe gered het alhoewel jy niks meer het om van te lewe nie – daarvoor gaan hulle ook mos sorg! ‘n Blinde vertroue dus in ‘n regering wat in 25 jaar nog net sy vyandigheid teenooor ons volk bewys het, maar klaarblyklik nou skielik as ons verlossers optree. Vertrou hulle dus nou, om na derduisende voorbeelde van onbevoegdheid en chaos-skepping, orde uit die grootste chaos denkbaar te skep!

Die bose is die essensie van sonde. En ons, soos baie ander volke, word deur bose magte regeer. As jy God uit jou grondwet haal, godsdienste gelyk stel en elke afskuwelike daad op die aarde goedpraat as synde “menseregte”, moet nie verbaas wees oor die onheil wat op jou land neerdaal nie. Want Satan is hier aan bewind. En jy wat hierdie godlose Grondwet lof toegeswaai het, ‘n gewillige medewerker van dit alles is, wat is jy beter as die regering van die dag?

Gaan ons vir elke virus wat ons tegemoetgaan nou en in die toekoms na ons huise vlug en dan op aalmoese van die regering aangewese wees? Besef u die totalitêre staat is onder die dekmantel van ‘n demokratiese staat? Vir ‘n virus wat dalk 1% en minder van diegene wat dit gaan kry, gaan laat sterf!

Terwyl u dan tyd het om na te dink, dink mooi of u nie aan die slaap gevang is nie. En of dit nie tyd is om weer in terme van vryheid, eerder as ydele dreigemente van die dood, te dink nie.Verdraagsaamheid as die toppunt van dwaasheid.

“Give me liberty or give me death” – Patric Henry

The question before the House is one of awful moment to this country. For my own part, I consider it as nothing less than a question of freedom or slavery.

Let us not deceive ourselves, sir. These are the implements of war and subjugation. I ask, gentlemen, sir, what means this martial array, if its purpose be not to force us to submission? Can gentlemen assign any other possible motive for it?

If we wish to be free, if we mean to preserve inviolate those inestimable privileges for which we have been so long contending, if we mean not basely to abandon the noble struggle in which we have been so long engaged, and which we have pledged ourselves never to abandon until the glorious object of our contest shall be obtained, we must fight!

There is a just God who presides over the destinies of nations. The battle, sir, is not to the strong alone; it is to the vigilant, the active, the brave.

Is life so dear, or peace so sweet, as to be purchased at the price of chains and slavery? Forbid it, Almighty God! I know not what course others may take; but as for me, give me liberty or give me death!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3880 gaste aanlyn