EEN MAAL NIE APARHEID SE SKULD!

Ons weet dat die Wêreldgeldmag reeds eeue lank en deur baie geslagte streef en werk aan hul ideaal om die hele wêreld onder hul beheer te kry in ‘n beheersentrum genaamd die Een Wêreldorde. As Een Wêreldregering lê hul sukses daarin dat die wêreldbevolking moet verminder. Sodoende kan beter beheer oor elke individu uitgeoefen word. Hulle metodes om uiteindelik totale beheer te bekom sluit verskillende werkswyses in, waaronder ook ‘n bio-oorlog teen die mensdom. Verskeie aanslae deur middel van virusse wat hulle in biologiese oorloglaboratoriums kweek is deur die jare geloods waarvan Covid-19 net nog een is.

Die eerste van die twee vlieë wat in een klap raakgeslaan word is die geleidelike vermindering van mense wat te swak is om die aanslae te oorleef. Dit is immers ‘n strewe van die Geldmag om slegs die sterkste en beste gene behoue te laat bly en van swak genetiesbedeelde persone wêreldwyd ontslae te raak.

Die tweede is die ekonomiese verval in wêreldstate sodat die Geldmag hulle eie stelsel daar kan implimenteer.

Nietemin, behalwe die vermindering van die wêreldbevolking is die uiteindelike doel om beheer oor alle rykdomme te verkry. Om dit te kan bereik is dit nodig om klein sake-ondernemings, familie-besighede ens, wêreldwyd uit te skakel en uiteindelik slegs een groot beheerbare organisasie vir elke afdeling soos die motorbedryf, die vars produktebedryf, die suiwelbedryf, ens, tot stand te bring. ‘n Goeie voorbeeld hiervan is Amazon wat die verspreiding van produkte wêreldwyd hanteer. Ook Big Pharma is naby aan sy einddoel rakende alle aspekte van farmaseutiese produkte.

Ons kan met sekerheid voorsien dat die uitwerking van Covid-19 op elke faset van elke mens en elke wêreldland, ‘n krisis met talle onvoorsiene gevolge sal hê. Daar word reeds gepraat van ‘n wêreldwye depressie. Juis vandag is aangekondig dat die Edcongroep waaronder Edgars, CNA en Jet, reeds in die spervuur staan om permanent te sluit aangesien daar nie fondse is om hulle krediteure te betaal nie. Díe aankondiging na net een dag in die “lockdown”-periode. En hierdie groep is nie een van die klein ondernemings nie – hoeveel te meer raak dit die kleiner besighede!

Suid-Afrika het prakties ekonomies bankrot geword nadat dit aan die ANC oorhandig is juis omdat daar geen politieke verantwoordelikheid en verantwoordelike landsregering en –bestuur toegepas is nie. Die een ondersoek na die ander word gedoen na korrupsie. Instandhouding van noodsaaklike instellings is nie gedoen nie (bv Eskom). Wetgewing is ingestel om die oprigting van nuwe besighede en sake-ondernemings moeilik te maak. Voorskrifte oor swart bemagtiging, meerderheidsaandeel en die samestelling van die personeel op ‘n rasse-voorskrif het die groei van die sakesektor ingeperk. Dit het gelei tot steeds groeiende werkloosheid in Suid-Afrika ― tans die grootste in die wêreld. Ook is baie meer personeel as wat nodig was, by groot staatsinstellings soos die SAL aangestel. Dit het bygedra tot die finansiële ineenstorting van die SAL en het nie juis ‘n ingrypende verskil gemaak aan die werkloosheid nie.

Die denkrigting van die staat was om beheer te kry. Beheer van die politieke mag, maar ook van instellings en veral van die ekonomiese mag. Hierdie smag na mag het daartoe gelei dat die grondwet verander moet word om ook besit en beheer oor die individu se eiendom en bates te kry. En toe tref die virus die wêreld en ook Suid-Afrika. Die nodige voorsorgmaatreëls kos baie geld. En die staat het nie die nodige fondse nie. Soos die res van Afrika, het Suid-Afrika nie die middele om sy mense te beskerm nie.

Wie moet help? Die privaatsektor. Die oproep is dat die privaatsektor, sakemanne en individue moet help. Groot blanke sakemanne het onmiddellik miljarde rande tot ‘n fonds bygedra. Die name van skatryk swart sakemanne was nie op die donateurslys nie. Die staat kon slegs R150 miljoen bydra.

Covid-19 verleng beslis die ANC se regeertydperk maar moenie dink hulle gaan enigiets leer hieruit nie. Inteendeel, die bombastiese houding waarmee hierdie fase betree word dui op ‘n baie dieper haat teen die blanke in die land wat die ANC se oordeel totaal verrot. Ons gaan nog van talle aanrandings, verkragtings, diefstalle en erger dinge in hierdie tydperk verneem. En tien teen een niks hoor van selfs moorde wat onder die mat ingevee gaan word nie. Die magsbeheptheid van weermagsoldate en polisie wat nou glo hulle het Jesus se mag (so het van hulle reeds beweer), gaan tot iets baie groter en donkerder lei as die virus self!

Maar wat egter die grootste impak gaan hê, is die gevolge van die ekonomiese ineenstorting van ‘n staat wat reeds in Rommelstatus verkeer waarvoor die ANC darem die virus as verskoning kan voorhou. En vir een maal is dit nie apartheid se skuld nie!!